Page 1 of 1
Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 1:43 pm
by Nickvn
Ek sien nou met QL dat daar nie n liniere verhouding is tussen druk wat opgaan / afgaan en spoed wat opgaan / afgaan nie.
Wat my probleem nou is, is wanneer ek op n vinnige node is en ek wil nou na n laer een gaan soek terwyl ek nog dieselfde burning rate gebruik. As ek nou op hierdie node kom en dit laai vind ek dat my spoed baie meer afgkom het as wat QL voorspel het. Ek moet dan weer die burning rate stel om die spoed en lading bymekaar te kry, net om te vind ek is weer van die node af en ek moet weer lading uitwerk. ens ens.
Is dit maar algemeen of doen ek iets verkeerd?
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 1:54 pm
by Smitstertjies
Sit met dieselfde probleem
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 2:33 pm
by TOKELOS
ek hou ook dop.
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 3:47 pm
by Nickvn
Ek het nou dieselfde oefening met die .223 gedoen en heel ander resultate gekry as wat ek hier bo met die 30-06 gekry het. Met die .223 sien ek dat die verhouding tussen die druk en die spoed baie meer linier is.
Bv.
QL voorspel met my geweer 24" met 25.5gr S321 met 55gr Hornady FMJ n spoed van 3137, ek kry 3140
Met 26.6gr voorspel QL 3183 ek kry 3160.
Met 26.8gr voorspel QL 3307 en ek kry 3280
Met 27gr voorspel QL 3332 en ek kry 3330
Alles sonder om die Burning rate te verander. Met die 30-06 is ek ver uit meer as n 100fps en word groter hoe meer of minder kruit jy ingooi.
Ek verstaan nou nie meer nie.
Enige kommentaar van die manne wat ken van?
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 3:49 pm
by tripodmvr
Hoe naby aan die lande is jy met beide die' kalibers?
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 4:02 pm
by Nickvn
Die 30-06 max TPL is 85.1 en ek werk op 84.6
Die .223 werk ek op 55.4 kan nie nou onthou wat max TPL is nie.
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 4:55 pm
by Wouter Roets
Nick/Manne
Dit is geensins n gegewe dat spoed linieer reageer soos jou lading toeneem/afneem nie. Daar is ongelukkig net te veel faktore wat hier n rol speel vir dit om so te wees. Kyk nou maar na jou 223 wat ook in die middel afgewyk het van die voorspelling en toe weer teruggekeer het. Alhoewel hierdie n kleiner uitwyking was was dit tog maar daar en sal jy dit basies met elke caliber/geweer kry.
Jy sal bv sien dat n lading baie keer onder QL se voorspelling sal wees hier op 40 000-50 000psi. Waneer jou druk begin klim hier in die 50 000psi katogorie sal jy eweskielik sien jou spoed begin te korreleer met wat QL voorspel het. Hierdie kan amper gesien word soos turbo-lag op n dieselenjen. Die lading moet amper eers n kritiese massa/druk he voor hy begin optree soos hy moet. Om alles nog verder ingewikkeld te maak kry n mens baie keer loading pockets waar jou lading vermeder maar jou spoed bly of dieselfde of verminder selfs. Hierdie wys jou net hou gekompliseerd hierdie hele interne balistiek wetenskap is van interaksie tussen primer / ontbrandingsvlam / poeierkolom / internefolume / vryboor sprong / grip/necktention / graferingsdruk / groefvorm ens ens is.
Wat ek voorstel is nie om jou kop hieroor te breek nie. Indien jou lading nie linieer afgekom of opgegaan het nie, doen aanpassings aan die burningrate om te kalibreer met jou verkryde spoed en werk daarvolgens die nodespoed uit. Vir die nodespoed om te werk moet barreltime reg uitgewerk word en dit doen jy deur aanpassings aan die burningrate te maak. Daar is nie n ander manier nie.
Wat wel belangrik hier is wat beam wat ek altyd se is dat die nodeprogram tesame met QL nooit losgemaak kan word van goeie herlaai praktyke nie. Hierdie is dan een van die redes hoekom n mens altyd se kyk vir nodes wat in die teoretiese goeie lading belt val. Wanneer poeier snaaks optree en nie presteer soos jy hom wil he hy moet nie vermy eerder die node. Die lading wys basies vir jou ek is nie gelukkig nie en jy moet dan ag slaan daarop. Die Ladder test medote en die Optimum Charge Weight metode sal dit vir mooi wys. Jy sal sien hy maak toe maar nie so mooi soos een wat op n beter node is nie. Met die meeste kalibers sal die volgende geld, druk van tussen 54 000-60 000psi, dopvulling so naby as moontlik aan 100% vakke en n TPL waar die interseksie van die bootstert en draskag gelyk is met die interseksie van die nek en skouer van die dop. Indien die koeel n platbasis het moet hierdie gelyk wees aan die skouer/nek interseksie. Hierdie is nie vaste reels nie maar n goeie riglyn/vertrekpunt.
Die nodeprogram is net die kortpad maar jy moet nog steeds die basiese herlaai praktyke toepas vir n goeie en konstante lading.
Groetnis
Wouter
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 5:05 pm
by Smitstertjies
Wouter Roets wrote:Nick/Manne
n TPL waar die interseksie van die bootstert en draskag gelyk is met die interseksie van die nek en skouer van die dop. Indien die koeel n platbasis het moet hierdie gelyk wees aan die skouer/nek interseksie. Hierdie is nie vaste reels nie maar n goeie riglyn/vertrekpunt.
Die nodeprogram is net die kortpad maar jy moet nog steeds die basiese herlaai praktyke toepas vir n goeie en konstante lading.
Groetnis
Wouter
Hi Wouter
Dankie vir die goeie verduideliking. Die laaste stuk van jou wat ek hier kwoteer maak egter nie vir my heeltemal sin nie, oftewel ek kry nie die prentjie raakgesien nie. Daar is nie dalk n ander manier hoe jy dit kan beskryf nie?
Jammer
Martin
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 5:34 pm
by TOKELOS
Smitetrtjies,
Wat Wout bedoel is:
Beide die bootstert en die plat basis koeels se basis moet gelyk wees met die interseksie van die nek en skouer.
MAAR:
jy moet die volgende verstaan:
Die basis van die plat basis koeel is die onderkant van die koeel
Die basis van die bootstert is daar waar die koeel se deursnee begin kleiner word om die bootstert te vorm. Maw waar die bootstert begin en nie aan die einde van die bootstert nie.
Dit beteken dus dat die einde van die bootstert in der waarheid dieper as die interseksie van die nek en skouer is.
Hoop ek is verstaanbaar?
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 5:58 pm
by Nickvn
Dankie Wouter vir die tyd om my in soveel detail te antwoord.
Ek het ook gesien met die 30-06 dat toe ek van 51.4 na 51.8 gr gegaan het dat my gemiddelde spoed gedaal het met 40fps.
Dit lyk maar dat jy die laai ding maar soos n vrou moet benader…….versigting en met baie begrip vir die veranderlikes wat enige tyd weer kan verander.
Ek het nou iets nuuts geleer oor die diepte van die koeel in die dop. Sal bietjie gaan kyk waar le myne.
Dankie weereens.
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 6:00 pm
by Smitstertjies
Dankie Tokelos. Ek het bietjie gaan dink en dit maak nou meer sin. Ek moet se dit is n voorreg om op die forum in manne soos Wout se kennis te delf. As dit nie vir Jaracal was nie glo ek nie ek sou ooit herlaai as n stokperdjie aangepak het nie!
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 7:00 pm
by TOKELOS
Jy is baie reg!
Hier is gelukkig darem so n paar manne oor na wie n ou kan luister.
So terloops, as jy iets search en jy sien Jagtersdok of Ludwig het raad gegee, Luister maar.
Hulle het ons ongelukkig verlaat intussen weens politiek.
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 7:43 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne
Tokelos baie dankie vir die uithelp met daai verduideliking. Jy het dit spot on. Net vir duidelik is die idiaal so 0.02" bo die nek/skouer interseksie.
Moet asb nou nie gaan en n lading wat werk en nie aan daai staandaarde voldoen wat ek genoem het wegfoeter nie. Daar is n enorme hoeveelheid ladings daarbuite wat teoreties glad nie moet werk nie maar tog n barshou skiet. Hierdie kan net gesien word as riglyn wat oor die algemeen goeie resultate gee. Indien jy bv sukkel probeer dan by die paar aspekte bly en sukses is gewoonlik jou voorland.
Toe ek begin herlaai het was ek net op myself aangewese. Boeke wat maar skaars was is verslind en baie goed is maar vir myself probeer uitpluis met gemengde resultate. Daar was nie iets soos die internet nie, maar gelukkig het dinge verander. Dit is vir baie van ons wat al so bietjie die pad gestap het n absolute voorreg om die goed met mense te deel. Moet ook nie n fout maak om te dink iemand is volleerd nie. Daar is nie so ding nie en almal leer maar een of ander tyd iets nuut, al sukkel sommige om dit te erken. More is daar weer iets nuut wat die kind weer mooi van die katel af gooi. Only change is constant.
Nick wat jy se oor laai en skonergeslag verhoudings is dalk baie waarder as wat jy besef.

Albei is maar n bitter ingewikkelde ding en die oomblik as jou aandag dwaal betaal n ou gewoonlik n swaar prys!
Groetnis
Wouter
Re: Ql burning rate
Posted: Thu Jan 30, 2014 10:17 pm
by tripodmvr
LADINGBEPALING
Laaigrafiek.JPG
Ladings op die plat gedeelte van die grafiek word na verwys as stabiele ladings. Die voordeel hiervan is dat indien daar 'n effense ladingsmassavariasie bestaan, dit nie baie bydra tot snelheid of impak variasie nie.
Re: Ql burning rate
Posted: Fri Jan 31, 2014 8:55 pm
by Wouter Roets
Oom Maruis
Hierdie wys nou baie mooi die "Loading Pockets" waarna ek verwys het. As jy n node in een van hierdie pockets kan slaan kan jy jouself as baie gelukkige persoon ag aangesien dit die idiaal sal wees. Net vir interssantheid het Oom gesien wat se drukvlakke die herlaaier geslaan het?

S335 verbrand ook aansienlik vinniger as die normaal met die kombinasie. Ek glo die persoon het nie die drukvlakke gelees agv baie stywe demensies van die kamer nie.
Groetnis
Wout
Re: Ql burning rate
Posted: Fri Jan 31, 2014 10:21 pm
by tripodmvr
Die grafiek is opgestel deur 'n Bisley skut en die SR = short range en LR = Long Range. Sodoende kon hy agterkom waar sy spoed konstant bly en so verseker dat sy skote nie 'n groot val in hoogte het nie.