Page 1 of 1
Volmaan/Donkermaan?
Posted: Sat Jan 18, 2014 9:30 am
by Roberto
Dagse manne
Ek wil hoor wat is julle gevoel/ondervinding rondom wat is die beste,jakkalsjag in sterk maan of in die donkermaan?Indien jy sterk maan verkies,wat gebruik jy soos bv nagsig ens?Oh ja en in watter omgewing jag jy?
Hoor graag van julle.
Roberto
Re: Volmaan/Donkermaan?
Posted: Sat Jan 18, 2014 1:33 pm
by Blackie Swart
Roberto ek jag hier in die Namakwaland distrik. My beste suksesse het ek op die helderste volmaan gehad. Ek gebruik glad nie nagsig nie maar dim my lig as ek soek.Sorg net dat jou voertuig se ligging baie goed is en reg gekamoefleer is.Daar moet niks blink op die voertuig nie.Probeer darm altyd my voertuig uit die 2-spoor pad te trek en tussen bosse om sy vatsoen se lyne te breek.Die meeste vlekkies hardloop maar altyd in die pad en sal uitswaai as hulle n vreemde ding in hulle gebied sien.Hulle is nie dom nie en sal onmiddelik n vreemde voorwerk in sy gebied uitken en vermy.
Groete
Blackie
Re: Volmaan/Donkermaan?
Posted: Sat Jan 18, 2014 10:47 pm
by Roberto
Dankie Blackie,as ek mag vra,hoe camo jy die voertuig?Is dir met seil/net of is hy geverf?
Groetnis
Roberto
Re: Volmaan/Donkermaan?
Posted: Sun Jan 19, 2014 11:15 am
by Blackie Swart
Ek gebruik maar hessing wat ek oor my bakkie trek.soos ek se, maak net seker as jou voertuig wit is,Dat daar niks uitsteek nie.Die jakkalse tel n wit kleur vining op in die nag.
Groete
Blackie