Page 1 of 1
Karoo Lam "Famous"
Posted: Fri Dec 20, 2013 11:01 am
by Skolla
Manne van die Karoo, help n bietjie.
"Famous" Karoo Lam?
Ek sien Karoo Lam het nou n status?
Die veld moet glo sekere plant spesies hê of ten minste 2 soorte oor 60% van die area?
Kry die produsente voordeel hieruit?
Is daar weer skuiwer gate?
Die lam kan van n ander area kom maar moet ten minste ses maande op die spesifieke veld loop?
Is dit net sekere tipe skaap?
Die lam se oorsprong kan na gevolg word tot op n spesifieke plaas. Hoe waterdig is dit?
Vertel asb meer hieroor, is vir my n interesante onderwerp.
Skolla
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Fri Dec 20, 2013 11:08 am
by Sako75
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Fri Dec 20, 2013 12:12 pm
by Skolla
Indrukwekkend.
Dankie.
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Fri Dec 20, 2013 3:48 pm
by Frikkie Coetzee
Ek is maar skepties oor die ene.
Vind dit baie intressant om te sien wie sit op die bestuur. Hoekom is daar niemand van die Boere nie?
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Fri Dec 20, 2013 7:34 pm
by Christo
Nou kort ons net 'n proe kompetisie om te sien wat werklik in karoolam steek. My vrou se dorpers(ek noem hulle "ounooi se honne") is vrek lekker, 'n karoo skapie sal sy proe moet ken.
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Fri Dec 20, 2013 7:38 pm
by cassie_calvinia
Christo wrote:Nou kort ons net 'n proe kompetisie om te sien wat werklik in karoolam steek. My vrou se dorpers(ek noem hulle "ounooi se honne") is vrek lekker, 'n karoo skapie sal sy proe moet ken.
ek weet nie hoekom bolandse boere altyd dink hul skaap is lekker nie

Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Fri Dec 20, 2013 8:27 pm
by Christo
cassie_calvinia wrote:Christo wrote:Nou kort ons net 'n proe kompetisie om te sien wat werklik in karoolam steek. My vrou se dorpers(ek noem hulle "ounooi se honne") is vrek lekker, 'n karoo skapie sal sy proe moet ken.
ek weet nie hoekom bolandse boere altyd dink hul skaap is lekker nie

Iewers in April sal ek maar paar tjoppies moet sny en kom kuier, of hoe?
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Fri Dec 20, 2013 8:37 pm
by cassie_calvinia
Christo wrote:cassie_calvinia wrote:Christo wrote:Nou kort ons net 'n proe kompetisie om te sien wat werklik in karoolam steek. My vrou se dorpers(ek noem hulle "ounooi se honne") is vrek lekker, 'n karoo skapie sal sy proe moet ken.
ek weet nie hoekom bolandse boere altyd dink hul skaap is lekker nie

Iewers in April sal ek maar paar tjoppies moet sny en kom kuier, of hoe?
virseker!!
dan braai ons heel naweek!
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Sat Dec 21, 2013 12:53 am
by Rooies
Christo
Jy val mos in die Tankwa Karoo... hoe het Cassie dit dan nou

die boland eindig mos by Beinskloof of hoe
Dalk moet hy saam St toe dat ons hom reg leer
groete
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Sun Dec 22, 2013 2:21 pm
by Christo
Topografies en reenval val ek seker in die Karoo, maar die Boland grense se^ ek val in die Boland. Al bly ek al sedert 1989 hier bly ek maar 'n "inkomer" en sal ek altyd 'n misplaasde Vrystater bly.
Reds, die StNowhere ding klink na die regte plan, al wat pla is 2015 is hopeloos te ver. Ek sal maar 'n paar manne moet soek wat April 2014 wil gaan visvang. Al is dit net vir 'n week.
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Sun Dec 22, 2013 3:42 pm
by Hennie Dreyer
Manne..... ek het net begin dink die raaisel rondom skaap en lam gaan hier uitgesorteer word.
Nou word dit alweer iets anders.
Agtergrond: Baaaaaaaaie jare terug, as jy by 'n slaghuis aankom en jy vra vir lamtjops het jy dit gekry. Maar probeer dit vandag. Jy gaan dit nie kry nie, virseker nie.
Jy kry eerder 'n Australiese boerbok of 'n ou skaap. 'n Vriend wat 'n slaghuis gehad het, het een aand na 'n paar biere gebieg dat snaakse dinge wel gebeur.
Nou wil ek weet....is daar nog earlike slaghuise, en waar is hulle?
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Sun Dec 22, 2013 6:06 pm
by Boskamper
As jy my vra ? is dit n nuwe verkoop foefie, om die prys hoog te hou, het anderdag oor die radio gehoor dit gaan oor aanvraag, wat die prys bepaal, en die uo wat daai lam, dorp toe bring maak nie die baie geld nie, maar die ou wat hom in die rak sit, of is ek verkeerd,

???
Sal onmiddelik verskoning vra "by voorbaat"
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Sun Dec 22, 2013 7:03 pm
by Heinz Petersen
Ek reken die Karoo Lam storie is weer op die been gebring deur net n paar mense tot hulle voordeel. As daar n paar honderd karkasse hang wil ek sien wie van die slagters gaan n Karoo Lam uitken. Die man op straat gaan Karoo Lam se prys betaal vir gewone lam, want hy gaan nie die verskil kan sien nie.
Ek weet nou nie of ek in daai streek val nie, maar as ek n klomp skaap het wat slagpale toe moet gaan wie gaan hulle kom keur vir Karoo Lam of gewone lam en hoe lank gaan ek moet wag dat daar n inspekteer by my gaan uitkom. Dan moet die veld ook nog geinspekteer word.
Weet nie hoe hierdie "kite" gaan vlieg nie.
Groete
Heinz
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Sun Dec 22, 2013 7:10 pm
by Heinz Petersen
Christo wrote:Topografies en reenval val ek seker in die Karoo, maar die Boland grense se^ ek val in die Boland. Al bly ek al sedert 1989 hier bly ek maar 'n "inkomer" en sal ek altyd 'n misplaasde Vrystater bly.
Reds, die StNowhere ding klink na die regte plan, al wat pla is 2015 is hopeloos te ver. Ek sal maar 'n paar manne moet soek wat April 2014 wil gaan visvang. Al is dit net vir 'n week.
Ek kry solank my vistokke reg. Sit my naam op jou lys.
Heinz.
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Sun Dec 22, 2013 7:22 pm
by wlm
Die "branding" van enige produk en die naspeurbaarheid van die produk van die plaas tot in die huisvrou se trollie is die twee aspekte wat hier van belang is.
Die vraag is nie of die produsent voordeel uit die handelsmerk gaan trek nie, dis eerder wat gaan hy in die toekoms verloor as hy aanhou om sy lammers net as "vleis" gaan bemark. Kyk maar die skade wat in Europa aan die vleisbedryf gedoen is met die onlangse perdevleisskandaal en so 'n rukkie terug met malkoeisiekte (Jakob-Kreutzveldt).
Die handelsmerk gaan dus ook oor die waarborg wat gegee word dat die diere op natuurlike weiding geloop het en dat sekere voorskrifte rondom die gebruik van chemiese middels, ens. gevolg is.
Die smaak is ook belangrik. Hoeveel mense ken nog die smaak van 'n werfhoender (teenoor die vaal vleis van battery-hoenders), vars melk (i.v.m. boksie-melk) of die vleis van 'n vark wat darem bietjie kon rondloop en kweek uitvroetel voor die .22'tjie hom rustig laat groet het.
Ek wil nou nie op ander vee-streke se tone trap nie, maar Karoolam word wyd ge-adverteer. Of die lam nou op die Swartland se koringstoppels of die Vrystaat se weidings groot geword het, hy word in Johannesburg as Karoolam verkoop. Hiermee se^ ek nie dat sulke lammers swakker of minder smaaklike vleis het nie, net dat hulle nie in die Karoo groot gemaak is nie. Dit staan mos enige streek vry om sy eie unieke handelsmerk te vestig.
Daar was al verskeie handelsmerke geloods rondom lamsvleis in die verlede Diamantdorper, Iso-lamb, Just-lamb) met min-of meer dieselfde vereistes. Mens moet net onthou dat die kompetisie in die abbattoir-bedryf is baie, baie klein. Die wins kom grotendeels nie uit die karkasverkope nie. Die slagpale betaal die boer feitlik diesefde as wat hy die karkas voor verkoop. Onthou daar is slagkoste, verkoeling,vervoer en gewigsverlies om in bereken te bring. Abbattoirs se wins kom uit die "vyde kwart" (afval, vel en harsslag).
Ek voorsien dus nie dadelik meer geld in die boer se sak nie, maar is vas oortuig dat dit wel die pad is wat volhoubare winste sal verseker.
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Mon Dec 23, 2013 9:10 am
by Freddie101
WLM
Goed uiteengesit. Die karoolam brand moet deur die regte mense gebruik en besit word anders gaan ryk stedelinge van iewers dit monopiliseer en rgeistreer of so iets en tot hulle voordeel gebruik.
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Mon Dec 23, 2013 9:31 am
by Stefan Fourie
Ons Namibiese vleis is van die gesondste vleis in Afrika, geen groei hormone of diere produkte byvoeding nie, maar ons pryse is pateties. Iewers hier bo het iemand geskryf van geldmaak foefie, dis niks anders nie. 'n Namibiese boer wat baie teen ons gesluite grense baklei het 'n foto geneem van 'n "Karoo lam" karkas wat in 'n groot supermark aan die Oosrand hang met BMP se stempel op, dis nou Brukaros Meat Processors in die suide van Namibië!!
'n Paar van ons mede Afrikaners het 'n klomp stront aan die Namibiese regering gaan smous oor waarde toevoeging, die grens vir lewendige lam gesluit gekry, ons daarme gedwing om plaaslik te laat slag en die toe self 'n ooreenkoms met ons slagpales aangegaan om die lam karkasse te bemark. Koop toe goedkoop hierdie kant, dwing die SA produsent prys daarmee af, maar maak self hope geld. Ons kry bv R45/kg vir die karkas, maar rug tjops kos in die supermark R130/kg! Die goedkoopste lamsvleis was dieselfde tyd R65 vir skenkels (kookvleis).
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Mon Dec 23, 2013 10:24 am
by Zack Benade
Goeie brief Stefan. Dit gaan meer oor geldmaak as oor die produk.
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Mon Dec 23, 2013 3:40 pm
by Johan Nel
Stefan Fourie wrote:Ons Namibiese vleis is van die gesondste vleis in Afrika, geen groei hormone of diere produkte byvoeding nie, maar ons pryse is pateties. Iewers hier bo het iemand geskryf van geldmaak foefie, dis niks anders nie. 'n Namibiese boer wat baie teen ons gesluite grense baklei het 'n foto geneem van 'n "Karoo lam" karkas wat in 'n groot supermark aan die Oosrand hang met BMP se stempel op, dis nou Brukaros Meat Processors in die suide van Namibië!!
'n Paar van ons mede Afrikaners het 'n klomp stront aan die Namibiese regering gaan smous oor waarde toevoeging, die grens vir lewendige lam gesluit gekry, ons daarme gedwing om plaaslik te laat slag en die toe self 'n ooreenkoms met ons slagpales aangegaan om die lam karkasse te bemark. Koop toe goedkoop hierdie kant, dwing die SA produsent prys daarmee af, maar maak self hope geld. Ons kry bv R45/kg vir die karkas, maar rug tjops kos in die supermark R130/kg! Die goedkoopste lamsvleis was dieselfde tyd R65 vir skenkels (kookvleis).
Stefan,
Ongelukkig is enigste mense wat iets aan hierdie situasie kan doen, julle as produsente self. Julle sal julle regering moet konfronteer met die feite en hulle koppe swaai. Verdermeer moet julle as produsente ook self aandeel kry in slagpales en aan die verskaffingsketting, sodat julle deel kan word van die proses van waarde toevoeging. Dalk iets soortgelyks as wat die manne met die Karoo Lam brand doen.
Sterkte daar, ek dink dit moet baie frustrerend wees vir produsente met sulke situasies.
Groete,
JHN
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Tue Dec 24, 2013 12:13 pm
by Stefan Fourie
Johan, daar is produsente en verteenwoordigers wat al baie jare besig is om bogenoemde reg te kry maar omtrent orals teen 'n muur vasloop. Ek is nie persoonlik betrokke by daardie prosesse nie en kan dus nie die haakplekke uitwys nie, maar feit is as jou regering nie daadwerklik wil verstaan en saamwerk nie is hierdie stryd 'n opdraaende geveg.
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Tue Dec 24, 2013 1:44 pm
by Capt. Yoda
Nee wat kerels Noord Wes/Vrystaat lam is baieee lekkerder as Karoo lam.Die mense moet maar hul karoo lam by woolies koop en geniet.Is maar weer n geldmaak mashien die vir die tannies in Johannesburg
Re: Karoo Lam "Famous"
Posted: Tue Dec 24, 2013 6:35 pm
by Johan Nel
Stefan Fourie wrote:Johan, daar is produsente en verteenwoordigers wat al baie jare besig is om bogenoemde reg te kry maar omtrent orals teen 'n muur vasloop. Ek is nie persoonlik betrokke by daardie prosesse nie en kan dus nie die haakplekke uitwys nie, maar feit is as jou regering nie daadwerklik wil verstaan en saamwerk nie is hierdie stryd 'n opdraaende geveg.
Stefan,
Ek hoor jou. Sterkte, ek besef hierdie tipe van sake is 'n opdraande stryd. Dis maar vasbyt en die manne wat dit veg, ondersteun. Met tyd kom raad.
Groete,
JHN