Page 1 of 1
Sonic cleaner
Posted: Wed Feb 05, 2014 6:13 pm
by PWV
Daar word so baie gepraat oor hierdie relatiewe nuwe apparaat. Ek sien daar is verskillende soorte op die mark en hul pryse verskil ook redelik.
Watter een het jy en wat het hy gekos en kan jy hom aanbeveel?
Asseblief.
Groetnis
P.W.V.
Re: Sonic cleaner
Posted: Wed Feb 05, 2014 6:47 pm
by JPS
Oom PW,
Ek het die Frankfort arsenal een gekoop,die klein een. Was so R700.00 by SO as ek reg onthou. Indien oom min geweer doppe op slag wil doen 15 en minder dan werk hy goed.
Persoonlik sou ek uit die staanspoor die grooter een vat. Ek glo hulle is maar net meer effektief wanneer dit by geweer doppe kom.
Groete JP
Re: Sonic cleaner
Posted: Wed Feb 05, 2014 6:53 pm
by Fanie Nel
Oom PW
Ek het hornady dit is wonderlike ding daai het gekoop toe hul op mark gekom het. Myne is die 1l
Koop sal nie spyt wees nie
Groete Fanie Nel
Re: Sonic cleaner
Posted: Wed Feb 05, 2014 7:08 pm
by THOMAST
Dinge om voor uit te kyk is die Kraglewering van die apparaat, sy kapasiteit, en hoeveel verwekkers ("attenuators") hy het. Die tydsiklus wat hy kan loop is ook 'n kwessie.
Ek sou sê 'n minimum van 90 watt kraglewering, 2 liter kapasiteit en verkieslik 'n 30 minuut tydsiklus.
Die verwekkers: 'n V8 gaan langer hou as 'n 4 silinder enjin teen hoë spoed. 2 Verwekkers is meer affektief as 1.
'n 30 minuut siklus is lekker. Jy plaas jou doppe daarin, skakel aan en loop weg. Jy hoef nie rond te wag om die siklus weer te begin na 8 minute nie.
Mu eerste US masjienkie was maar piepklein en ek moes rondstaan en wag om hom kort kort weer te stel. Hy het gevrek na 12 maande se gebruik. Huidige een is van Labotek, 2,8l kapasiteit, 2 opwekkers, 30 minuut siklus en hele ding is van vlekvrye staal, mandjie inkluis. Soort van
n industrieële eenheid. Was duur, maar my seuns sal hom nog kan gebruik eendag.
Re: Sonic cleaner
Posted: Wed Feb 05, 2014 9:00 pm
by PWV
Baie dankie vir die insette. Thomas, jou storie is bietjie ingewikkeld vir my, want ek ken nie al goed (onderdele) waarvan jy praat nie.
Dit wil egter voorkom asof almal dit eens is dat dit 'n baie handige apparaat is.
Ek het so bietjie na pryse geloer - van R900 tot R6000. Kwaai!
Groetnis
Re: Sonic cleaner
Posted: Wed Feb 05, 2014 9:27 pm
by Cobus(Cobb)
My eerste, een van Australië af(Vlarvark se dae) het gegroet...
koop to sommer 'n klei 400ml, jewelry cleaner, so R300 as ek reg onthou...
Hy vat so 15-17...max 20doppe, het 'n kort 2-3min siklus wat ek 3-4 keer keer deurhol...doppe mooi skoon binne as ook primerpocket mooi skoon.
Ek gooi, tartaric/sunlight en water mix met laymen se turbo cleaner....
Cheers
Re: Sonic cleaner
Posted: Thu Feb 06, 2014 8:37 am
by Williel
Ek het n Lyman 2.5l wat mooi werk.
Nadele is die 8 min siklus wat my besig hou om die ding op te pas. Dis ok as ek besig is met doppe werk terwyl dit skoonmaak.
Die stainless steel bakke sal ek van wegbly of versigtig wees. Ek het eendag water in hom gelos en met ander ysterwerk het n stukkie yster in die bak beland wat die stainless steel n putgat gelos het. Het wel die gat met lood toe soldeer maar die gat het water op die pc bord laat loop.
Lyman het my laat weet jy kry nie vervangingsborde nie. Gelukkig kom ek myne weer aan die gang kry.
My 2 sent.
Re: Sonic cleaner
Posted: Thu Feb 06, 2014 1:35 pm
by Gideon@1
Re: Sonic cleaner
Posted: Thu Feb 06, 2014 3:57 pm
by PWV
Dit is wat ek nou al opgespoor het:
Lyman 700 (700ml - R1060-00
Lyman 2500 (2.5litres) - R1770-00
Hornady LnL Magnum (3 litres) - R3495-00
Frankfurt 220 Volt EZ R900-00
Frankfurt 220 Volt Extreme R1950
Het iemand een van bogenoemde? Sal graag inligting wil kry.
Groetnis
Re: Sonic cleaner
Posted: Thu Feb 06, 2014 4:40 pm
by Giepie
Ek het 'n USC op Bidorbuy gekoop. Dit is presies dieselfde as die Lyman 2500, maar het net R1150 betaal. Op daardie stadium kon ek nêrens een kry nie, daarom daar gaan soek. Enigste verskil die Lyman se mandjie is baie beter. Sal graag later van tyd 'n beter mandjie wil kry.