Page 1 of 1

QL hulp benodig op 308 Win

Posted: Tue Feb 11, 2014 9:55 am
by Gerharddb
Goeie more,

Ek benodig asb die slim manne se hulp? Ek het nou in die herlaai storie ingeklim en dink ek kom mooi reg. Nou wil ek darm net seker maak eks op die regte spoor. Ek skiet .308 win CZ FS.
Ek het die volgende gelaai en is bitter tevrede met die groeperings wat ek gekry het. Maar nou weet ek ook nie of ek naby n node is of iets in daardie lyn nie.

Die inligting is as volg:
Doppe Lapua
Punte: Barnes TTSX 150g
Kruit: 42.8g S335 lot 701
TPL: 72.1mm
Dop lengte: 50.87mm
Primers: Fiocchi
Twist is 1/10 op n 20duim loop.
Spoed gelees deur die chronny: 2653.4f/s
Groepering: 18.6mm

Is ek op die regte spoor of is daar iewers waar ek kan verbeter?

Ek hoor graag van julle.

Re: QL hulp benodig op 308 Win

Posted: Tue Feb 11, 2014 10:08 am
by Swede
Hoeveel kleiner groepe wil jy skiet? Ek sou net so aangaan met die huidige lading!

Re: QL hulp benodig op 308 Win

Posted: Tue Feb 11, 2014 10:12 am
by Smitstertjies
Weet jy wat is jou H2O van die dop?
Ervaar jy enige druk tekens?

Volgens my QL is jy naby aan maksimum druk met S335 se gegewens. (Dit is voor ek hom met jou spoed kalibreer)

Re: QL hulp benodig op 308 Win

Posted: Tue Feb 11, 2014 10:25 am
by Smitstertjies
As ek QL kalibreer met die spoed wat jy gekry het deur chrony, dan is jy amper 100% op node.

Druk wys ook minder as ek QL kalibreer met jou spoed (56100 psi)

As daar niks druk tekens is nie sal ek by lading hou. Jy kan bietjie rondspeel met seating depth

Re: QL hulp benodig op 308 Win

Posted: Wed Feb 12, 2014 7:57 am
by Gerharddb
Dankie Manne vir julle terugvoer.

Ek is heel gelukkig met die groeperings wat ek skiet, maar sal maar bietjie met die seating depth speel.
Ek het gisteraand weer bietjie die dope beloer, en sien geen druk tekens nie. So klink my ek kom half reg met die storie.

Net vir die interesantheid, ek het gister peregrine punte gelaai, ook die 150gr, maar die groeperings is glad nie dieselfde as met die barnes nie. Groeperings op die peregrine was nie een onder die 35mm nie. Sal maar weer lading ontwikkeling met hulle moet doen.

Groete