Page 1 of 400
Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!
Posted: Sun Dec 29, 2013 4:11 pm
by Jakkalsgat
Goed manne hierdie is die Hi-jack topic en nooi ek elke "Hijacker" om nou hier te kom deelneem en te gesels oor wat ookal, hier kan almal deelneem en niemand mag kwaad raak vir niemand nie maar jy mag wel ander onderwerpe hier kom "Hijack". Jy moet net die onderwerp noem en van die punt af hier kom "post", dan is jy welkom om jou kwinkslae hier te toets.
Maak met hom wat julle wil.
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 4:32 pm
by Frikkie Coetzee
JG
Wie het jou m so gekoer????
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 4:42 pm
by BRNO (Pierre)
Dit is vir my absoluut verk@k dat hier nog nie so onderwerp begin is nie. Nou word dit deur die high jacker generaal begin. Sterkte Jaco. Ek reken jy gaan hier met jouself gesels, aangesien niemand op die forum homself uitleen tot die gedrag waarvoor jy nou vra nie.
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 4:47 pm
by ou Bles - Gert
Reg ek sal sommer begin met n Hijack. Nuwe jaars voorneme: Wie het al voornemings gemaak wat langer as 3mnde gehou het? En wie kan vertel van n voorneme wat by gehou is? Ek persoonlik maak nie voornemings nie want daar kom net mooi niks daarvan nie. So laat ons hoor wat jul te sê het
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 4:52 pm
by Jakkalsgat
Gromit
Glad nie die moer in nie, net my eie bedompige self en dit wil my voorkom "hijackers" soek eers aanknopingspunt om iets gese te kry. Party tik net omdat hy dink hy het 'n beurt die oomblik as hy by 'n onderwerp gaan lees.
Gert
Ek is van voorneme om geen voornemens te he nie
Groete
Jaco
Ps: Sommer net 'n lekker kikpraat "topic".
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 4:53 pm
by Eugene
Frikkie, dis nou eers Kersfees in Bloem en Gatjakkals sit nou met die inlaws.....
Moet dit wees!
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 5:08 pm
by Boertjie
My 2c is dat hierdie topic al lankal begin moes gewees het
Maar net my 2c
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 5:24 pm
by Freddie101
Boertjie
Jou Koeel se punt se zimsent man
My verlore krugerpond
Wat ek by S & O gespandeer het op die beste langafstand kaliber met die beste waarde vir geld teleskoop wat Nikon nog gemaak het. Quick load se voorspelling het dit moonlike gemaak.
Jammer vir die Hallo Jan. Maar ek kon dit nie weerstaan nie.
Wou nog sê dat hierdie nie jag of stront prat genome kan word nie
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 6:11 pm
by Hugov
Dankie vir die waarheid Pierre!
Is nou al mooi keelvol vir n sekere gatjakkels se gesanik
Laat hy val waar hy wil!
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 6:23 pm
by cassie_calvinia
jakkals
ek hoor ekt 'n eland by jou gescore
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 6:40 pm
by stan man
gescore??
cassie jy sal moet presteer om so gelukkig te wees. daardie boet van my is oor jag soos n klein bobbejan oor snot.
maar ek moet jou punte gee vir probeer!!
ekself sou ook nie mind om n ou bokkie te score nie. selfs al is dit n ou takbokkie.
ek , en ek dink jaco ook is deur n sekere'' troep'' n koedoe jag belowe .ek dink egter dit is die naaste wat ons aan daardie jag sal kom,as ons daaroor droom. dan is hier ook n baie on aktiewe lid hier op die forum wat hart en mond vlakvark jagte belowe en dan gebeur daar absoluut niks .ek het net gister weer gehoor hy en sy een vriend het weer varkies gepiets.
verder hoop ek ,ek en jaco kan hierdie jaar weer n slag saam in die jagveld beland. dit is nou die een voorneme vir hierdie nuwe jaar wat ek hoop om gestand te kan doen.
en dan moet ek vir jaco dankie se vir die lekker verkyker wat hy vir my persent gegee het.daardie amerikaanse far away bringbacker is van die beter stukkies toerusting wat ek nog mee gewerk het.
nou het ek myself ook sommer gehijack. dankie vir die geleentheid.
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 7:23 pm
by Fano
Hi Vriende
Dankie vir die vrywaring van kwaai reaksie ek mag dit dalk nodig he. Ek sluit aan by twee ander onderwerpe sodat ek nie hulle onderwerpe hijack nie:
1. Gunsteling jag tydskrif.
2. Keuse van geskikte koeels vir jag (baie goeie artikel Stefan - iets wat elke jagter behoort te lees.)
Ek reken ons beskou onsself almal as etiese jagters met al die debat van wat dit presies behels. Die een punt wat ek glo ons almal oor kan saamstem is dat die prooi so gou en pynloos moontlik gedood moet word. Korrekte keuse van kaliber en koeel vorm natuurlik deel hiervan. Elke jag seisoen word die forum oorval deur vrae van korrekte kaliber/ koeel keuses om sekere wild mee te jag. As ek kan opsom soos ek dit sien: mens kan 'n bees met 'n .22 skiet, maar skoot plasing is absoluut kardinaal en die ruimte vir foute raak net baie klein.
Vandag ek 'n week gelede 'n jag tydskrif by my Pa gelees het (een wat ek gewoonlik nie koop nie) is daar iets wat my pla. In die tydskrif word 'n bok spesie in elke uitgawe bespreek en toepaslike keuses van (minimum) kalibers word aanbeveel. In die foto afdeling van dieselfde tydskrif is daar verskeie fotos van heelwat groter wildspesies wat met heelwat kleiner kalibers gejag is. Ook varminting koeels wat op wild gebruik is. My "issue" is of jag tydskrifte 'n verantwoordelikheid behoort te he om fotos van hierdie aard te "sensor", dws waar duidelik afgewyk word van aanbevelings van toepaslike kaliber keuse vir 'n spesie. Ek glo daar is ouens wat goed genoeg skiet om die selfvertroue te he om groot wild met klein kalibers te skiet, maar is dit werklik die voorbeeld wat ons as "verantwoordelike" jagters wil voorhou?
Ek skat ek moet nou begin koes.
Groete.
Fano
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 7:29 pm
by Jakkalsgat
Fano
Baie dankie, dit is die tipe van goed wat ek hier wil sien waar ons 'n opinie kan gee oor iets wat deur 'n ander onderwerp "getrigger" is want dit is tog hoekom onderwerpe " gehijack" word en dalk kan iemand dan die nodigheid sien vir so onderwerp.
Hoop jy kry antwoorde op jou vrae.
Groete
Jaco
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 7:39 pm
by HEINBMW
Ek gaan more grondmanne skiet.
Hein
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 7:41 pm
by Jakkalsgat
Geniet
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 7:51 pm
by Johan Nel
Fano wrote:Hi Vriende
Dankie vir die vrywaring van kwaai reaksie ek mag dit dalk nodig he. Ek sluit aan by twee ander onderwerpe sodat ek nie hulle onderwerpe hijack nie:
1. Gunsteling jag tydskrif.
2. Keuse van geskikte koeels vir jag (baie goeie artikel Stefan - iets wat elke jagter behoort te lees.)
Ek reken ons beskou onsself almal as etiese jagters met al die debat van wat dit presies behels. Die een punt wat ek glo ons almal oor kan saamstem is dat die prooi so gou en pynloos moontlik gedood moet word. Korrekte keuse van kaliber en koeel vorm natuurlik deel hiervan. Elke jag seisoen word die forum oorval deur vrae van korrekte kaliber/ koeel keuses om sekere wild mee te jag. As ek kan opsom soos ek dit sien: mens kan 'n bees met 'n .22 skiet, maar skoot plasing is absoluut kardinaal en die ruimte vir foute raak net baie klein.
Vandag ek 'n week gelede 'n jag tydskrif by my Pa gelees het (een wat ek gewoonlik nie koop nie) is daar iets wat my pla. In die tydskrif word 'n bok spesie in elke uitgawe bespreek en toepaslike keuses van (minimum) kalibers word aanbeveel. In die foto afdeling van dieselfde tydskrif is daar verskeie fotos van heelwat groter wildspesies wat met heelwat kleiner kalibers gejag is. Ook varminting koeels wat op wild gebruik is. My "issue" is of jag tydskrifte 'n verantwoordelikheid behoort te he om fotos van hierdie aard te "sensor", dws waar duidelik afgewyk word van aanbevelings van toepaslike kaliber keuse vir 'n spesie. Ek glo daar is ouens wat goed genoeg skiet om die selfvertroue te he om groot wild met klein kalibers te skiet, maar is dit werklik die voorbeeld wat ons as "verantwoordelike" jagters wil voorhou?
Ek skat ek moet nou begin koes.
Groete.
Fano
Daar is 'n verskil tussen aanbeveling (nie afdwingbaar nie) en 'n wet of 'n regulasie wat afdwingbaar is. Dus lei ek af dat jy beswaard kan wees oor die saak, maar dat daardie persone wat nie hou by daardie aanbeveling nie, niks verkeerd doen nie.
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 7:56 pm
by Marc
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=34&t=27962 Langafstand skieters
Se my gou, as jy se jy is n Golfer, mag jy van n karretjie gebruik maak met n GPS wat vir jou presies aanwys hoe die baan voor uit loop en tot op die meter die afstand na die pen toe aandui.... Of is jy dan bloot n bal slaner

onderskei hulle in die klubhuis tussen n Golfer en n Bal slaner of maak hulle vleis gaar oor dieselfde kole

Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 7:59 pm
by Marc
Jakkalsgat wrote:Fano
Baie dankie, dit is die tipe van goed wat ek hier wil sien waar ons 'n opinie kan gee oor iets wat deur 'n ander onderwerp "getrigger" is want dit is tog hoekom onderwerpe " gehijack" word en dalk kan iemand dan die nodigheid sien vir so onderwerp.
Hoop jy kry antwoorde op jou vrae.
Groete
Jaco
Nou wanneer lig jy jou beskeie opinie, ek wag in spanning

Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 8:22 pm
by Eugene
Marc wrote:http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=34&t=27962 Langafstand skieters
Se my gou, as jy se jy is n Golfer, mag jy van n karretjie gebruik maak met n GPS wat vir jou presies aanwys hoe die baan voor uit loop en tot op die meter die afstand na die pen toe aandui.... Of is jy dan bloot n bal slaner

onderskei hulle in die klubhuis tussen n Golfer en n Bal slaner of maak hulle vleis gaar oor dieselfde kole

Daai is 'n bitter onregverdige vergelyking, Sies vir jou Marc!
Want elke tweede ou wat gaan golf speel vir die 19de putjie, 'n golfkarretjie en caddy gebruik vir die oefening en 'n golf GPS gebruik vir die afstande, is 'n golfspeler!
Maar net ouens wat hulle bokke ONDER 300m kwes, is jagters. Die res is skieters....
Ek wag nog vir die dag wat "hulle" besluit net manne wat hulle bokke met Tikka's en Sako's, met Swarovski glase, Berger koeels en PMP doppe skiet, is regte jagters en die res is skieters.... Wonder wat gaan al die woordkonings dan sê....
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 8:23 pm
by Jakkalsgat
Marc
Dis mos nou eenvoudig, as jy net staan en balle slaan en kyk hoe ver jy hulle kan slaan is jy eenvoudig 'n drywer want jy voltooi nie spel nie. Net so as jy heeldag net le en gonge skiet op al hoe verder afstande maak dit nie van jou 'n langafstand jagter nie maar wel 'n langafstand skut. Jy kan wel in albei gevalle op 'n stadium die spel voltooi maar dit maak steeds nie van jou golfer of langafstand jagter nie want slegs as jy dit aanhoudend doen kan jy jouself kwalifiseer as een van die sportmanne.
Die vraag bly steeds of dit regverdig en eties korrek is om jou vaardigheid op 'n lewende wese te oefen terwyl daar soveel veranderlikes in die natuur is. Verder moet jy ook as jy strewe na iets en daarvoor baklei somtyds uitdagings ook aanvaar om jou vaardigheid te toets.
Ek moet egter vir jou se dat ek nie kan langafstand skiet of golfspeel nie maar ek wil graag saam albei braai want net dalk tel ek 'n tip op.
Groete
Jaco
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 9:13 pm
by Stefan764
Lekker Jaco
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 9:13 pm
by grumpy
Marc,
Jy kry die goue sterretjie vandag. Nou lekker gelag.
Die manne skiet en nou slaan party die bokke met balle! Waar is die shot placement?
Ek lees so rond en wag vir die sweer om te bars. Ek het nou net baie popcorn en iets koud gekry. Sommer n wetsuit en goggles met n snorkel sodat en nie verstik of versmoor nie. Die fins is ook klaar aan die voete.
Ek sien Jaco sit ver so dit gaan lank vat voor dit hom tref. Einde van die jaar, humeure is kort en gemoedere loop hoog! Frustrasies moet uit want mamma kla daar is te veel spandeer op die nuwe skiet goed!

Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 9:27 pm
by Marc
Y
Stefan764 wrote:Lekker Jaco
Af nee Stefan, jy kan sekerlik beter as dit doen
Jaco ek het net gou weer gaan kyk.....jip daar word verseker meer bokke onder 200m gekwes elke jaar as wat daar oor 300m gekwes word
Onthou tog dat ek ook twee of drie keer n jaar die vooreg het om n draai te loop in die veld en ja ek dra en slag self my bokke

in teen deel het ek tot vandag nog nie eens aangele na n lewende wese met my langafstand geweer nie, ek maak nou al 18 maande doppies met hom
Dalk moet ek eerder een van daai R2000 Enfeilds gaan aanskaf by Camdix en n Bedford vol Springbokke gaan maak met vier vriende. Kyk dan sal ek darem jagter wees !!!
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 9:34 pm
by Jakkalsgat
Marc wrote:
in teen deel het ek tot vandag nog nie eens aangele na n lewende wese met my langafstand geweer nie, ek maak nou al 18 maande doppies met hom
Marc
So wat is jy nou, langafstandjagter of skut en braai jy saam, ja of nee?
Re: Hijacking en ander braaksels
Posted: Sun Dec 29, 2013 9:42 pm
by Jakkalsgat
Marc wrote:
Jaco ek het net gou weer gaan kyk.....jip daar word verseker meer bokke onder 200m gekwes elke jaar as wat daar oor 300m gekwes word
Marc
Skuus ek het die een gemis en net gou gaan kyk, jy is reg dis wel so maar ek sien darem dis omdat daar meer sulke skote geskiet word.
Sien ook dat daar meer swart inbrekers in SA gevang word as blankes, sal dit ook iets met getalle te doen he.
Dink jy nie dalk ons moet na persentasies kyk eerder as na getalle nie, sal dit nie dalk 'n duideliker prentjie gee nie.