Page 1 of 1
.308 Ladingsversoek
Posted: Wed Jan 29, 2014 10:04 pm
by andre007
Naand aan al die ql boffins. Ek skiet nou al n geruime tyd die onderstaande in my .308 en wil 2 dinge weet:
1. Met die onderstaande hoe naby was ek aan n node, het baie mooi groeperings gekry?
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/308_zps54b3d531.jpg
2. Ek wil Nosler 155gr Custom Comps vir papier probeer, hoe stel julle voor gaan ek tewerk
Ek het nou al gesien dat n 1,70mm sprong relatief goed werk in my geweer.
Re: .308 Ladingsversoek
Posted: Thu Jan 30, 2014 9:03 am
by Geno
Daar is 'n node op 2692fps met die info wat jy verskaf, dus is jy baie naby.
As jy die 155gr Nosler CC wil skiet, moet jy mik vir 2671fps as jy 'n node teen min of meer dieselfde druk soek.
Dis rondom 41.1gr S335
Re: .308 Ladingsversoek
Posted: Thu Jan 30, 2014 10:05 am
by tripodmvr
Andre 007 Sako 308 kalibrasie klein.jpg
Dit is my berekening. Met 40,2gr = 2617 is dit die hoogste node.
Re: .308 Ladingsversoek
Posted: Thu Jan 30, 2014 10:15 am
by Swede
Net 'n vinnige vraag Oom Tripod, ek het nou na die screenshot gekyk van jou QL berekening, maar kan ongelukkig nie die inligting daarin moei lees nie. Hoe kan ek dit groter maak om te lees. Ek sien dit is al 2 keer "geview" maar as ek daarop op kliek gebur daar niks nie.
Re: .308 Ladingsversoek
Posted: Thu Jan 30, 2014 10:22 am
by andre007
tripodmvr wrote:Andre 007 Sako 308 kalibrasie klein.jpg
Dit is my berekening. Met 40,2gr = 2617 is dit die hoogste node.
Tripod is daai node op die 155gr Nosler CC? Indien nie kan jy ook vir my loer wat hy vir die Noslers sal wees? Kan nie daai aanhangsel grooter maak nie.
Re: .308 Ladingsversoek
Posted: Thu Jan 30, 2014 12:36 pm
by tripodmvr
Andre 007 Sako 308 kalibrasie.JPG
Hiermee gewysigde berekening met beter kwaliteit beeld aangeheg.
Re: .308 Ladingsversoek
Posted: Thu Jan 30, 2014 12:57 pm
by Swede
Baie dankie vir jou moeite!!
Re: .308 Ladingsversoek
Posted: Fri Jan 31, 2014 8:19 am
by andre007
Tripod. Ekt gister daai ladings gaan skiet en hiers my terugvoering. Die kondiesies was ideaal, bewolk, lekker koel vir n slag, gelaai en geskiet op so 23 'C net n dwarswind van regs na links op die baan. Langs elke groepering n kort beskrywing daarvan.
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/20140131_075440_zps45aaa642.jpg
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/20140131_075506_zps70653719.jpg
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/20140131_075523_zpsde37029c.jpg?t=1391062176
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/20140131_075536_zpse6e6a21a.jpg?t=1391062322
Ek lo amper nie ek moet veel verder krap aan die eerste teiken se resep nie. Die laaste teiken het ek presies dieselfde lading as die eerste een sin behalwe die sprong is afgebring na 1mm
Ek gaan maar hou by die eerste resep, enige voorstelle daaroor, dit pla my net dat dat ek nie die Noslers kon regkry nie. Met die data wat ek op my eerste teiken gegee het is ek nog binne drukperke?
Jammer vir die gebruik van die lelike 'ou' teikens, nuwes by die huis vergeet toe ek baan toe was
Re: .308 Ladingsversoek
Posted: Sat Feb 01, 2014 10:17 am
by tripodmvr
Andre 007 Sako 308 kalibrasie 2.JPG
Hier is die berekening volgens die inligting wat jy gegee het. Jy is naby aan Node 4 en dit verklaar jou groep. Let egter op waar die druk is.
Re: .308 Ladingsversoek
Posted: Sat Feb 01, 2014 3:34 pm
by andre007
Tripod. Ipv al die woerwoer speel. Kan ek jou asb n luitjie gee. Indien wel pm asb jou nr. Groete Andre