Page 1 of 1

150gr GMX vir 30-06

Posted: Wed Dec 11, 2013 11:28 am
by FCLoretz
Dag se manne,

Ek is opsoek na begin ladings vir 150gr GMX in die 30-06 met S355. Ek lees op plekke dat mense se gebruik convensional data, maak die langer koeel nie 'n groter verskil nie? Moet ek nie eerder Barnes se data gebruik nie?

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Wed Dec 11, 2013 11:38 am
by tripodmvr
Begin by 49gr en werk op. Met 24 duim loop beperk spoed tot 2980vps. Gee data en QL mag dalk werk.

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Wed Dec 11, 2013 11:42 am
by FCLoretz
Dankie Oom Marius,

Ek het die 22" loop Ruger No1. Ek soek begin punt om rondtes oor die Chrony te sit en dan QL data te kan kry vir ladings.

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Wed Dec 11, 2013 11:44 am
by tripodmvr
Die 49gr behoort daardie beginpunt te gee. Ek en jy het dan dieselfde gewere.

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Wed Dec 11, 2013 11:45 am
by FCLoretz
Korrek Oom, Ek is fanaties oor die roer. Die akkuraatheid wat ek kry is absoluut fantasties

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Wed Dec 11, 2013 11:53 am
by tripodmvr
Stem, my lekkerste bosroer ooit.

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Wed Dec 11, 2013 11:54 am
by FCLoretz
Op die vlaktes (180m verste wat ek nog geskiet het), presteer die roer na wense.

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Mon Jan 06, 2014 7:53 am
by FCLoretz
More,

Net so bietjie terugvoer oor die 150gr GMX.

Het gister gou skietbaan toe gegaan en die ladings gaan toets. Die lading was slegs op 50m geskiet dit lyk asof ek baie naby aan node le.

Ruger No.1a
22" loop
Winchester doppe
70.5gr H2O kapasiteit
49gr S355
TPL 83.44
Avg spoed 2665fps

http://i1192.photobucket.com/albums/aa328/FCLoretz/hunting%20and%20loading/150grgmx49gr_zps9275c2f9.jpg

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Mon Jan 06, 2014 8:00 am
by VdWalt
Sjoe maar dis mooi as hulle so by mekaar sit!!

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Mon Jan 06, 2014 8:01 am
by FCLoretz
VdWalt wrote:Sjoe maar dis mooi as hulle so by mekaar sit!!
En die beste van alles is Bernadette het hulle geskiet.

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Mon Jan 06, 2014 8:01 am
by Carl
Uitstekend, glo jy sal hulle dan op 100m ook so kan gooi;)

O hel nou is daar perre, ek hoop jy kan dit ook regkry!

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Mon Jan 06, 2014 8:02 am
by FCLoretz
Ja Carl, ek dink mamma is reg vir daai rooibok daar by jou die jaar.

Ek het nou baie om na op te leef om ook sulke mooi groepe te kan skiet.

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Mon Jan 06, 2014 8:04 am
by VdWalt
FCLoretz wrote: En die beste van alles is Bernadette het hulle geskiet.
Priceless! Daai sal darem mooi maak op haar rooibok.

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Mon Jan 06, 2014 9:32 am
by tripodmvr
Met daardie syfers het ek die spoed na 2680 verhoog om vir die afstand van 5 meter na die chrony te kompenseer. Dit dui dan dat jy presie op die node is. Die volgende nodes boontoe is by
51,4 = 2803vps
55,5 = 3009vps

Laasgenoemde is 2700psi oor die maks druk en ek sal dit nie aanbeveel nie. Let wel dat 51,4gr moontlik 'n vinniger spoed as 2803vps sal gee omdat die brandspoed met druk toeneem. Dit behoort egter naby te wees. Onthou net dat jou spoedlesing 15vps laer moet wees op die chrony as dit wat ek gegee het.

Het ook na S365 gekyk en dan sal 57,3gr naby aan 2862vps uitkom (Lot 72). Druk is baie laag en kan goeie opsie wees - dop is 104% vol.

My aanbeveling sal wees om die lading wat jy nou het netso te hou vir jag in die bos. Vroulief sal selfvertroue hĂȘ synde sy kan sien hoe dit presteer het.

Re: 150gr GMX vir 30-06

Posted: Mon Jan 06, 2014 9:36 am
by FCLoretz
Baie dankie Oom Marius. Ek sal net so bietjie met die TPL speel oor 100m. Die Chrony was so 8m voor die geweer omdat die skietbaan slegte skaduwees gegooi het. Ek het dus die Chrony vorentoe geskuif om die skaduwees te vermy.