Page 1 of 1

Jammer vir kolf

Posted: Fri Jan 17, 2014 12:36 pm
by Jake1
Ek het 'n nuwe cz en is baie jammer vir my kolf, wil nie stampe en skrapies ophe nie. Ek het daai verband tipe camo rolle opgesit maar dit word taai. Die czs se kolwe het glans lagie op wat baie maklik krap, my nefie sin het nogal paar krappe op en hy werk mooi met sy geweer. Ek het al gedink om Boyds op te sit maar is bang hy groep dan nie so mooi nie. Wens ek kon my net self toelaat dat die ding maar bietjie krap, maar ek is nog nie daar nie.

Het enige iemand raad?

Jake1

Re: Jammer vir kolf

Posted: Fri Jan 17, 2014 12:50 pm
by FCLoretz
Jaco,

Jou 223 is 'n werks geweer, een ding van 'n werks geweer is nou maar net dat hy gaan krappies en stampies opstel met die jagtery en skietery saam. Daar is nie veel wat jy daaraan kan doen nie. Jy kan soos die krapies en stampies vir jou te veel raak dalk die kolf afskuur en weer van voor af vernis.

Re: Jammer vir kolf

Posted: Fri Jan 17, 2014 12:59 pm
by Smitstertjies
Ek het my CZ laat afskuur en olie gee. Die kolf het n baie mooier voorkoms. As hy n krappie kry gee hom net weer olie. Merke sal daar wees , maar dit gee karakter aan n geweer.

Re: Jammer vir kolf

Posted: Fri Jan 17, 2014 1:13 pm
by Jake1
Ja, dis nogal snaaks, ek wou 'n geweer koop met mooi houtkolf, nou wil ek hom wegsteek.

As ek in die aand moet skiet le die geweer langs my en krap, en skiet ek oor die spieeltjie krap 'n geweer kwaai al sit ek handdoek oor. Ek is darem nie net 'n bakkiejagter nie maar is soms genoodsaak om gereeld uit my Rav te skiet.

J1

Re: Jammer vir kolf

Posted: Fri Jan 17, 2014 1:16 pm
by 243Songdaug
Jake, jy kan ma vir jou 'n Boyds opsit ekt so 2 weke terug my eerste 550 Duimgat kolf ingekry en ek kan jou sĂȘ, daar is niks met daardei kolf fout nie - as jy hom laat pak gaan hy goed groepeer.

As jy hom wil plak - ek het by Willem van die skietwinkel op 'n stadium camo tape gekoop wat sos ducktape lyk - daai goed sit en hulle is so gehard soos kan kom - raak ongelukkig later lelik.

Re: Jammer vir kolf

Posted: Fri Jan 17, 2014 1:24 pm
by Jake1
243 wat het jy betaal vir die kolf en bedding?

J1

Re: Jammer vir kolf

Posted: Fri Jan 17, 2014 1:58 pm
by Jonie
Jake 1

Krap sommer net die ding dan is alles een keer verby en daarna is jy nie so bekommerd oor die krap nie, dis soos vir kinders n pleister vinnig afpluk, kry dit oor en verby( grappie) weet hoe jy voel het so oor my hilux gevoel.

grroete