Speelding

Post Reply
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Speelding

Post by grumpy »

Ek kyk om vir my n wapen te koop wat ek baie meer mee kan skiet as die 300-6 en die 375.

Ek kyk na 222, 223 243 en 204. Wat sou julle se is die mees praktiese wapen om te koop wat goedkoop is om te herlaai en te gebruik op die skietbaan om die oog in te hou. Miskien as die geleentheid daar is om dan sommer klein wild ook te jag met hom. Dit sal nie my hoof jag geweer wees nie maar meer baan geweer en dan kan vroulief ooksommer saam op die baan skiet met hom as ek diegroter kalibers skiet.

ek lees wat julle manne voorstel en kyk seker weer na die Howa.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Speelding

Post by Pvdw »

Defnitief die 223 of 204. Komponente is goedkoop en vrylik beskikbaar. 223 het net daai bietjie meer oemf as die 222 en 243 is nie so goedkoop as die ander 3 nie. 243 se looplewe is ook korter as die ander 3.

Ek persoonlik het 'n 223 en sal hom kies bo die 204 vir die eenvoudige rede dat hy darm 55gr koeëls skiet teenoor die 204 se 30-35gr. Indien jy eendag wil gaan jag met hom sal ek net effe veiliger voel met die 223 as met die 204.

Die 204 se trajek is nou weer iets anderds en dis waar hy punte score.

Ek sou sê tussen die 223 en 204 is dit persoonlike keuse.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Speelding

Post by Hein22 »

Moet nie die 22-250 vergeet nie.
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Speelding

Post by johans »

ek sal ook vir die 223 gaan,ek skiet lekker jakkals,springbok en blesbok met myne
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Speelding

Post by HennieC »

Grumpy
Ek het ook 'n 223 en skiet van af meerkat tot 'n waterbok met hom.
Het ook al brahman os geskiet vir slag.
Die ammo is goedkoop en so hier en daar loop mens die FMJ raak.
Tussen die 222 en 223 dink ek dis die geweer vir lekker skiet en speel.
Die 204 in die regte hande sal net so goed werk maar sekere plekke sal hom dalk nie toe laat nie.
Ek dink die 204 is iets besonders soos die 220 swift.

Groete
Hennie.

PS. My 223 is die Vektor H5 en hy geniet die ou army issue.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Speelding

Post by Ratel »

Grumpy
Ek glo al die roere wat jy genoem het gaan lekker wees vir die baan en soos wat jy se om jou oog in te hou. Ek het gevind dat 223 ekonomies is om te herlaai en veral dat punte en doppe nooit skaars is hier by ons nie. Ek geniet my 223 baie. Ek moet se ek sal hou daarvan om die 204 te skiet. Klink vir my na 'n haastige knaap.
Maak 'n verskil
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7991
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Speelding

Post by Arnold »

Omdat ek nie die 204 ken nie en nie weet hoe komponente se beskikbaarheid is nie sou ek die 223 voorstel. Ek het myne baie geniet en hy het werklik mooi geskiet.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Speelding

Post by Pvdw »

Miskien as die geleentheid daar is om dan sommer klein wild ook te jag met hom.
.22 long rifle
Piet vir die kleinwild gaan die 22 nie so lekker werk nie. Wel een van die beste baanskiet roere.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13532
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Speelding

Post by Capt. Yoda »

.204

.204

.204
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LongWolf
Hero Member
Hero Member
Posts: 832
Joined: Sat Mar 09, 2013 2:39 pm

Re: Speelding

Post by LongWolf »

Hein22 wrote:Moet nie die 22-250 vergeet nie.

+1
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Speelding

Post by Geno »

Pvdw wrote:Ek persoonlik het 'n 223 en sal hom kies bo die 204 vir die eenvoudige rede dat hy darm 55gr koeëls skiet teenoor die 204 se 30-35gr. Indien jy eendag wil gaan jag met hom sal ek net effe veiliger voel met die 223 as met die 204.
.204 koeëls is beskikbaar vanaf 26gr tot 55gr
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Speelding

Post by cassie_calvinia »

sal nie die 22-250 aanbeveel nie, tensy jy elke 2de jaar wil loop posit. die 22-250 spesialis kaliber, en dit moet vir jou die moeite werd wees
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Speelding

Post by Marc »

22-250 = dop volume = kruit gebruik ???

Grumpy kry 'n .223 as Piet vir jou surplus army ammo kan reel. So nie kyk na die .204 ;)
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Speelding

Post by grumpy »

Baie dankie vir julle opinies. Lyk my die 223 is in die meerderheid aan beveel. Nou is dit die soektog vir een en n ordentlike prys! Die eier word gewoonlik uit die hoender geruk nog voor sy op die nes is! :)

Sal kyk in die nuwe jaar en dan vir my n 223 aanskaf tensy daar n bargain skielik kom dan moet mens gryp!

Weereens baie dankie aan almal wat bydrae gelewer het!

>:(
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Speelding

Post by Pvdw »

.204 koeëls is beskikbaar vanaf 26gr tot 55gr
En daar leer ek weer iets ;)
HEINBMW
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Sat Feb 02, 2013 9:25 pm

Re: Speelding

Post by HEINBMW »

.204 En veral nou dat ek hier lees wat G- force se dat daar nou meer gewigte punte beskikbaar is. ;D

Hein
User avatar
karelroos87
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Mon Dec 03, 2012 7:51 pm

Re: Speelding

Post by karelroos87 »

Ek voel ook kry eers n lekker .22LR, dit is die lekkerste baan speel geweer en ammo vir n pak van 500 het ek noudie dag net so onder die R400 betaal. dis so 80 cent n skoot. skiet tot jy nie meer wil nie. :laugh:
Gee n man n stukkie biltong en hy eet lekker een keer, maar leer n man om te jag. . . . . . . dan eet ander mense sy biltong!
baas
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm

Re: Speelding

Post by baas »

Ek sou eerder n .243 vat dan het jy sommer n lekker vlakte geweer ook!!!!
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Speelding

Post by grumpy »

Die 375 kan hom ook gooi met 200gr punte vir vlakte!!
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Speelding

Post by Roger »

.223Rem

Ek geniet hom stukkend :-)
Too many to mention ;-)
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Speelding

Post by Armand Steenkamp »

Grumpy,
Ek sou se vergeet van die 243. Ek het hom en hy kos maar amper dieselle as die 308 om te herlaai.

Sou ook se vat die 223. Ek soek self een, maar waar die geld moet vandaan kom sal geen mens weet!!

Groetnis
baas
Full Member
Full Member
Posts: 179
Joined: Thu Aug 22, 2013 7:54 pm

Re: Speelding

Post by baas »

Ja 375 met 200gr werk vir vlakte maar kas so R17 om n petroon te laai. Dis reeds hoekom ek n 243 jekoop het, Grumpy
The difference between Men and Boys is the SIZE of there toys
Riaan Botha
Post Reply