Ek oorweeg om die geweer te gebruik vir vlakte jag met `n 4-26x56 Swarofski , ek wil net weet of dit moeilik gaan wees om die ladings te ontwikkel en watter kruit moet ek gebruik, `n vinnig of stadige verbranding kruit.
Ek hoor graag van julle...klik op die foto om te vergroot...
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/P1012556.jpg
Ek sal enige voorstelle waardeer om die geweer weer suksesvol aan die skiet te kry, was glo in my familie maar die familie lid het gereeld gekla oor hoofpyne as hulle gaan jag het , glo goed op bosvarke gewerk, een skoot was glo al wat nodig was om `n bosvark op sy plek te sit.....
Gert
