Page 1 of 1
Krico .22 Hornet
Posted: Mon Jan 13, 2014 9:58 pm
by terven
Goeie naand almal.
Ek is op soek na n Krico .22 Hornet geweer of parte vir die aksie.
Dankie
Re: Krico .22 Hornet
Posted: Tue Jan 14, 2014 8:25 am
by tripodmvr
Ek dink 'n foto is 'n moet. Krico kom al jare lank die land in en daar kan dus verskillende modelle wees. My .22 dateer byvoorbeeld uit die vroeƫ sestigs.
Re: Krico .22 Hornet
Posted: Thu Apr 17, 2014 11:43 am
by terven
More manne:
Ek het presies dieselfde .22 Hornet Krico op Guntree gekoop as wat ek reeds het,die geweertjie is nog soos nuut-baie min geskiet en baie mooi opgepas

.My eerste een se loop is uitgeskiet,hy wil nie meer onder 2" groep op 100 m nie.Ek het my 1ste een se kamer na K hornet toe laat sny in 1985 so al my doppe en herlaai toerusting is vir n Kilbourne Hornet,ek is nou op soek na n geweersmid waar ek die "nuwe" geweertjie se kamer kan laat sny na n K hornet toe.Ek bly naby Hendrina in Oos transvaal en ken nie geweersmede in my kontrei wat n K hornet "reamer" het nie.Kan julle asb. help met al is dit nie naby my is nie?
Baie dankie
Terven
082 8984358
Re: Krico .22 Hornet
Posted: Thu Apr 17, 2014 1:33 pm
by Johan Nel
Kontak Stefan Fouche (Stefan 764)van Safari & Outdoor in Pretoria. Hy het so paar maande gelede so 'n omskakeling gedoen. Hy sal jou kan verwys na die geweersmid wat dit vir hom gedoen het. Kan JJ Wapens in Ermelo nie help nie, of Ralph Badenhorst van Ermelo? Hulle het 'n advertensie hier op die forum.
Hier is Stefan se post oor die K-Hornet.