Page 1 of 1
410gr Dzombo Solids vir Seekoei
Posted: Thu Dec 19, 2013 10:39 am
by Alvar
More manne,
Ek het die geleentheid om volgende jaar n seekoei te skiet.
Ek het gedink om die 410gr Dzombo Solids vir die 416 Riby te laai. Het enige van jylle ervaring met die koeëls en moontlike aanbevelings in terme van herlaai data?
Dankie
Alvar
Re: 410gr Dzombo Solids vir Seekoei
Posted: Thu Dec 19, 2013 10:49 am
by DWB
Hallo Alvar,
Jy moet dit geniet en ons soek fotos en 'n storie!
Ek dink nie die Dzombos is op Quickload nie, maar as jy die dimensies stuur kan ons dit met die Barnes Banded Solid vergelyk en jou seker in die regte rigting dui.
Meet die lengte van die koeel asb.
Re: 410gr Dzombo Solids vir Seekoei
Posted: Sat Dec 21, 2013 7:11 am
by rudib
Ek skiet hulle tans in my 450 Rigby. Hulle is ongelooflik en sal sonder enige twyfel die werk kan doen.
Ek het hulle gelaai met 88gr S365 toe ek hulle in my 416Rigby gebruik het.
Re: 410gr Dzombo Solids vir Seekoei
Posted: Sat Dec 21, 2013 9:14 am
by molopohunter
Ek het ongelukkig nie ladings vir die rigby nie, maar kan wel getuig dat jy nie metn dzombo kan verkeerd loop nie.
Die nosler solid is net so goed, en hoor die manne wat met die gs customs werk het ook geen klagtes.
Re: 410gr Dzombo Solids vir Seekoei
Posted: Sat Dec 21, 2013 10:21 am
by tripodmvr
Gaan jou jag te voet op droë grond wees, of gaan jy die dier in die water skiet. 'n Meer plofbare koeël sal beter wees in die water waar 'n breinskoot geskiet moet word. Hier kan iets in die .30 kaliber (300WM) met platter trajek en teleskoop sorg vir beter skootplasing. Op land sal ek eerder GS of Barnes TSX aanbeveel synde dit goeie penetrasie het en baie meer weefsel skade sal aanrig.
Re: 410gr Dzombo Solids vir Seekoei
Posted: Sat Dec 21, 2013 6:23 pm
by molopohunter
tripodmvr wrote:Gaan jou jag te voet op droë grond wees, of gaan jy die dier in die water skiet. 'n Meer plofbare koeël sal beter wees in die water waar 'n breinskoot geskiet moet word. Hier kan iets in die .30 kaliber (300WM) met platter trajek en teleskoop sorg vir beter skootplasing. Op land sal ek eerder GS of Barnes TSX aanbeveel synde dit goeie penetrasie het en baie meer weefsel skade sal aanrig.
Moet my groot asb nie verkeerd verstaan dat ek nou n fight hier soek nie, maar om met n 30 kal is dit onwettig en natuur bewaring check nogal op. Mens kan wel dit DOEN met die kaliber, maar ongelukkig word die minimum van 375 as wet beskou.
Re: 410gr Dzombo Solids vir Seekoei
Posted: Sat Dec 21, 2013 7:43 pm
by tripodmvr
Dankie vir die reghelp met die minimum kaliber, maar dan volstaan ek nog by 'n loodkern soos 'n Nosler Partition wat nie deur gaan skiet sonder om meer omliggende skade te veroorsaak nie. Jy kan sekerlik jou 416 met teleskoop op ook gebruik om die akkurate plasing van die koeël te verseker.
Re: 410gr Dzombo Solids vir Seekoei
Posted: Sun Dec 22, 2013 10:29 am
by molopohunter
tripodmvr wrote:Dankie vir die reghelp met die minimum kaliber, maar dan volstaan ek nog by 'n loodkern soos 'n Nosler Partition wat nie deur gaan skiet sonder om meer omliggende skade te veroorsaak nie. Jy kan sekerlik jou 416 met teleskoop op ook gebruik om die akkurate plasing van die koeël te verseker.
Ja, virseker. As kliente seekoeie of ander groot wild kom jag raai ek hulle n quick release scope aan.
As ons laai ook dan laat ek hulle die 1ste skoot n soft, en die ander 2 solids. Ek sien op meeste aanbevelings op lees stof beveel hulle dieselfde aan. Ek is nie te veel oor die "brands" nie, maar solank hy n premium punt gebruik. Hehe, al te veel fights te sien om n man van sy " brand" te verander.
Groete.
Peet
Re: 410gr Dzombo Solids vir Seekoei
Posted: Tue Jan 07, 2014 10:25 am
by Alvar
Die seekoei sal op droë grond gejag word, heel moontlik in die aand. Ek het maar gedink aan die solids dat ek uit enige posiise die vitals sal kan tref.