Page 1 of 1
Mes Skede
Posted: Sun Dec 15, 2013 10:09 am
by JohanvB
Nou ja, ek was bederf met 'n vroeë kers geskenk...'n pragtige "Skinner" mes gemaak deur 'n oompie wat sy produkte uitgestal het by die Mes Skou gedurende Nov hier in Milnerton..
Maar soek ek nou 'n leer skede vir die mes...wie kan een vir my maak asb.
Dankie
Re: Mes Skede
Posted: Sun Dec 15, 2013 1:57 pm
by spekieries
Johan
Ek maak vir die messe wat ek maak skedes. Ek is nie professioneel nie, maar as jy nie regkom nie sal ek jou probeer help. Waar is Welgelegen? Dit is nodig om die mes te hê om 'n skede te maak.
http://i780.photobucket.com/albums/yy85/spekieries/mso3E031.jpg
Re: Mes Skede
Posted: Sun Dec 15, 2013 2:38 pm
by JohanvB
Dankie Spekieries...ek is in die Kaap
Re: Mes Skede
Posted: Sun Dec 15, 2013 9:46 pm
by theedge
spekieries wrote:Johan
Ek maak vir die messe wat ek maak skedes. Ek is nie professioneel nie, maar as jy nie regkom nie sal ek jou probeer help. Waar is Welgelegen? Dit is nodig om die mes te hê om 'n skede te maak.
http://i780.photobucket.com/albums/yy85/spekieries/mso3E031.jpg
Daai skede lyk netjies maat
Re: Mes Skede
Posted: Sun Dec 15, 2013 11:10 pm
by spekieries
Dankie Theedge , die stikwerk is nie altyd 100% egalig nie, maar hulle het my nog nooit in die steek gelaat nie.
Re: Mes Skede
Posted: Tue Apr 22, 2014 9:49 pm
by johan1
Hallo Johan< ek maak messe en skedes, maar soos n vorige man gese het n mens moet die mes he om n skede te maak , sonder die mes is dit redlik moeilik en kan ek nie die mes fit om te sien hoe snoesig pas hy in die skede nie.
As jy reggekom het is dit goed so
Re: Mes Skede
Posted: Tue Jun 03, 2014 6:54 pm
by Viking
Hi Johan het jy al reggekom ek is seker nader as die ander hier bo....ek is in die Paarl
Viking
Re: Mes Skede
Posted: Tue Jun 03, 2014 9:22 pm
by PWV
Johan, ongelukkig kan jy nie betaal wat ek vra nie!
Re: Mes Skede
Posted: Tue Jun 03, 2014 11:03 pm
by henning
Pieter Willem Vorster wrote:Johan, ongelukkig kan jy nie betaal wat ek vra nie!
Pieter, n mens sit mos net regte messe in n sakkie.
Groete
Henning