Page 1 of 3

Jakkalsgat Safaris 2015

Posted: Thu Jan 09, 2014 7:31 am
by Jakkalsgat
More al die jagters

Soos julle kan sien is Jakkalsgat se 1ste pryslys vir 2015 reeds beskikbaar.

Ons het soos in die verlede baie Springbokke om te jag en hierdie jaar ook 'n goeie klomp Gemsbokke.

Hoop ek sien julle in die jagveld.

Groete
Jaco Stander

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Thu Jan 09, 2014 8:06 am
by Swede
Dit lyk baie goed. Ek sien daar word gepraat van Gazella, waar is dit? ken nie daardie wereld nie. ;D

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Thu Jan 09, 2014 8:15 am
by vernon
More Jaco

Mail asb die pryslys vir my, ek kan nie die Image oopmaak nie

vernonsteyn@flysaa.com

Groete
Vernon

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Thu Jan 09, 2014 8:53 am
by DanieDuP
More Jaco

Sal jy asb ook vir my die pryslys mail en ook beskikbare datums wat julle nog oop het.

danie.duplessis@archsoftware.co.za

Groetnis

Danie

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 9:21 am
by baas
Nee wat, het laas seisoen SWB en rooihartebeeste vir die helfte van daai pryse skiet!

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 10:38 am
by Jakkalsgat
Baas

So ek kan dan aanvaar ek hoef seker nie vir jou naweek oop te hou nie?

Groete
Jaco

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 10:49 am
by F.L.A.S.H
Jakkalsgat wrote:Baas

So ek kan dan aanvaar ek hoef seker nie vir jou naweek oop te hou nie?

Groete
Jaco
Maar baas kan asb die jag plek se details vir my pm ;D ;)

klink doos n mose bargain

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 11:24 am
by Jakkalsgat
Swede wrote:Dit lyk baie goed. Ek sien daar word gepraat van Gazella, waar is dit? ken nie daardie wereld nie. ;D
Swede

Hierdie plaas is naby aan Orania in die Noordkaap.

Groete
Jaco

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 11:47 am
by Hein (Haan)
Hi Jakkalsgat stuur asb vir my ook die pryslys en datums wat nog oop is.
hein@superkos.co.za
Baie dankie
Groete
Hein

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 12:07 pm
by baas
Nee wat Jaco, ek kan so duur vir vleis betaal nie. AS jy n 70kg hartebees skiet kos hy R50 /kg voor bewerking! dan kan man maar eerder skaap vleis koop!
Sorry Jaco

Hoe is dit dat n gemsbok en hartebees amper die selfde prys is?

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 12:08 pm
by baas
Jaco , lyk na n baie mooi plek daai van jou!

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 12:10 pm
by Frederik
Jaco, dit lyk baie goed.

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 12:22 pm
by Swede
Jakkalsgat wrote:
Swede wrote:Dit lyk baie goed. Ek sien daar word gepraat van Gazella, waar is dit? ken nie daardie wereld nie. ;D
Swede

Hierdie plaas is naby aan Orania in die Noordkaap.

Groete
Jaco
Baie dankie nou weet ek ook ;D

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 12:23 pm
by Jakkalsgat
baas wrote:Nee wat Jaco, ek kan so duur vir vleis betaal nie. AS jy n 70kg hartebees skiet kos hy R50 /kg voor bewerking! dan kan man maar eerder skaap vleis koop!
Sorry Jaco

Hoe is dit dat n gemsbok en hartebees amper die selfde prys is?
Baas

Ek stem saam dit is grof vir vir RHB maar om een of ander rede is hulle maar duur en veral in die Noordkaap waar hulle en SWB nie natuurlik in die streek voorkom nie maar ek kan ook vir jou se dat hier baie mooi trofeediere ook is teen dieselfde prys. Ek stem saam met jou daar behoort redelike verskil te wees in prys tussen Gemsbok en RHB maar onthou dat Gemsbokke maar in die Noordkaap voorkom en maklik hier aanpas en aanteel.

As jy in die stad is kom maak 'n draai by Shell Garage in Benaderylaan dan gesels ons oor koppie koffie oor die redes vir hoe pryse. Pasop net die mense kla oor my petrol pryse ook, koffie is darem verniet.

Frederik

Baie dankie, hier spesifiek het ons nie pryse verhoog nie en addisionele 850ha is toegespan.

Haan

Ek stuur vir jou die pryse.

Groete
Jaco

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 12:31 pm
by Frederik
Jaco, hoe ver uit PTA is dit presies en sluit jou pryse VAT in ? Hoe word die jagte gedoen ek het nou pryslys gekry van 'n plek wat se net bakkie jag. Ek gee nie om oor bakkie jag nie maar om lekker te bekruip as daar kans is, is altyd lekker.

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 12:33 pm
by Hein (Haan)
Baie dankie Jaco ek praat solank met die manne.
Groete
Hein

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 12:36 pm
by baas
Ja kyk Jaco oor petrol pryse wil n man nie eeres praat nie!
Was vanoggend daar verby, as ek geweet het het ek gestop vir daai koppie boeretroos!
baie dankie vir die uitnodiging sal verse4ker by jou kom draai maak.

Groete
Riaan

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 12:59 pm
by Pappabeer
F.L.A.S.H wrote:
Jakkalsgat wrote:Baas

So ek kan dan aanvaar ek hoef seker nie vir jou naweek oop te hou nie?

Groete
Jaco
Maar baas kan asb die jag plek se details vir my pm ;D ;)

klink doos n mose bargain
Dit moet n baie baie goeie bargain wees om so beskryf te word...

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 1:53 pm
by BRNO (Pierre)
Pappabeer wrote:
F.L.A.S.H wrote:
Jakkalsgat wrote:Baas

So ek kan dan aanvaar ek hoef seker nie vir jou naweek oop te hou nie?

Groete
Jaco
Maar baas kan asb die jag plek se details vir my pm ;D ;)

klink doos n mose bargain
Dit moet n baie baie goeie bargain wees om so beskryf te word...
Dewald, ek wou nou net se. Ek gaan saam as alles sommer so by die prys ingesluit is :laugh:

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 2:32 pm
by baas
Pappabeer , dink ons maat flash het so n spel foutjie begaan,
hahahahahahaha,

Maar ja pierre, ek gaan ook saam as al daai ingesluit is!

Kyk manne 1 ou spel foutjie kan n man in die sop laat beland, hoop nie sy frou sien dit nie.
hahahahahaha

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Fri Jan 10, 2014 4:33 pm
by F.L.A.S.H
baas wrote:Pappabeer , dink ons maat flash het so n spel foutjie begaan,
hahahahahahaha,

Maar ja pierre, ek gaan ook saam as al daai ingesluit is!

Kyk manne 1 ou spel foutjie kan n man in die sop laat beland, hoop nie sy frou sien dit nie.
hahahahahaha
Eish nou manne hokai so betjie, eks maar nog hetemal te snot kop om n vrou te he :P hehe

maar ja manne ek vra onverskooning, my spel in Afrikaans is maar twak, maar daai was n lekker groot boeboe ;D eks net bly om te sien eks nog nie in baie nonsens nie lol..

mooiloop manne

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Sun Jan 19, 2014 9:04 am
by baas
more Jaco

Daai website link van jou kry n man nie op google op gespoor nie.

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Sun Jan 19, 2014 9:14 am
by Jakkalsgat

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Sun Jan 19, 2014 10:59 am
by baas
Dankie Jaco

Sal nog by jou kom koffie drink.

Re: Jakkalsgat Safaris 2014

Posted: Sun Feb 09, 2014 6:18 pm
by Jakkalsgat
Nog so paar naweke oop en baie Gemsbokke en Springbokke beskikbaar.