Page 1 of 1

ruger snellers

Posted: Sun Feb 09, 2014 10:37 pm
by cbm
Hallo almal

Ek sit met 'n kopkraper. Ek. Het besluit om 'n ruger M77 hawkeye MKII target aan teskaf.
Maar toe hoor ek dat die nuwe weergawe se snellers aan die aksie vas sit en jy dit nie kan verwyder soos by die ouer weergawe nie. Kry mens 'n ander sneller wat mens kan fit of hoe maak mens dai sneller is bietjie te hard na my sin. Hoop van jul manne kan my help.

Dankie
Jacobus

Re: ruger snellers

Posted: Mon Feb 10, 2014 12:47 am
by Wouter Roets
Hallo Jacobus

Hierdie is nuus vir my dat jy die sneller op die nuwe weergawes nie kan vervang nie. Ek het een van my target modelle(ouer weergawe) met n Rifle Basic sneller vervang en die ander het ek poleer/gefyl vir n 2 pond breek. Beide werk vir my bitter lekker, met die Rifle Basic sneller wat net nie die two-stage stelsel het soos die standaard sneller nie.

Ek is seker n mens sal die nuwe snellers ook kan poleer/fyl vir n ligter breek, maar aangesien ek nog nie die nuwe sisteem gesien het nie is dit pure spekulasie.

Groetnis
Wouter

Re: ruger snellers

Posted: Mon Feb 10, 2014 6:18 pm
by Dawie
Hallo Jacobus

Jy kry tog vervangings snellers om daai relatief onverstelbare 2 stage snellers mee te vervang, dit lyk of jy die parte los koop en dan inbou. Dis nie soos by die Remington waar jy net pennetjie uitdruk en die hele storie vervang nie.

http://www.youtube.com/watch?v=Flo5tpTWS3A

Cheers

D