Nuwe Jakkals Jagter
Posted: Thu Jan 20, 2011 9:06 pm
Manne, ek het vandag lekker gelag vir die een.
Ek het al 'n naweek op die ou se plaas gejag en 'n paar jackoltjies omgedop.
Gedurende my jag het ek lekker gespeel met 'n paar bakore en "kiss of death" om hulle tot naby die bakkie te lok.
Vanaand gesels ek weer met die ou en hy se hy het laas naweek saam met sy seun gery en springhase geskiet, toe hulle op jakkie afry wat in die middel van die 2 spoor padtjie staan. Die ou het net 'n .22 pistool met hom en skiet toe die jakkals sommer 2 keer mis.
Hy besluit toe net daar om terug huis toe te ry, kry die GROOT geweer en jaag terug na waar hy die jakkals mis geskiet het.
Terug op die plek wil die jaglamp nie meer werk nie, en sonder roeper of niks besluit hy toe om 'n springhaas(vroer geskiet) sommer in die 2 spoor pad te sit en dan wag hy nou vir TA. Na so 20 minute van bakkie ligte aan en af skakel le springhaas nog rustig in die pad en niks van TA nie.
Hy onthou toe die "kiss of death" storie van my en daar trek die man weg en soen vir die vale vir seker nog 20 min.
Die tyd loop aan maar niks kom in nie, en hy begin raak toe moeg, en wil net net aan die slaap val.
Hy sweer het sy oe vir net 'n sekonde toegemaak, en toe hy weer kyk is die springhaas weg en jakksalspore daar waar springhaas gele het is al wat hy met die flits kon sien

Jakkieloos en baie moeg huistoe, besluit hy toe maar om vir my te bel, dat ek die storie reg kan kom doen.
Ek moes net lag oor die man se metode, maar wys jou net as Ta vreet sal 'n plaasboer enige iets probeer.
Raves