Page 1 of 1

Mak Jakkals mis

Posted: Mon Dec 23, 2013 8:26 pm
by slang
Naand mense,

Ek mag tans nie in die nag jag nie, laaaaaang storie, ek het nou by my n jakkals wat pla en ek kry sy merkplekke. n Man hier naby my het n mak jakkals wat hy slegs Epol voer. Kan ek die mak jakkals se mis gebruik om as lokaas te gebruik om ysters te stel vir my wilde jakkals? Sal die Epol mis werk?

Enige raad word waardeur

Jannie

Re: Mak Jakkals mis

Posted: Mon Dec 23, 2013 8:43 pm
by Cobus(Cobb)
Twyfel, dis sal mos maar net honde mis wees....
Vertel bietjie daai laaaang storie.

Re: Mak Jakkals mis

Posted: Mon Dec 23, 2013 8:56 pm
by mariusr
Lekker lag ek nou vir daai epol jakkie! Dink dis die piepie wat tel nie die bollie nie?

Re: Mak Jakkals mis

Posted: Mon Dec 23, 2013 9:04 pm
by slang
mariusr wrote:Lekker lag ek nou vir daai epol jakkie! Dink dis die piepie wat tel nie die bollie nie?

Ek het ook gedink dis snaaks, hy gee hom nie eens n ou beentjie nie!!!

Re: Mak Jakkals mis

Posted: Tue Dec 24, 2013 7:51 am
by smitjs
Slang, ek weet nie of dit nodig is om lokaas te gebruik by 'n merkplek nie. Honde mis mag die saak dalk bespoedig, maar om om 'n merkplek te stel, is 'n seker saak, lokaas of te niet.
Voorspoed!

Re: Mak Jakkals mis

Posted: Sun Dec 29, 2013 4:39 pm
by Niel Viljoen
Slang ek dink smitjs het hom mooi opgesom.
Jy het goed gedoen om eerstens jou voetspore in die veld te kry en jou huiswerk te doen, is alvorens altyd ons wegtrek punt by enige manier van predatoor beheer.
Merkplekke is die geselsplekke van die jakkalse n paar belangrike puntjies om te onthou as jy begin merkplekke raakloop is eerstens om seker te maak jy het te doen met die merkende jakkalse maw die span wat agressie met misplekke aandui dws mis wat so geplaas word sodat ander jakkalse dit wel sien en raakloop. Sien: dan word mis gewoonlik hoog geplaas bo op plante, bosse, graspolle, klippe of miershope. Raakloop: Jakkalse het van nature seker looproetes topografie en wind speel hier die bepalende faktor, en hier word mis gewoonlik geplaas by voetpaadjies, tweespoor voertuig veldpaaie, laagtes tussen berge (nekkies) op die neuse van hoogtes, water ens.
Dit is die agressie van die merkplek wat vir jou die frekwensie van besoeke aandui, maw die aantal boodskappies bo op die bos. Hoe hoer die frekwensie hoe beter jou kans. Deur doodgewoon net by so n merkplek te stel staan jy reeds n kans om iets te kry, geduld is hier maar net soos by roep en skiet uiters belangrik. Los jou ysters vir ten minste drie weke.
As ons die agressie van die dier wil uitbuit dan bespoedig ons eenvoudig net die proses deur die dier se instink om sy area te beskerm uit te buit. Maw verhoog sy frekwensie van besoeke.
Hier nou jou vraag oor mak jakkals mis en of doodgewone hondemis. Saam met die verhoging van die frekwensie wil ek ook graag die tyd wat die jakkals by die merkplek spandeer verhoog hoekom ek dit doen is om die aantal voetplasings rondom die merkplek tot maksimum te verhoog, maw my vang kans te verbeter. My ondervinding met mak jakkals en hondemis is dat ek miskien n verhoging in die frekwensie kan bewerkstellig maar die dier verloor gou belangstelling en my voetplasings by die stelplekke is drasties minder.(Hul besoek selfs die merkplek op n afstand twee tot drie meter onder die wind) Maw hy spandeer baie minder tyd, belangstelling by die merkplek wat weer my vang kanse verswak.
Gewoonlik kry ons dwarsdeur die jaar agressie by buite territoriale merkplekke met n taamlike verhoging in agressie(frekwensie) eerstens: vanaf Maart tot Junie, aanloop tot paartyd en ook tydens die dragtigheid van tewe en tweedens tydens die eerste drie weke nadat die teef kleintjies gekry het merk sy aggresief n area rondom teelgate.(Moet nooit jou ysters by teelgate stel nie!!)
So die beste mis/Uriene bly maar nog die ware Jakop.

Hoop dit help.
Groetnis
Niel

Re: Mak Jakkals mis

Posted: Sun Dec 29, 2013 6:20 pm
by slang
Baie dankie Niel vir die mooi verduidelikking, al hoe n mens leer is om te vra, dankie

Jannie

Re: Mak Jakkals mis

Posted: Sun Dec 29, 2013 6:53 pm
by Freddie101
Niel
Bly om te sien jy het hier op die forum weer n draai gemaak.

Dit is altyd lekker om jou wyshede hier op die forum te lees.

Groetnis Freddie