Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ons is 'n familie van so 8 - 10 (broers en suster met groot kinders) wat graag die naweek van 12 tot 15 Junie vir biltong wil jag. Die laaste naweek in Mei of Junie sal ook pas. Meestal springbok, maar koedoe en blesbok sal ook werk.
Ek is in die Kaap, my broer in Bloem en suster in Pretoria!! So verkieslik iewers in die middel van die spul!!
Email asb pryse, tipe blyplek en geriewe na mdkotze@mweb.co.za of bel my by nul 8 twee 5 sewe agt 7 vyf 6 vier of pm my hier op die forum.
Ek het reeds vir Jakkelsgat en Tokjak ook emails gestuur, maar wil die net so wyd as moontlik gooi.
Dawie, as dit vir julle gaan pas kan ek vir jou die nodige laat kry van die plek waar ek gaan jag. Die geriewe is uitstekend.
Slagkamer met koelkamer,baie Springbok,nog meer Koedoes en die verblyf en gasvryheid uit die boeke.
Plaas lê tussen Klaarstroom en Willowmore