Page 1 of 1

My eerste Hings

Posted: Sun Feb 02, 2014 8:26 am
by Gert Odendaal
Ek wonder partykeer of ek nie meer opgewond raak oor `n mooi perd as oor `n mooi geweer nie. ;D Ek is in die bevoorregte posisie om `n baie goeie vriend, Chris Moolman te he wie se passie vir Boerperde gedeel word met my.

Ons het gister die pragtige Hings (ek noem hom van gister af Ceasar) wat nog nie die binnekant van `n kraal of drukgang ken nie gister binne een uur gelaai. Chris Moolman se gelyke is daar nie as dit by die hantering van perde kom nie.

Ceasar is sekerlik een van die grootste Boerperd hings wat ek nog gesien het. `n Paar fotos van my eerste perd, dit sal nog `n rukkie neem voor ek die mooi dier ry maar dit is als die moeitewerd, ek hanteer self sy makmaak en afrigtings proses.
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010274_zps4815e992.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010275_zpseb2822ed.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010276_zpsea0223e4.jpg
http://i803.photobucket.com/albums/yy314/boogskutter/P1010273_zps2b240c82.jpg

Die mooi perd sal ek in die klas van `n .404 Jeffery plaas.... ;D ;D

Re: My eerste Hings

Posted: Sun Feb 02, 2014 9:17 am
by cassie_calvinia
pragtige perd!
pasop net, 'n boerperd is maar vol nuke! hy gooi lekker! ek weet...
maar, as hy reg loop, loop min saam met hom!
geluk! en geniet hom!

Re: My eerste Hings

Posted: Sun Feb 02, 2014 10:11 am
by DWB
Baie geluk Oom Gert!

Baie mooi perd!

Hoop nie hy is te nukkerig nie! Hard val is noot pret nie!

Re: My eerste Hings

Posted: Sun Feb 02, 2014 10:19 am
by NEGE3
Geluk Gert. Jy is 'n gelukkige man. Dit is 'n prag dier. Sterkte met die opleiding en wees baie versigtig hulle is maar vol nukke aan die begin. Geniet hom.

Re: My eerste Hings

Posted: Sun Feb 02, 2014 11:04 am
by cassie_calvinia
so boerperd het my gegooi...toe ek opstaan, le my hoed 15m agter my, waar ek die eerste keer grond gevat het!
toe gaan koop ek maar vir my 'n 500xr honda

Re: My eerste Hings

Posted: Sun Feb 02, 2014 4:45 pm
by Cobus(Cobb)
cassie_calvinia wrote: toe gaan koop ek maar vir my 'n 500xr honda

Daai ding skop mos maar net so as daai piston met die kompressie opkom....of hoe Cassie??

Mooi perd daai, maar ek hou ook maar very...Berede se perd het my lelik verwoes in die army... :o :o

Re: My eerste Hings

Posted: Sun Feb 02, 2014 5:08 pm
by Gert Odendaal
Ek kan sien julle manne het al die oefening gedoen, ek het vanoggend met die hings gewerk, hy staan nou al stil en ek kan hom borsel . As ek hom terug druk beweeg hy agteruit. As ek hom roep dan kom hy.

Daar was `n voorval vandag waar hy my omgestamp het , ongelooflik hoe vinnig so dier beweeg. Daardie borskas tref `n man moet `n hewige spoed, gelukkig was daar `n heining agter my en ek is teen die heining vasgegooi. `n Man skrik eers nadat alles verby is , en dit vind plaas in `n oogwink....ek het nou seer spiere waar ek nie eers spiere behoort te he nie... ;D ;D :):

Ek het ook vandag die teuels en gebit in sy bek gesit en die teuels gebruik saam met die span tou om hom te lei. Hy draai nou ewe goed na albei kante toe , links om en regs om, maar hy is op sy sterkste links om...

Hy is gelukkig nie `n perd wat draai en sy gat uitgooi om te skop nie, hy het net geskop toe ek sy bene met die tuinslang afgespuit het maar dit was ook maar net die eerste twee kere, die ander kere het hy doodstil gestaan terwyl ek sy bene nat gespuit het.

http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1010272.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1010273.jpg

Hier is twee mooi fotos van my ou vriend Chris Moolman se hings, Duraque, prentjie mooi die perd... ;D ;D
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011707.jpg
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1011705.jpg

Die oefening is lekker maar dit maak `n man op en moeg... ;D

Re: My eerste Hings

Posted: Sun Feb 02, 2014 5:19 pm
by PWV
Gert
Dis nou 'n pragperd! Jammer ek is so ver, anders was ek elke dag by die perd!
Hoe oud is die perd?
Wees net geduldig en moenie te vinnig resultate verwag nie. Jy gaan nog baie plesier uit julle verbintenis put.
Is dit al perd wat jy kon bekom. Nou wat van merries?
Groetnis
P.W.V.

Re: My eerste Hings

Posted: Sun Feb 02, 2014 5:36 pm
by Gert Odendaal
Goeie dag Oom Pieter
Goed om van Oom te hoor. Die bruin perd(Hings ) is nou my nuwe perd. Chris het ses pragtige merries waarmee hy teel. Hy gebruik net sy perd om mee te teel, die swart/wit/grys perd in die laaste twee fotos. Ek sal my hings moet laat sny, want twee hingste op een plaas werk glad nie. Ek neem my tyd met die afrigting en opleiding van die hings, ek leer nog self elke dag, om die dinge reg te doen. Ek vind nog uit rakende die .22lr Baretta se slagpen...

Re: My eerste Hings

Posted: Sun Feb 02, 2014 9:41 pm
by theedge
Baie mooi perd. Laat my dink aan die Polisie berede eenheid PE hulle het so mooi groot boerperd gehad - enigste perd wat ek gery het as ek daar gaan besoek het. Dit was great om hom te ry maar ai die knaap het nie powerstering gehad nie.

Re: My eerste Hings

Posted: Mon Feb 03, 2014 9:20 pm
by Gert Odendaal
Teedge
Ek dink die perd gaan op wolke loop, jy moet daardie aksie sien as hy galop, voorwaar `n mooi prentjie, ek kan nie wag vir die eerste keer dat ek hom opsaal nie, ons gaan mekaar goed leer ken.. ;D ;D

Re: My eerste Hings

Posted: Mon Feb 03, 2014 9:57 pm
by theedge
Gert Odendaal wrote:Teedge
Ek dink die perd gaan op wolke loop, jy moet daardie aksie sien as hy galop, voorwaar `n mooi prentjie, ek kan nie wag vir die eerste keer dat ek hom opsaal nie, ons gaan mekaar goed leer ken.. ;D ;D
Maat jy moet kom deel as jy dit gedoen het - maak maar so prentjie ook dat ons die geleentheid kan deel.

Re: My eerste Hings

Posted: Mon Feb 03, 2014 10:24 pm
by PWV
Gert, het ek dit gemis, maar ek glo nie jy het al vertel joe oud die hings is nie.

Re: My eerste Hings

Posted: Wed Feb 12, 2014 2:56 pm
by Gert Odendaal
Oom Pieter
Die hings is so om en by sewe jaar. Die hings is nou al redelik mak, dit is so amper twee volle weke later, ek is besig met `n nuwer rekenaar program en moet my kinders baie rondry vir hulle skool stories, so ek kom nie elke dag by die hings uit nie, hier is `n foto van Chris Moolman wat reeds binne `n week op die hings sit en hom leer...ek dink nie daar is iemand Chris Moolman se gelyke om `n perd mak te maak sonder om hom in te breuk nie,,,,...
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/IMG-20140211-WA0004.jpg

Re: My eerste Hings

Posted: Wed Feb 12, 2014 3:16 pm
by Naas1
Baie mooi hings en lyk asof hy baie goeie houding gaan he

Re: My eerste Hings

Posted: Wed Feb 12, 2014 3:32 pm
by Gert Odendaal
Goeie dag Naas
Chris vertel my die Hings het `n besonderse sterk bou en tel daardie bene van hom baie mooi op, ek is stom van verbasing oor die hings se massiewe hoewe , ek het min perde al gesien met sulke groot hoewe, ek hoop ek kan ysters kry wat op die groot hoewe gaan pas. Ek kan nie wag om die week klaar te maak en die perd te begin ry nie...ek wil die hings vir twee weke met `n harnas in die ring oefen om daardie houding mooi af te rond en sy nek en kop mooi vuur regop te kry.

Re: My eerste Hings

Posted: Wed Feb 12, 2014 3:40 pm
by Naas1
Dit is 'n besonder dier,hoop jy het iemand wat die beslaan aanbetref, wat dit reg sal doen omdat dit eintlik 'n kuns is, hy moet ook die perd "linement" reg lees en daarvolgens beslaan.

Re: My eerste Hings

Posted: Wed Feb 12, 2014 3:49 pm
by Marc
Heng Oom Gert dis 'n BAIE mooi hings, geluk !

Re: My eerste Hings

Posted: Wed Feb 12, 2014 3:51 pm
by Gert Odendaal
Dankie Marc ,ek waardeer die kompliment, die lekker was dat ek Chris gehelp het om hom te gaan vang het wat `n ondervinding soos min was, ek hoop ek en die hings bond baie goed, hierdie is my eerste perd ooit.

Re: My eerste Hings

Posted: Wed Feb 12, 2014 4:06 pm
by PWV
Ai Gert, jy laat 'n mens nou verlang na die tye, jare gelede, toe ek my gimkana-perd so versorg het.
Vandag is daar nou seker meer moderne kossoorte (pille) vir perde. Daardie jare het ons geglo so 'n 2-pond stroopblik hawer per dag as ekstratjie vir uithouvermoë.
Dit is nogal nie algemeen dat 'n perd eers op 7 ingebreek word nie. Chris Moolman moet 'n wonderlike slag met perde hê. Hulle praat mos deesdae van 'n "horse whisperer".
Groetnis

Re: My eerste Hings

Posted: Wed Feb 12, 2014 4:11 pm
by Gert Odendaal
Oom Pieter
Ek wil nie oordrewe klink nie, maar ek dink Oom Pieter wat self `n groot kundige op die gebied van perde is sal Oom se hande saam slaan as Oom die man sien werk met die hings wat so rou uit die veld uit gekom het. Ek leer elke dag al hoe meer van my vriend omtrent perde...

Re: My eerste Hings

Posted: Mon May 26, 2014 9:40 am
by Ferdi Bam
Gert,

Hoe gaan dit met die perd Ceasar? Ry jou hom nou al?

Groete

Ferdi Bam

Re: My eerste Hings

Posted: Mon May 26, 2014 10:54 am
by PWV
Ferdi Bam wrote:Gert,

Hoe gaan dit met die perd Ceasar? Ry jou hom nou al?

Groete

Ferdi Bam
Het ook al gewonder wat aangaan.