Dagsê
Net hoor wat ander se denke is.
N vorige post oor maanhaarjakkals het my laat dink aan die wat ek gesien het so jaar terug. Het met steenboklam geroep en n maanhaarjakkals het oop-en-toe ingekom roeper toe, seker n goeie minuut lank rondom roeper geraas gemaak voor hy vort is. N week later het ons plaasjong se skaaphond ene doodgebyt, ons hom oopgesny en daar het 4 boerboklam oortjies, saam n klomp hare uit sy pens gekom. Dit was in n tyd dat ons boerbokkies verloor het, geen rooijakkals geskiet nie, na die maanhaar se doodmaak het vangery gestop. Kan toeval wees, dalk hy net aan karkassies gevreet, maaiers en so.
Ander omie hier naby ons sê hy het al maanhaar gesien angorratjies byt. Is daar iemand anders daar buite wat iets soortgelyk gesien het? Sommer net vir die interrantheid van die saak.
Maanhaarjakkals
-
Pieter
- Sr. Member

- Posts: 479
- Joined: Mon Aug 17, 2009 6:28 am
Re: Maanhaarjakkals
Sovêr ek weet vang hy nie, vreet miere ens.
Groetnis
Groetnis
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Maanhaarjakkals
Rommel
Nog nooit het ek dit gesien nie. Het jyself die ore gesien? Foto geneem?
Mooiloop

- Rommel
- Sr. Member

- Posts: 251
- Joined: Wed Nov 27, 2013 5:15 pm
Re: Maanhaarjakkals
Hi oom taffie.
Het hom self oopgesny, juis uit nuuskierigheid oor ene in daai selfde kamp roeper toe gekom het. Het foto op my foon gehad, sal bietjie op rekenaar rondkrap en kyk of ek hom dalk daar opgelaai het, is al n jaar of wat terug. Was defnitief baie klein bokkies- geen oormerk op en van die oortjies het nog geboorte voue in, ons skeer hul los as ons merk, ons ooie wat klaar gelam het ge-kraal, so dit was verseker bokkies wat vars geval het.
Ek het nog nie weer so iets gesien nie, maar die omie het vas geglo en was baie oortuigend dat hy self een sien bokkies byt het. Ek dit maar genoem en gewonder of ander dit al teegekom het. Of dalk is hier iets snaaks in ons boorgat water!
Groete
Oh, en daai 'sonkant van die berg' tip wat oom my so paar jaar terug gegee het, het weer sy job gedoen so paar naweke terug!

Ek sal like om die foto te sien. Nie omdat ek jou bevraagteken nie, maar om te sien hoe jonk(klein) die ore was. Ja, in droogte tyse sal hulle(maanhare) seker enige tipe protiene probeer inkry, maar om te jag weet ek nie mooi nie.
Maanhare storm ook die roeper, maar net in paar- en kleintjietyd.
Mooiloop
Ps. Gee die "sonkant tip" terug, ek sukkel.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Maanhaarjakkals
Ek het al video op TV gesien waar die MHJ baie aggressief is teenoor jakkalse en ander roofdiere wat naby aan sy nes kom. Ek dink ook in die natuur is die soeke na kos 'n baie groot dryfveer en in tye van skaarste of oorvloed kan die' MHJ's ook begin groter prooi teiken. 'n Pasgebore bok of skaap is baie weerloos en maklike prooi. Daar is nie rigiede reels daar buite nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Maanhaarjakkals
Taffie en die ander Manne,
Hoop jy gee nie om ek gooi sommer my vraag hier ook by.
Ek ook nes skoongemaak paar weke terug, en met verdere ondersoek het ons steenbok beentjies gekry, haas ens.
DIE grootste verrasing was BAKOOR jakkals skedel en dit was nog bietjie vars.
Sal Jakke dan nou bakore ook vang as kos skaars is ?
Raven

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: Maanhaarjakkals
Raves,
Nie net as kos skaars is nie, die is aards vyande, net 'n kwessie van getalle, mmerderheid wen, kry elsneus hom allen is hy maar kos. Maar as die bakoortjies getalle het, jaag hulle jakkalse weg van hulle gebied, kwaai raas en vloek, hare sommer pen regop, maar dit werk.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Maanhaarjakkals
Norten
Ja, ek stem saam met Mac. Jakkalse sal enige ding vang wat kos is. Skoenlappers, hase, rooibokke en ander jakkalse selfs, veral die kleintjies. Daarom die jakkalsroepe in kleintjietyd.
Mooiloop
Ja, ek stem saam met Mac. Jakkalse sal enige ding vang wat kos is. Skoenlappers, hase, rooibokke en ander jakkalse selfs, veral die kleintjies. Daarom die jakkalsroepe in kleintjietyd.
Mooiloop
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Maanhaarjakkals
Dankie vir die terugvoering.
Groete
Raves
Groete
Raves