Page 1 of 1

Roepkursus in Pretoria

Posted: Wed Jan 08, 2014 6:02 pm
by nols
Goeie dag ! Wanneer beplan julle weer 'n roepkursus in Pretoria?

Groete Nols

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Thu Jan 09, 2014 5:06 pm
by Ryperd
Sub

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Thu Jan 09, 2014 5:18 pm
by douw
Sub-ryperd?

Goeie dag, gaan stel jouself voor by nuwe aansluitings by die voorportaal. Vertel ons sommer so bietjie van jouself, waar kom jy vandaan, waar woon jy? Wat maak jy vir 'n lewe, jag jy ens

Groete
Douw

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Thu Jan 09, 2014 5:39 pm
by Geno
douw wrote:Sub-ryperd?

Goeie dag, gaan stel jouself voor by nuwe aansluitings by die voorportaal. Vertel ons sommer so bietjie van jouself, waar kom jy vandaan, waar woon jy? Wat maak jy vir 'n lewe, jag jy ens

Groete
Douw
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=126&t=26886

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Thu Jan 09, 2014 7:17 pm
by douw
Dankie Geno

Ek het gesien by die bo-staande "post" dat dit op no.1 is.

Welkom Ryperd! Geniet dit hier!

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Fri Jan 10, 2014 7:46 am
by Ryperd
Voel jy beter Douw? ++>:

Ek is dalk nuut hier, maar ek ken forum etiket en het my gelukig reeds aangemeld as nuwe lid. :laugh:

Maar terug na topic, ek stel belang om so kursus te doen darom "sub" ek tot die topic. :angel:

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Fri Jan 10, 2014 7:52 am
by douw
Hallo Ryperd

Ek het nie die "sub" so lekker verstaan nie, dankie vir die verduidelik. Ek wou ook nie lelik wees om te vra dat jy jouself voorstel nie. Ek weet net hier is 'n paar manne wat sommer gou gou baie opgewonde raak, en dalk nie so vriendelik sou wees nie.

Wat vir my snaaks is, is daar het gestaan dat jy net een "post" het, so as jy net een het, is dit seker die een waar dit staan. Ek sien daar is iewers 'n probleem, want gisteraand het ek met iemand op ander "post" gesels en na 3 van sy "posts", toe staan sy hoeveelheid steeds op "0"

Weereens, baie welkom. Ek glo jy sal dit baie geniet hier asook lekker leer, en ek hoop jy leer ons ook lekker.

Groete
Douw

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Fri Jan 10, 2014 8:04 am
by Ryperd
Hi Douw,

Geen probleem. Ek het jou oorspronklike pos ook gesien as reghelp, en nie uitrap nie. :laugh: :laugh:

Gelukkig worry ek ook nie oor post counts nie, of ek nou hero of zero is vlg post count maak nie saak nie. Solank ek iets leer en waarde terug kan toevoeg.

Moet my net nie nou al vra oor skiet/jag nie... Wag nog vir kaartjie voor ek roer kry, en dit is my 1ste roer.

Lekker dag,

H

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Fri Jan 10, 2014 8:11 am
by Katefbessie
Ek stel voor dat Geno dit biki ernstig moet oorweeg om vir ons manne nog 'n kursussie te hou... hyt al genoeg ervaring , genoeg jakke geskiet, en genoeg kursusse bygewoon om homself goed van die taak te kwyt... dalk moet hy sy tjommie Jason saambring! Geno reaksie asb?

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Fri Jan 10, 2014 8:13 am
by Geno
douw wrote:Hallo Ryperd

Ek het nie die "sub" so lekker verstaan nie, dankie vir die verduidelik. Ek wou ook nie lelik wees om te vra dat jy jouself voorstel nie. Ek weet net hier is 'n paar manne wat sommer gou gou baie opgewonde raak, en dalk nie so vriendelik sou wees nie.

Wat vir my snaaks is, is daar het gestaan dat jy net een "post" het, so as jy net een het, is dit seker die een waar dit staan. Ek sien daar is iewers 'n probleem, want gisteraand het ek met iemand op ander "post" gesels en na 3 van sy "posts", toe staan sy hoeveelheid steeds op "0"

Weereens, baie welkom. Ek glo jy sal dit baie geniet hier asook lekker leer, en ek hoop jy leer ons ook lekker.

Groete
Douw
Douw,

1 - Lees hierdie topic: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=5918#p88178
2 - Sekere afdelings se posts dra nie by tot jou postcount nie. Dis om ouens te keer om gou 25 posts onder "Nuwe lede" te maak, dan kan hy adverteer.

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Fri Jan 10, 2014 11:35 am
by SNIPER
Hi Nols of kan ek maar se Buurman.

Ek bly hier op Nylstroom en skiet jakkies hier om my en het so 6 plase tot by Rakins pas en Alma waar ek ook jag.
Laat weet as jy ooit in die omgewing is of kom maak n draai ,my deur staan altyd oop vir enige Forum man.

Groete

SNIPER
0823267448.

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Fri Jan 10, 2014 4:48 pm
by douw
Geno wrote:
douw wrote:Hallo Ryperd

Ek het nie die "sub" so lekker verstaan nie, dankie vir die verduidelik. Ek wou ook nie lelik wees om te vra dat jy jouself voorstel nie. Ek weet net hier is 'n paar manne wat sommer gou gou baie opgewonde raak, en dalk nie so vriendelik sou wees nie.

Wat vir my snaaks is, is daar het gestaan dat jy net een "post" het, so as jy net een het, is dit seker die een waar dit staan. Ek sien daar is iewers 'n probleem, want gisteraand het ek met iemand op ander "post" gesels en na 3 van sy "posts", toe staan sy hoeveelheid steeds op "0"

Weereens, baie welkom. Ek glo jy sal dit baie geniet hier asook lekker leer, en ek hoop jy leer ons ook lekker.

Groete
Douw
Douw,

1 - Lees hierdie topic: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=1&t=5918#p88178
2 - Sekere afdelings se posts dra nie by tot jou postcount nie. Dis om ouens te keer om gou 25 posts onder "Nuwe lede" te maak, dan kan hy adverteer.

Dankie

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Fri Jan 10, 2014 8:16 pm
by nols
Baie dankie vir die uitnodiging Sniper! Ek gaan verseker nog by jou kom aanklop vir raad!

Groete Nols

Re: Roepkursus in Pretoria

Posted: Wed Apr 02, 2014 7:40 pm
by nols
Goeie naand! Wanneer beplan julle 'n roep kursus in Pretoria omgewing?