Page 1 of 1

Skietstoel opgradering (verbetering)

Posted: Thu Jan 23, 2014 12:39 am
by Kalahari
Naand almal, skuus more :):
Ek wys net gou my stoel na ek so paar verbeterings aangebring het, iets wat eintlik noodsaaklik is en van die begin af moes op gewees het. Ek het nog nie 'n toets lopie gevat nie, maar dit lyk darem of alles stewig vas is.

Die eerste een is maar 'n tipe rem, eintlik meer 'n stop pen, vir wanneer ek nie op die stoel is nie en ry, dan kan die stoel nie self draai nie. Dit hou ook die kleinspan van die stoel af (net bietjie), want nou wil die stoel nie meer draai nie. Die eerste foto wys die stoel "oop" en die 2de gesluit met die stoel wat nie kan draai nie.

Die ander verbetering is die 2 kassies wat ek aangebring het. By gebrek aan baie kontant het ek 'n klein vleisbak by Kooperasie gekoop, paar stukke "offcut" superwood, skarniere en pakkie skroewe en die verf het ek reeds gehad.

So iets van my stokperdtjie, handewerke.

Re: Skietstoel opgradering (verbetering)

Posted: Thu Jan 23, 2014 12:45 am
by Kalahari
Die stoel is 'n monster, 4 man nodig om te laai, maar dit was darem nog nie nodig gewees om herstelwerk te doen nie. Ek moet dalk die skaal nader sleep en weeg. ++>:
Hier is die foto's van die kaste vir iets soos gps, rangefinder, ekstra patrone ens. Die binnekant van die kaste is met mat uitgevoer.

Groete

Re: Skietstoel opgradering (verbetering)

Posted: Thu Jan 23, 2014 5:22 am
by Cobus(Cobb)
Laaik die camo paint job... :)

Re: Skietstoel opgradering (verbetering)

Posted: Thu Jan 23, 2014 6:38 am
by Kalahari
Cobus(Cobb) wrote:Laaik die camo paint job...
Cobb, 3 kleure verf (blikkies) en een geprogrameerde "laser arm". ++>: Ag, ek weet vir vlekkie sal dit seker nie veel beteken nie, maar vir my lyk dit sommer mooi en dit was lekker om te doen. ;)

Re: Skietstoel opgradering (verbetering)

Posted: Thu Jan 23, 2014 7:27 am
by VdWalt
.... en een oggend word sussie wakker en haar pram is weg...... en pa se welder
het 'n onderstel....!!!

Re: Skietstoel opgradering (verbetering)

Posted: Thu Jan 23, 2014 9:07 am
by Capt. Yoda
Lyk soos n meneer van n stoel daai Kalahari.Ek hou ook van daai Mickey Mouse hondjie "huis"

Re: Skietstoel opgradering (verbetering)

Posted: Thu Jan 23, 2014 11:44 am
by Polla1983
VdWalt wrote:.... en een oggend word sussie wakker en haar pram is weg...... en pa se welder
het 'n onderstel....!!!
:laugh: skerp VdWalt :laugh:

Re: Skietstoel opgradering (verbetering)

Posted: Thu Jan 23, 2014 2:10 pm
by Kalahari
VdWalt wrote: en een oggend word sussie wakker en haar pram is weg...... en pa se welder het 'n onderstel....!!!
vd Walt, daai pram se onderstel kom al baie jare, was een van my susters se poppe pram gewees......... nou ja, ek het dit gered van die ashoop, werk baie lekker.
Capt. Oblivious wrote:Lyk soos n meneer van n stoel daai Kalahari.Ek hou ook van daai Mickey Mouse hondjie "huis"
Kaptein, die mickeymuis huisie is eintlik die kat s'n, die houthok was skaaphond s'n, maar die is oorlede toe skuif ek die hok onder afdak in uit die reen uit en die kat trek in.
Die stoel was my eerste poging, so met die tyd aangelas, als skroot of yster wat ek gehad het. Die eerste as het egter gebuig, skuins ry teen 'n duin, die was 25mm dik en bietjie langer. Daarna het ek toe ander pillar block en korter 38mm as gebruik, nog nie weer gewerk aan hom nie.

ns: Die manne wat stoele verbeter het of aangelas het kan maar ook hier kom wys, ek gee nie om nie.

Groete

Re: Skietstoel opgradering (verbetering)

Posted: Wed Feb 12, 2014 11:20 pm
by Kalahari
Kalahari wrote: Ek moet dalk die skaal nader sleep en weeg.
Naand sê, ek het toe die skaal nader getrek en die stoel geweeg............... sonder die battery (wat seker 20 kg op sy eie is) weeg die stoel in op 136.5kg! :o.
Nou ja, ek is nie skaam vir my oorgewig stoel nie, wie "boks" saam in hierdie klas ++>:

Groete

Re: Skietstoel opgradering (verbetering)

Posted: Thu Feb 13, 2014 2:09 am
by Monrique (SJ)
Kalahari wrote:
Kalahari wrote: Ek moet dalk die skaal nader sleep en weeg.
Naand sê, ek het toe die skaal nader getrek en die stoel geweeg............... sonder die battery (wat seker 20 kg op sy eie is) weeg die stoel in op 136.5kg! :o.
Nou ja, ek is nie skaam vir my oorgewig stoel nie, wie "boks" saam in hierdie klas ++>:

Groete
Alle maskas.

So moet n stoel mos weeg en lyk! Sal like daai stoel try ook vanaf n skietplek....hehehe :-X

Daai stoor is netjies, kan sien als het n plek. Welgedaan!!

Groetnis
Monrique

Re: Skietstoel opgradering (verbetering)

Posted: Thu Feb 13, 2014 7:51 am
by Kalahari
Monrique (SJ) wrote:Alle maskas. So moet n stoel mos weeg en lyk! Sal like daai stoel try ook vanaf n skietplek....hehehe Daai stoor is netjies, kan sien als het n plek. Welgedaan!!GroetnisMonrique
Dankie meneer, ek het 'n broer dood aan onnetheid, so ek hou myself op die tone ;). Daar is net nie altyd plek vir alles nie.
Ek dink die stoeletjie sal lekker srpingbok voorsit doen, steek net sy gat in 'n bos, hy het mos camo op ++>:
Hopelik is daar binne 2 maande 'n jakkals of 2 op sy kerfstok, sover is dit nog net groukat en rooikat.

Groete