Page 1 of 1

9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Mon Jan 13, 2014 6:02 am
by Mauser browser
More manne, ek het orals op die forum gesoek na die onderwerp maar het niks gekry nie. Hier gat' hy:

Het enige van julle ondervinding met die 9.3 as 'n vlaktejag geweer. Ek sien daar is mense soos Impala wat 180gr punt maak vir die 9.3 - het iemand al die punte gelaai, ek sal graag wil weet wat maak hulle tov groepering, spoed ens. As al die somme klop sal dit darem 'n puik opeie wees vir daai gemsbokke wat doer loop.

Ek lees graag wat iulle te sê het

MB

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Mon Jan 13, 2014 6:11 am
by Pappabeer
Ek dink die meeste van ons gebruik hom maar vir kort tot medium afstand. Die ligte punte in so 'n groot kaliber sal nie die beste keuse wees in terme van trajek oor langer afstande nie. 'N .30 kaliber 180gr se BC gaan bv. baie beter wees as die .366 kaliber sin. So ook sy SD en met ander woorde die penetrasie.

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Mon Jan 13, 2014 6:21 am
by Nico Harris
Ek gebruik die laaste 2jaar 195gr gs hv koeels in my 9.3x62 baie suksesvol. Ek skiet hulle teen 3000ft/s en hulle is baie akuraat.

Groete

Nico

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Mon Jan 13, 2014 6:29 am
by Frederik
Mauser nie dat jy die 9.3 kan gebruik op vlaktewild nie maar dit is die perfekte verskoning om vir jou 'n vlakte geweer te staan en koop.

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Mon Jan 13, 2014 10:22 am
by 375fanatic
Nico Harris wrote:Ek gebruik die laaste 2jaar 195gr gs hv koeels in my 9.3x62 baie suksesvol. Ek skiet hulle teen 3000ft/s en hulle is baie akuraat.

Groete

Nico
my friend het ook GSC gelaai laai op sy 9.3 uit 17 zebras wat uitgedun was het ons slegs 1 koeel herwin met perfecte mushroom die naaste skoot was 200m

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Mon Jan 13, 2014 11:39 am
by Louis Kriel
My vriend jag al lank gemsbokke met Nosler 250 gr accubonds teen 2450 fps. Die skiet afstande is gereeld tot by 250 tree. Jou geweer moet net reg gezero wees. Die 9.3 KAN!

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Mon Jan 13, 2014 12:29 pm
by mariusr
Het die 9,3 al met 190gr RWS punte gelaai maar nooit daar mee gejag nie. Glo ook die BC en SD faktore is nie baie goed nie!?Groepering was nie sleg op 100meter nie skiet net baie hoog teenoor die 250 en 286 greiners so jy sal jou teleskoop moet oor instel as jy die punte gebruik.Glo nie die 9,3 kom tot sy reg met die ligte punte nie!? Impalas mag miskien beter doen?

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Mon Jan 13, 2014 2:22 pm
by tripodmvr
'n GS koeël in 9,3mm met gewig van 195gr is warm medisyne vir enige SA dier. Mono koeëls sukkel nie met penetrasie nie - dit is die belangrikste - 'n 9,3mm gat deur die organe.

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Mon Jan 13, 2014 6:58 pm
by Mauser browser
Dankie vir die terugvoer. Ek dink ek gaan die GS customs 'n kans gee. Ek het ne gedink aan die SD en BC nie mar ek glo daar sal goed genoeg penetrasie wees met die mono koeëls. Ek waardeur die insette, nou gaan die lekker werk begin op die skietbaan.

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Wed Jul 09, 2014 4:57 pm
by Katoom
Nico Harris wrote:Ek gebruik die laaste 2jaar 195gr gs hv koeels in my 9.3x62 baie suksesvol. Ek skiet hulle teen 3000ft/s en hulle is baie akuraat.

Groete

Nico
Hi Nico

Watter kruit en lading gebruik jy ?

Groete
Francois

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Wed Jul 09, 2014 5:10 pm
by Piet Pille
Nico Harris wrote:Ek gebruik die laaste 2jaar 195gr gs hv koeels in my 9.3x62 baie suksesvol. Ek skiet hulle teen 3000ft/s en hulle is baie akuraat.

Groete

Nico
Hallo Nico,

Skuus vir die hi-jack. Net iets tegnies wat vir my interresant is:
Ek ken gladnie die 9.3 nie maar as ek reg onthou is hy mos op 'n 30-06Spr dop basseer? Ek sien dat die max spoed vir 200gr uit 'n 30-06 hier rondom 2600fps is. Wat sal die rede wees dat dieselfde dopontwerp/volume soveel meer spoed lewer (195gr @3000fps) by die 9.3? Is die verskil in kaliber daarvoor antwoordelik nl dat die groter boor deursnee beter die druk hanteer? Of gaan dit spesifiek oor die Gs koeels met die dryfbande?

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Wed Jul 09, 2014 5:18 pm
by mariusr
Pieter die nege drie het darem so bietjie meer dop volume as die nil kwes die skouer is bietjie vetter gevorm.So hy sal 190grein punt lekker vinnig kan gooi! Amper seker vinniger as die 3006?

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Wed Jul 09, 2014 5:21 pm
by Flip Nel
Pieter Vorster wrote:
Nico Harris wrote:Ek gebruik die laaste 2jaar 195gr gs hv koeels in my 9.3x62 baie suksesvol. Ek skiet hulle teen 3000ft/s en hulle is baie akuraat.

Groete

Nico
Hallo Nico,

Skuus vir die hi-jack. Net iets tegnies wat vir my interresant is:
Ek ken gladnie die 9.3 nie maar as ek reg onthou is hy mos op 'n 30-06Spr dop basseer? Ek sien dat die max spoed vir 200gr uit 'n 30-06 hier rondom 2600fps is. Wat sal die rede wees dat dieselfde dopontwerp/volume soveel meer spoed lewer (195gr @3000fps) by die 9.3? Is die verskil in kaliber daarvoor antwoordelik nl dat die groter boor deursnee beter die druk hanteer? Of gaan dit spesifiek oor die Gs koeels met die dryfbande?
Pieter

die 9.3 se dop is bietjie groter, as jy byvoorbeeld kyk na die 35 Whelen kyk wat op die 30-06 se dop gebaseer is het minder volume, die 9.3 klop hom oor die algemeen met so 150 fps.

As jy kyk die norma 232 gr hardloop soo 2600fps en kan met hulle kruit gedruk word na 2700fps

en die groter deursnee maak ook 'n groot verskil, meer oppervalkte om teen te druk.

Re: 9.3x62mm as vlaktejag kaliber

Posted: Wed Jul 09, 2014 6:04 pm
by rudib
Skiet n GS HV punt en jy sal hulle ver gaan haal en maklik patmaak.