Page 1 of 1

Watter kamera ?

Posted: Tue Dec 28, 2010 9:40 pm
by Christo
Ek is aan die beplan om 'n nuwe kamera te koop, maar.........( 'n gekrap waar dit nie jeuk nie )

Ek soek raad.

Koop jy 'n gewone kamera, ek het 'n goeie mik&druk digitaal , hy is oud maar neem mooi foto's nog.
Koop jy 'n gewone kamera met video funksie, indien wel watter funksies is belangrik.
Koop jy 'n video kamera met foto neem funksie, wat moet hy alles he.

Ek wil darem 'n trofee Ribbok op 100 meter kan afneem dat jy hom en sy horings kan sien. Daarvoor sal ek seker nog 'n lens moet koop.
Ek wil video's kan neem en hulle kwaliteit moet goed genoeg wees.
Genoeg geheue om ons Myl 108 op te kan sit.
Maklik werk. Seker te veel gevra.
Budget ??? minder as R 5000 ??? , dit is seker nie moontlik om alles te kry wat jy vra nie maar wie weet.

X2

Re: Watter kamera ?

Posted: Tue Dec 28, 2010 9:57 pm
by Francois Marais
Christo

Fujifilm finepix HS10, alles wat jy wil he en nog wat.....het nie eers daai 2de lens nodig nie.

Wou vir jou n link opsit maar my net is baie stadig, google dit, en lees, ek kan vi jou een reel vir onder die R5000.

Mooi loop
Francois

Re: Watter kamera ?

Posted: Wed Dec 29, 2010 8:35 pm
by Christo
Die kamera lyk amper te goed om waar te wees. Iewers het ek alweer agter geraak met my gimieks.

Re: Watter kamera ?

Posted: Mon Jan 17, 2011 8:02 pm
by henslin
Naand Christo

Of bietjie of baie pond - saak nie maak nie. Ek gebruik 'n CANON Powershot S3 IS wat ek ook tweedehands vir R2500 gekoop het. Neem al my fotos met hom. Sy video funksie is uitsonderlik en sy Zoom aksie redelik tot baie goed. Volgens die geleerde manne kan jy nie lense vervang nie. Ek het wel 'n lens gekry wat voor op die gewone lens pas ( adaptor tipe lens ) Dit stoot sy vergroting op na 900mm ( in 35mm terme ).
Die kamera is heelwat kleiner as die 'ordentlike' kameras.
Google bietjie die Canon Powershot reeks.

Gaan gou 'n sutkkie video en van my fotos vir jou oplaai

Geniet jou soektog

Re: Watter kamera ?

Posted: Mon Jan 17, 2011 9:06 pm
by henslin
Ok Christo - hier kom hulle

Image
Onse leeu
Image
Normale foto

Image
Zoom aksie op vorige foto sonder ekstra lens

Re: Watter kamera ?

Posted: Mon Jan 17, 2011 9:26 pm
by Christo
Baie mooi foto's Henslin

Ek was laas wwek by Kloppers in Bloem en die outjie het toe vir my altwee  gewys. Die Fuji het dalk net bietjie meer features. Ek is nog aan twyfel oor wat ek moet koop. Tyd sal leer. Dalk kom so goeie 2de handse ook oor my pad.

Re: Watter kamera ?

Posted: Tue Jan 18, 2011 7:44 am
by Foxcreek
Christo

Ek was ook op soek na 'n goeie, maar bekostigbare kamera, want ek neem als met die 'snelfoon' af. Toe sien ek jou post en PM se reply. Ek loop koop toe die Fuji vir my @ R4600-00. En is ek in my skik met die outjie. Ek leer nog al die funksies, maar dit is vir my 'n bakgat kamera. Sal hom enige tyd aanbeveel.

Foxcreek.

Re: Watter kamera ?

Posted: Tue Jan 18, 2011 8:55 am
by PRIVATE RYAN
Ek het 'n Canon SLr 300D gekoop
vir R 2k 2 de hands, en toe 'n lens
ek dink 50 - 200mm. Daai ding is
bo my vuurmaakplek, ek mik zoom en
druk op outo en ek sweer een
van die dae is ek in die getaway en
Toast Coetzer prys my efforts.

Re: Watter kamera ?

Posted: Tue Jan 18, 2011 12:07 pm
by 300Winmag
Ludwig wrote: Dis die Canon SX30is.
+1 op die Canon

Ek het die SX20is (vorige model) en is baie gelukkig met hom. Ek is baie lus om hom te
verkoop en die SX30 te kry maar ek sukkel om 'n goeie rede te kry!

Re: Watter kamera ?

Posted: Tue Jan 18, 2011 2:24 pm
by Francois Marais
300

Wat van: "Omdat ek kan" 8) 8) 8)

Mooi loop
Francois

Re: Watter kamera ?

Posted: Tue Jan 18, 2011 3:03 pm
by Raven
Christo,
As jy afkom vir St Nowhere het ek 'n SX130iS in swart, silver of pienk ;)  teen R2100.00 splinter nuut met waarborg.

Cheers Raves

Re: Watter kamera ?

Posted: Tue Jan 18, 2011 8:20 pm
by Christo
Raves , nou is ek de dinges in. Ek het klaar ges? ek kom nie nou maak jy sulke voorstelle.

Ek is nou tussen 2 vure wat die kameras betref. Maar een van die 2 gaan ek seker maar moet kry.

Ek dink nog, sal hier post oor my besluit. Dankie aan almal se insette.

Re: Watter kamera ?

Posted: Tue Jan 18, 2011 8:33 pm
by Christo
O ja, ek kyk nou weer na die Canon en onthou so paar features wat lekker is op die Fujifilm. Hy kan 'n los flash vat, self 'n reeks foto's las vir wide angle, 'n "still" foto neem terwyl daar mense rondloop en hulle dan uitsny ( bo my vuurmaak plek om te verstaan ), en AA battery werk. Hulle kan ek ook recharge.

Foxcreek, het jy al die goete getoets en werk hulle regtig?

Re: Watter kamera ?

Posted: Tue Jan 18, 2011 9:33 pm
by Foxcreek
Christo

Ek leer hom nog. Het al party van die goed baasgeraak. Daai 'wide angle' foto maak ook mooi foto's. Die lekkerste vir my is sy 'close up' fotos. Jy druk sy lens teenaan 'n horlosie en jy kan al die detail mooi sien op die foto. Nou gaan ek jakkie tande lekker kan afneem.

Die outjie by die kamera shop het my meegedeel dat die Fuji laasjaar 'n Pica toekenning gekry het (wat dit ook al is). Miskien sal FM weet.
Foxcreek.

Re: Watter kamera ?

Posted: Tue Jan 18, 2011 10:15 pm
by Francois Marais
Christo

Baie waar wat jy se van die batterye, kan altyd n paar ever readies ingooi as die popo in die fan is, al die ander funksies werk perfek, daai lens gee jou 30X vergroting, dis soos 28-720mm op n ander lens, sonder enige digitle zoom.....voorwaar baie lekker kamera, supplier hier se hy het ongeveer 25 al aan die koerante verkoop, nog geen comeback gehad nie.

Mooi loop
Francois

Re: Watter kamera ?

Posted: Wed Jan 19, 2011 8:59 pm
by Foxcreek
Christo
Daar is 'n funksie op die Fuji, waar jy kan kies wat se batterye jy wil gebruik. As jy van battery tiepe verander gaan jy na die 'set up menu' en jy kies by 'battery type' tussen Lithium, Alkaline of Ni-MH, afhangende van wat jy wil gebruik.

Foxcreek.

Re: Watter kamera ?

Posted: Wed Jan 19, 2011 9:39 pm
by Francois Marais
Foxcreek

Sorry maat, jou post gemis.....
die Fuji laasjaar 'n Pica toekenning gekry het (wat dit ook al is). Miskien sal FM weet.
Sorry, ek het geen idee nie, sal bietjie Google en probeer uitvind.....

Mooi loop
Francois

NS Al PICA wat ek optel is n award wat vir printers uitgegee word.

Re: Watter kamera ?

Posted: Tue Apr 05, 2011 8:55 pm
by Christo
Vandag vir ma gestuur om hom te gaan haal. Moet hom kan gebruik op die trip.

Canon SX 30 IS  ;D  ;D  baie trots op myself. Ma laaik hom ook.

Dankie aan al die raad, dit het my gemaak 'n "ingeligde" besluit neem. Ek was eintlik klaar om die Fujifilm te koop, maar toe fluister die duiweltjie op my skouer aanmekaar Canon, Canon, Canon. Was om van mal te word, geen keuse gehad as om te koop.

Quenetts in Worcester verkoop nie net ammo, hoeke en medisyne nie. Louis weet van kameras.

ammo, hoeke en medisyne ...kameras klink soos 'n pakkie