Page 1 of 1
S335 Heat of explosion
Posted: Fri Feb 07, 2014 4:32 pm
by birklec
Goeie Dag manne!
Kan iemand dalk vir my help met die regte Heat of explosion vir S335 lot 701 en 704.
Somchem se tabel gee dit aan as 4020 maar ander ouens se jy moet dit hou by 3711.
Wat sal dan nou die regte een wees?
Groete.
Re: S335 Heat of explosion
Posted: Fri Feb 07, 2014 4:44 pm
by PWV
Hier val ek al weer plat. Wat is "heat of explosion"?

Re: S335 Heat of explosion
Posted: Fri Feb 07, 2014 4:51 pm
by birklec
Hi Oom PW!
Dit is vir die QL program.
Re: S335 Heat of explosion
Posted: Fri Feb 07, 2014 4:54 pm
by Fanta300
Pieter Willem Vorster wrote:Hier val ek al weer plat. Wat is "heat of explosion"?

Pieter, dis jou koors op fyndraai

Re: S335 Heat of explosion
Posted: Fri Feb 07, 2014 6:40 pm
by PWV
Fanta300 wrote:Pieter Willem Vorster wrote:Hier val ek al weer plat. Wat is "heat of explosion"?

Pieter, dis jou koors op fyndraai

Dit is hoekom ek op die forum is. Daar is altyd 'n paar slim ouens wat die antwoorde het! Hoop nie jy is een van die ouens wat die sneller met die hand aktiveer nie!!!

Re: S335 Heat of explosion
Posted: Fri Feb 07, 2014 6:46 pm
by Piet Pille
Fanta300 wrote:Pieter Willem Vorster wrote:Hier val ek al weer plat. Wat is "heat of explosion"?

Pieter, dis jou koors op fyndraai

Dankie oom Fanta, ek dog altyd dis die absolute maksimum hoeveelheid brandewyne voor jy nogsteeds veilig huistoe kan gaan na mamma toe.....

Re: S335 Heat of explosion
Posted: Fri Feb 07, 2014 8:22 pm
by tripodmvr
Ek gebruik die 3711 getal syndedit darem nader aan werklike resultate is. Die 4020 veroorsaak dat as jy 'n beginlading bereken dat die werklike spoed 200 vps te stadig is. Ek dink Somcehem het die syfers so aangepas om 'n veiligheidsfaktor in te bou vir hul wisselvallige volitaliteit van hul dryfmiddels.
Re: S335 Heat of explosion
Posted: Fri Feb 07, 2014 8:37 pm
by Andrew Leigh
Why would Somchem offer adjusted numbers? They can measure EXACTLY, if they cannot they should not be making powder?
Re: S335 Heat of explosion
Posted: Fri Feb 07, 2014 8:52 pm
by tripodmvr
Die 1,4% verskille wat Somhem voorhou is amper nikseggend as mens na kyk na 'n 8 na 16 % gewigsverskil wat met S365 in 'n 243 gevind is by die gebruik van Lot 71.