Page 1 of 2

Teleskoop herstel?

Posted: Wed Jan 12, 2011 9:14 am
by James Wilson
ons praat gereeld van die herstel van gewere, maar die herstel van scope's is nie so algemeen nie. n vriend van my se Tasco het die lense agter in die scope los gegaan. ek het die lense weer terug gekry maar die klein rubber o-ring het gebreek. nou kan n mens nog steeds hoor dat die lense los is as jy die geweer skud. en nadat ons die lense ingesit het groepeer diegeweer nie meer nie. ek verstaan jy kan die scope instuur na Lynx toe vir herstel. het van julle manne dit al gedoen? sal hulle eers n kwotasie gee? as dit te duur is koop n mens eerder n nuwe scope.

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Wed Jan 12, 2011 9:39 am
by Janjak
As dit n Lynx was sou hulle hom vinnig kon regmaak. Tasco is ek egter nie so seker van nie.
Hulle gaan heel waarskynlik nie bereid wees om n ander produk te herstel nie agv waarborge ens.

Sal uitvind en jou laat weet.

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Wed Jan 12, 2011 9:53 am
by Stefan764
Koop n Burris

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Wed Jan 12, 2011 10:29 am
by Janjak
Lynx doen nie die Tasco herstel nie.
Dit word deur die Bushnell ouens gedoen. Hulle was altyd Time Sport & Leisure maar het blykbaar naam verander.

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Wed Jan 12, 2011 10:37 am
by Geno

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Wed Jan 12, 2011 3:18 pm
by 222
Ek het 'n stok ou Bushnell wat so bietjie geval het na Bushnell toe gestuur. Die kruishare was los en die beeld so bietjie dowwerig. Twee weke en R550 later sit ek met 'n scope wat 10000% reg is. As jy deur hom kyk lyk dit soos 'n nuwe een.

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Tue Feb 08, 2011 2:27 pm
by suid wes
EK HET 2 NICOSTIRLINGS WAT BEGIN DOF RAAK 4-16-50 30MM TUBE.IS DA DALK IEMAND WAT AAN HUL KAN WERK.

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Tue Feb 08, 2011 3:42 pm
by Jagtersdok
As ek 2c hier kan ingooi.
Gan koop eerder 'n nuwe scope. Daai ou Tasco sal nooit weer dieselfde wees nie.

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Tue Feb 08, 2011 10:23 pm
by Hein M.
suid wes wrote: EK HET 2 NICOSTIRLINGS WAT BEGIN DOF RAAK 4-16-50 30MM TUBE.IS DA DALK IEMAND WAT AAN HUL KAN WERK.
Sal ook graag wil weet.  My kleinboet sit ook met 'n stukkende Nikko Stirling.  Hy het darem intussen wyser geraak en 'n Nikon gekoop.

Hein M

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Wed Feb 09, 2011 5:13 am
by Geno
Praat met African Hunting Supplies. Hulle bring die Nikko Sterlings in die land in.

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Wed Feb 09, 2011 6:57 am
by Beyers
Nikko Stirling vervang die scope as hy nog nuut is. MISKIEN
Ek sit met een wat 3 maande op my geweer was, die kruishaar lens het losgegaan en draai in die rondte. Die tweede scope het dit ook gedoen. Ek wag nou nog vir die nuwe een, ek dink dis so 3 jaar. KOOP 'n NIKON

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Thu Feb 10, 2011 7:36 pm
by fanie17
Beyer
Ek stem saam, beste diens ooit

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Tue Feb 15, 2011 10:32 pm
by theedge
Soos ek nou sien lyk my ek is nie die enigste ou wat met nikko sterling en africa outdoors sukkel nie

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Wed Feb 16, 2011 10:10 am
by fanie17
Ek hit omtrend 18 scopes wat so met die tyd van gewere af gekom het, waarvan omtrend 14 niks makeer nie,dit is net nie dieselfde om deur n ou scope te kyk nie.Ek het al so met die tyd ook n klomp scopes vir pelle gegee.Koop n nuwe Nikon,lense is van die beste en daar is ordentlike diens.

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Wed Feb 16, 2011 8:29 pm
by theedge
Dan moet ek maar draai by jou maak

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Fri Feb 18, 2011 7:26 pm
by suid wes
Dankie,ek hoor wat jul se,ma watte groote Nikon of sterkte sal die 3x16x50 30mm tube(baie din mildot kruis) eewe naar, en dan die prys.Hier by ons sweer ek,ek kan amper n huis koop ;D.hier by ons in Windhoek is ma 4 gunshops,soo die ouens kan vra wat hul wil.

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Sun Feb 20, 2011 10:01 pm
by Hein M.
suid wes wrote: Dankie,ek hoor wat jul se,ma watte groote Nikon of sterkte sal die 3x16x50 30mm tube(baie din mildot kruis) eewe naar, en dan die prys.Hier by ons sweer ek,ek kan amper n huis koop ;D.hier by ons in Windhoek is ma 4 gunshops,soo die ouens kan vra wat hul wil.
PM vir Janjak.  Hy sal jou kan help met 'n Nikon.

Hein M

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Mon Feb 21, 2011 12:52 pm
by Beyers
www.4scopes.com Hulle stuur na SA sonder probleme. Monarch X is dalk die model om na te kyk.
Beyers

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Mon Feb 21, 2011 9:51 pm
by James Wilson
wat weet julle manne van Nikon se waarborg? ek het met n bekende wapenhandelaar gepraat en hy hou van Nikon maar hy se Nikon kan nie op skrif vir hom uitklaar wat is hulle waarborg nie.

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Mon Feb 21, 2011 10:10 pm
by fanie17
Ek het op 5 van my gewere 6-18x40 side parelax Fieldmasters met n dun kruis haar en n kolietjie in die middel.Hulle kos so plus minu R3600 by LA ARMS volgens Andy ruil Nikon die scope as daar iets verkeerd gaan, daar is n 30 jaar waarborg op die scope

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Tue Feb 22, 2011 11:42 am
by James Wilson
fanie, dis goeie nuus. dink jy as ek met jou kontak praat sal ek n waarborg op skrif kry,want my greelde wapen handelaar se hy kry nie sekerheid oor die waarborg nie

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Tue Feb 22, 2011 12:22 pm
by baboonstalker
Beyers, ek het gou daardie link gevolg wat jy geplaas het en moes net lag toe ek die sien...

hulle reken 'n goeie geweer met 'n goedkoop scope is soos.......
http://www.4scopes.com/cheap_scopes.htm
;D ;D ;D ;D ;D

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Tue Feb 22, 2011 2:02 pm
by Stefan764
majubaketie wrote: Ek het self I 3-12 by 50 tasco wat die gees gegee het. Het julle I kontak nomer of I email addres?
http://www.leupold.com/

Groete
Stef

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Tue Feb 22, 2011 4:28 pm
by fanie17
Jagbehep
Ek is seker hy sal kan help.Sy no is 0828933122

Re: Teleskoop herstel?

Posted: Fri Aug 19, 2011 6:21 pm
by GERT vd M
Dagse Fanie 17 of almal,
                                  Die fieldmaster 6-18 x 40 met dun kruis en swart kolletjie, sal hy vir my werk vir bos jag en om oordentlik te skiet op skietbaan?.  Kan nou n 6-18 x50 kry vir R3869. Of moet ek eerder gaan vir die 4-12 x50.  R3718.  Skiet nog sonder bril maar die oe word nou ouerig.
                                  GROETNIS
                                      GERT