Page 1 of 1
Browning 375 sneller trek
Posted: Fri Jan 31, 2014 6:55 pm
by faantjie
Manne,
Help asb, die geweer se sneller trek is baie swaar en ek het hom gestel tot sover ek kan.
Nou sien ek dat daar in Amerika 'n ligter veer beskikbaar is wat die probleem oplos.
Is daar 'n korter pad of is wapensmid enigste oplossing
Re: Browning 375 sneller trek
Posted: Fri Jan 31, 2014 9:17 pm
by grumpy
Waar bly jy dan kan ons help met geweersmid?
Julle manne moet net n area op sit dan kan ons sien van waar julle is dan is dit maklik om te help!
JY kan die sneller laat poslish of kry n Timney sneller as hy sal pas.
Re: Browning 375 sneller trek
Posted: Fri Jan 31, 2014 10:15 pm
by tripodmvr
Grumpy, ek wil jou raad ondersteun. Partykeer maak baie eenvoudige poleerwerk 'n groot verskil. As jy die veer maklik kan uithaal is daar baie plekke wat vere verkoop wat jou maklik kan help met sagter vere en goeie raad kan gee.
Dan wil ek saam grom oor die manne wat nie hul omgewing wil opsit nie. Jy bly dalk om die draai van my en dan kan ek jou makliker help.
Re: Browning 375 sneller trek
Posted: Sat Feb 01, 2014 7:09 am
by faantjie
Baie dankie vir die advise. Ek woon in Klerksdorp
Groete,
Faantjie
Re: Browning 375 sneller trek
Posted: Sat Feb 01, 2014 10:19 am
by grumpy
Sit waar jy woon by jou info dan kan jy gou gehelp word.
Praat met Philly daar in Klerksdorp. Jy kan ook vir Eugene hier op die forum vra. Hy ken die plekke daar rond want hy is ook daar.
Ek stem saam oom Tripod.