Page 1 of 1
Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Mon Feb 10, 2014 7:37 pm
by karoo boer
Naand manne!
Ek wil die naweek n teleskoop vir nag skiet koop. ek het n .243 het al baie opgelees ens. maar wil raad het van mense met praktiese ondervinding!
My begroting is maksimum R7000. Gee nie om oor maak nie. Moet net nie maklik uitstel agter op bakkie nie en moet lekker kan sien deur hom in die nag!
Raad oor goeie aankope asb.
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Mon Feb 10, 2014 7:44 pm
by Braamgr
Al raad wat ek jou kan gee is, koop die eerste keer die beste wat geld (jou geld) kan koop. Jy sal nie spyt wees nie.
Jy sal jou budget so biki moet lig.
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Mon Feb 10, 2014 8:02 pm
by karoo boer
Ek ht n baie duur teleskoop op hom op die oomblik maar wil graag die teleskoop op n ander geweer plaas. Gaan seker 3 keer n maand jag met die .243 so rede hoekom ek nie n duur teleskoop wil opsit nie. Wat van n lynx lx2 8x56 IR of vortex diamondback series
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Mon Feb 10, 2014 8:08 pm
by Martin Marais
Naand Karoo boer
Ek reken ook jy moet dalk jou budget so bietjie lig as jy 'n goeie teleskoop vir nagskiet wil koop. Ek gebruik Nightforce en was nog nie een nag teleugesteld nie. Ek het Nikon op my back-up geweer,nie slegte teleskoop nie,maar definitief nie in die Nightforce se klas nie.
My 2c.
Groete
Martin Marais
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Mon Feb 10, 2014 8:45 pm
by G-force
Meopta scopes het n paar goeie opsies in daai prys klas.Jy sal nie fout maak nie.
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Mon Feb 10, 2014 9:06 pm
by karoo boer
Dankie sal definitief bietjie kyk wil die geweer vir n back up gebruik so kan goed werk
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Mon Feb 10, 2014 9:15 pm
by schalla
Stem 100% saam G force ekt n meopta meostar 3-12*56 en hy loop soos n droom op my dasher.Ek het myne by Raynie Bekker gekoop.
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Mon Feb 10, 2014 9:46 pm
by SNIPER
Naand Karoo Boer
Ek het NF op my 25-06 en nuwe Rudolph op 22-250 en is baie goeie waarde vir geld.
Laat weet wat jy besluit en sit paar foto's op dat ons kan sien.
Groete
SNIPER
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Mon Feb 10, 2014 9:52 pm
by immelmanw
Martin Marais wrote:Naand Karoo boer
Ek reken ook jy moet dalk jou budget so bietjie lig as jy 'n goeie teleskoop vir nagskiet wil koop. Ek gebruik Nightforce en was nog nie een nag teleugesteld nie. Ek het Nikon op my back-up geweer,nie slegte teleskoop nie,maar definitief nie in die Nightforce se klas nie.
My 2c.
Groete
Martin Marais
As jy tot Huntex kan wag gaan ons die nuwe Nightforce SHV 4.5-14x56 launch op n Huntex special. Met die rand vs $ gaan hy nie goedkoop wees nie maar verseker n wenner. Presies wat jy moet he! Ek gaan self een op my 300 WSM jaggeweer sit.
Groete
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Mon Feb 10, 2014 10:37 pm
by SNIPER
Naand Willem
Na wat se prys om en by gaan mens kyk vir daai nuwe NF?
Groete
SNIPER
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Tue Feb 11, 2014 10:36 am
by Capt. Yoda
Ek soek ook so Nightforce SHV 4.5-14x56 !
Vir nag skiet met R7000 budget sou ek ook die Meopta gevat het.Daai NF lyk baie goed maar in die aand glo ek die Meopta se glas sal baie goed werk
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Tue Feb 11, 2014 11:46 am
by Hercules Louw
Karoo Boer
Met jou begroting moet jy ook deeglik na die Lynx LX2 2.5-10x56 IR en die LX2 8x56 IR teleskope kyk. Die teleskope is spesifiek vir nagskiet bedoel en het ook 'n verligte dot op die senter van die kruis. Kruisdrade is duidelik sigbaar in die nag selfs sonder die verligting. Die 56mm voorste lense teen die 8x of 10x vergroting gee ook vir jou die maksimum lig (exit pupil) wat jou oog in donker toestande kan benut. Verder kom beide met 30mm buise wat hulle besonder sterk maak vir stampe en stote op die bakkie. Voeg daarby vinnige plaaslike ondersteuning ingeval iets breek en ek dink die twee scopes kan moeilik geklop word vir nagskiet.
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Tue Feb 11, 2014 3:01 pm
by karoo boer
Een wat ek ook sterk oorweeg is die burris four x 3-12x56 (4 illum) vir r6500
Re: Help! raad oor teleskoop vir nag skiet!
Posted: Tue Feb 11, 2014 4:45 pm
by G-force
karoo boer wrote:Een wat ek ook sterk oorweeg is die burris four x 3-12x56 (4 illum) vir r6500
Ek het n Burris 8-32x56 op my jakkals geweer en hy werk uiters mooi.