Skilpadjies

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Skilpadjies

Post by Frikkiedbr »

http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/skilpadjies_zps0a359952.png

Genoeg vir 8-10 mense
Bereiding: 50 minute
Gaarmaaktyd: 20-25 minute
Staantyd: 4-5 uur

1 wildlewer
4 niertjies, vlies en groot
are verwyder
2 lamsharte
1 groot ui, fyn gekap
50 ml tabascosous
50 ml worcestersous
sout en vars gemaalde swartpeper
2 netvette

Sny die lewer, niertjies en harte in baie klein blokkies.
Meng die vleis met die ui, tabascosous en worcestersous en geur met sout en peper. Laat 4-5 uur in die yskas staan.
Sprei die netvet op ’n skoon werkoppervlak oop en sny in blokkies van sowat 10 cm.
Skep ’n groot lepel vol van die vleismengsel op die netvetblokke en vou dit toe. Steek elke skilpadjie met ’n peuselstokkie vas en laat 30 minute in die yskas rus.
Braai die skilpadjies op matige kole tot gaar.
Sit warm voor.
WENK: As jou vuur te warm is, sal die skilpadjies oopbars. En moenie ’n toeklaprooster gebruik nie. Andersins is dit doodmaklik.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Skilpadjies

Post by ROBBIE1 »

Dit lyk sommer baie beter Frikkie!!
User avatar
Alwyn
Hero Member
Hero Member
Posts: 730
Joined: Sun Jan 13, 2013 10:27 pm

Re: Skilpadjies

Post by Alwyn »

Frikkie red die dag LOL
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Skilpadjies

Post by Frikkiedbr »

Plesier Robbie, daai ander een het my so naar gehad dat ek maar net moes 'n beter en die egte ding op sit.
Ek het nie gedink mens sit so baie goedjies daar binne nie, iets weer geleer :)
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Skilpadjies

Post by ROBBIE1 »

++>: , Ja nee ek ook nie Frikkie, ek sit nie hart en niere in myne nie, en sit bietjie vleis ook by om die ergste wild smaak te breek, maar die maak is masiewe werk, ek maak deesdae myne in die vet derm, baie vinniger en sterker, bars nie so maklik op die vuur nie. En da gee ek al weer van my geheimpies weg, ek vee dit sommer uit...... :'(

:): :laugh: :laugh: :laugh:
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Skilpadjies

Post by Frikkiedbr »

Ag dankie Robbie, jy is 'n sterretjie.
Nie almal sal die lees nie so dink jy is veilig met jou geheim
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Skilpadjies

Post by Hennie Dreyer »

Dankie tog, ou Frikkie! My vertroue in die mensdom is total herstel
Hennie
.308 CZ 550 Lux
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Skilpadjies

Post by vriell »

ROBBIE1 wrote:++>: , Ja nee ek ook nie Frikkie, ek sit nie hart en niere in myne nie, en sit bietjie vleis ook by om die ergste wild smaak te breek, maar die maak is masiewe werk, ek maak deesdae myne in die vet derm, baie vinniger en sterker, bars nie so maklik op die vuur nie. En da gee ek al weer van my geheimpies weg, ek vee dit sommer uit...... :'(

:): :laugh: :laugh: :laugh:
MMmm het die een by by Suidwes vriende geleer maar netvet bly maar nog steeds lekkerder..

Ander ding so week of 2 gelede by vriend in Kimberley gekuier toe hulle die lekkerste lekker voorgesit het .....skaapstertjies gebak in die oond !! Het dit al saam in afval potjie ge-eet of in maar nog nooit so lekker gesmaak soos die nie.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13526
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Skilpadjies

Post by Capt. Yoda »

http://t2.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcRW4KJ1oRtUpdh5dFmx0_rkXWgfCcrRmAseCW4et-6klxjKEInZgw
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Skilpadjies

Post by ROBBIE1 »

Daai skaapstertjies in n baksakkie werk soos n BOM!! Sag en geurig!
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: Skilpadjies

Post by FCLoretz »

Ek was baie bang om die draad oop te maak na die eerste skilpadjies in netvet draad.
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: Skilpadjies

Post by Frikkiedbr »

Nee Frederick Sal dit nie aan julle doen nie :P
Mens kan so maklik van kos af gesit word ++>: :o
Post Reply