Page 1 of 1

Nie meer so nuut nie - Win270

Posted: Mon Dec 30, 2013 9:33 am
by win270
Ek woon in Randburg, maar is Boerklong uit-en-uit. Ek het in die Karoo grootgeword en gejag (nie "geskiet" nie!!) vanaf kettie, windbuks, .22 tot groter kalibers. Ek het honderde voëls, paddas, dasse, hase, ganse, ens geskiet in my sowat 18 jaar op die Karooplaas. Wild het takbokke, ribbokke, springbokke ingesluit. Van loop tot jy neerslaan agter die prooi aan, het ek BAIE gehad. Daar's niks beter as om dit behoorlik te ervaar nie, want dit leer jou deursettingsvermoë, bekruip tegnieke, baie dinge van die natuur en natuurlik van jou vermoë om te skiet onder baie verskillende omstandighede. Om 'n bobbejaan voor te sit (nie te "roep" nie ;-) ), was een van die groot "truuks" van daardie dae. Meer as een het met een skoot neergeslaan met my .308 Vrystaat model Musgrave in daardie jare.

My plakboeke as kind was vol van gewere en artikels wat oorlede Dr Lucas Potgieter in die reeks, "Die Boer en sy Roer" in die Landbouweekblad geskryf het. Ek het elkeen van hulle opgeslurp en was bevoorreg om Dr Potgieter slegs twee maande voor sy dood persoonlik te ontmoet in sy winkel, Die Kruitvat, toe ek my eerste teleskoop gekoop het. Ja, ek het AL die jare oopvisier geskiet en het 'n oom wat op 85-jarige ouderdom sy bevoegdheidsertifikaat weer suksesvol verkry het. Hy het nou die dag op 94-jarige ouderdom weer 'n bobbejaan op sy werf geskiet, sonder teleskoop.

Nietemin, ek is ongelukkig 'n stadsjapie sedert daardie grootword jare a.g.v. my beroep in die I.T. bedryf. My liefde vir die plaas, die natuur en gewere sal ek egter nooit verloor nie en daarom het ek in Nov 2013 by hierdie Forum aangesluit. Ek skiet nie jakkalse nie, maar my pa het BAIE jare gelede aan die jakkalsklub behoort en my baie vertel hoe hulle gejag het - "range finders" en teleskope was natuurlik toe nie ter sprake nie.

Hoop julle "verstaan" my nou ietwat beter! Ek geniet die Forum terdeë!

Re: Nie meer so nuut nie - Win270

Posted: Mon Dec 30, 2013 10:15 am
by Cobus(Cobb)
Nou maar welkom.
jou ouderdom is vir my onbekend maar uit jou voorstelling klink dit of jy al jaarrrree jag, skiet en met gewere werk en dat die bos en veld lewe deur jou are bruis
Ek sien nou sommer voorwaar uit na jou POSITIEWE bydraes waar jy jou kennis en ondervinding deel en nie te lank nie, dan vang jy sommer 'n lift op my trokkie vir 'n lekker jakkals JAG.....groot scopes, nie oopvisier nie want jy gaan net mis dan sit ons met slim vlekke..

Re: Nie meer so nuut nie - Win270

Posted: Mon Dec 30, 2013 10:22 am
by win270
Hmmm, jy dink so?!

Re: Nie meer so nuut nie - Win270

Posted: Mon Dec 30, 2013 10:40 am
by mariusr
Mooi win270 weet net nie van jou padda jag nie? :o ++>: :):

Re: Nie meer so nuut nie - Win270

Posted: Mon Dec 30, 2013 10:51 am
by win270
Dit was om die kettie "ingestel" te kry en sommer ook om die geelslange in die plaastuin te verminder!

Geweet daar gaan manne wees wat die paddaskietery vreemd sou vind . . . ek het tot Ice Cream karre in die U.K. met ys geskiet as hulle my middagslapie in die lang somersmiddae met hul elektroniese sirenes kom onderbreek het . . .!! Dit was groot lekkerkry!

Re: Nie meer so nuut nie - Win270

Posted: Mon Dec 30, 2013 12:16 pm
by PITSMIT
welkom win270 at least skiet jy n oordentlike kal haha geniet dit hier

Re: Nie meer so nuut nie - Win270

Posted: Mon Dec 30, 2013 1:55 pm
by Marc
Welkom Win270

Al die jare se vaskyk in die stads gejaag eis ook seker maar sy tol, nou is dit dalk weer 'n goeie tyd om te dink aan daai visdam aanbring en padda lok truuks afstof.

Ek ken toevallig ook 'n Tannie van 80 wat vrou alleen 'n wildplaas, tabak lande en beesboerdery behartig, in Oom Jan van Till se wêreld. Sy laat val nog gereeld Varkies in en om haar lande self. Sy het ongelukkig 'n teleskoop op haar geweer, al is hy net so oud soos die roer homself.....ek gaan verseker nie vir haar sê sy is nie 'n jagter nie....

Geniet dit hier saam met ons, kuier lekker saam maar erken tog dat hierdie 'n groot kampvuur is met baie diverse sitplekke om hom.

Mooi loop
Marc

Re: Nie meer so nuut nie - Win270

Posted: Mon Dec 30, 2013 5:23 pm
by mariusr
As die antie nog mooi is? :confused: kan dit bargain wees! ;D :o ??? ++>:

Re: Nie meer so nuut nie - Win270

Posted: Thu Jan 02, 2014 12:52 pm
by KalahariKlong
Baie welkom hier by ons.

Re: Nie meer so nuut nie - Win270

Posted: Thu Jan 02, 2014 1:42 pm
by Geno
Welkom op die forum waar ons oa. jakkalse jag en langafstand jag.
Hier sê ons 'n ding soos dit is. Ons dodge nie konflik deur iets tong in die kies te noem nie.

Geniet dit hier, en pas mooi in.

Groete
Eugene