Page 1 of 1

Loop lengte en twist

Posted: Sat Dec 18, 2010 6:08 pm
by Johan04
Middag Manne

Miskien is dit 'n dom vraag,maar hoe bepaal ek my geweer se loop lengte en ook die twist van die loop?

Groete

Johan

Re: Loop lengte en twist

Posted: Sat Dec 18, 2010 7:01 pm
by James Wilson
byt net vas as die regte manne aanteken sal die jy antwoord kry. die ouens op die site weet alles en gee nie om om te deel nie.

Re: Loop lengte en twist

Posted: Sat Dec 18, 2010 8:37 pm
by Raven
Johan,
Begin lees bietjie hier

http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=6

en hier
Francois Marais wrote: Kry n lappie op jou skoonmaakstok wat lekker styp inni loop pas, druk die stok so driekwart inni loop in, maak nu n merk op die stok gelyk met die agterkant van die slot huls, of enige plek wat as n vatepunt verwysing kan dien, maak ook n merk presies bo-op jou stok, 12 uur posisie, trek nu die stok stadig uit, die merk bo-op die stok gaan in die rondte beginne draai, trek die stok uit todat die merk presies weer 12 uur oppi stok is. Meet nu die afstand vanaf die merk wat jy teenoor die vaste punt gemaak het tot by die vaste punt, in duime, of in millimeters en deel deur 25.4, om duime te kry. Hierdie afstand is dan jou loop se twist rate, 1-10, of 1-12 of 1-14 of whatever.

Hoop dit help.

Mooi loop
Francois

Re: Loop lengte en twist

Posted: Sat Dec 18, 2010 9:55 pm
by Johan04
Dankie Raven,ek kan nou die twist bepaal. Die loop lengte; moet ek die slot toemaak,'n skoonmaakstok vanvoor in steek tot teen die slot en 'n merk maak op die stok waar loop en stok bemekaar kom. Ek raai dit moet dan die lengte van die loop wees. Natuurlik moet ek dit sonder 'n ronte in die loop doen!!

Dankie vir moeite.

Groete

Johan

Re: Loop lengte en twist

Posted: Sat Dec 18, 2010 11:01 pm
by Francois Marais
Johan
Die loop lengte; moet ek die slot toemaak,'n skoonmaakstok vanvoor in steek tot teen die slot en 'n merk maak op die stok waar loop en stok bemekaar kom. Ek raai dit moet dan die lengte van die loop wees. Natuurlik moet ek dit sonder 'n ronte in die loop doen!!
Net soos jy daar se.

Mooi loop
Francois

Re: Loop lengte en twist

Posted: Sun Dec 19, 2010 7:57 am
by Johan04
Dankie manne,net soos Jagbehep gese het,ek sal hier verseker hulp kry. Nou kan ek ook die meer tegniese detail van my gewere bepaal.

Groete

Johan

Re: Loop lengte en twist

Posted: Sun Dec 19, 2010 11:11 am
by Jagtersdok
Johan

Maak net seker dat wanneer jy die twist bepaal, die jag waarop jy die lappie sit moet baie styf vas gedraai wees, want soms skroef hy in die proses los en kry jy onakurate lesing

Re: Loop lengte en twist

Posted: Mon Dec 20, 2010 8:37 am
by Gerard
Ons het ongelukkig nie meer van die stukkies gereedskap in voorraad nie maar dit is baie maklik om te maak en, as mens hom het, dan het jy hom.  Een man het my gekontak en vertel dat hy sommer een van 'n papierkram gemaak het en met superglue in 'n gleuf in 'n 6mm ronde hout stok vasgemaak het.  Net solank mens 'n plan beraam dat daar absoluut geen spring van die riwwe in die loop kan wees nie.

http://www.gsgroup.co.za/twistchecker.html

Re: Loop lengte en twist

Posted: Mon Dec 20, 2010 12:10 pm
by Foxhound
dagse manne

FM Ek het n 25-06  n truvelo laat opsit laasjaar

Hy skiet 117gr SST hornady punte op n tikkie,

Ek WEET JY DALK WAT HUL TWIST IS

lEKKER DAG

fOXIE

Re: Loop lengte en twist

Posted: Mon Dec 20, 2010 1:28 pm
by Gerard
Die enigste manier om te weet wat die spiraal van die loop is, is om dit te meet.  Ek aanvaar geen vervaardiger se woord dat 'n loop dit is wat hulle veronderstel nie.  Ek het al te dikwels vervaardigers geskakel of per epos gekontak, net om te hoor "Ons dink daardie een was 'n tien spiraal." "Dink" of "meen" of "ons spesifikasie is", beteken niks.  Jy weet as jy self meet of bystaan wanneer iemand meet.

Re: Loop lengte en twist

Posted: Mon Dec 20, 2010 4:02 pm
by Johan04
Foxhound

Ek het ,n truvelo loop 25-06 0p ,n lyttelton RSA aksie. Ek het gemeet; looplengte 662mm/26.06 duim en twist 258mm/10.15 duim. Ek aanvaar dit is 'n 26 duim loop met 'n 10 duim twist.
Ek weet nie of al hul lope dieselfde is nie,meet maar joune.

Groete

Johan

Re: Loop lengte en twist

Posted: Mon Dec 20, 2010 4:49 pm
by Francois Marais
Foxie

Dit wat Johan se is ook maar my raaiskoot, 26" 1-10 twist, maar soos oom Gerard se, meet hom self dan weet jy ;D ;D

Mooi loop
Francois

Re: Loop lengte en twist

Posted: Tue Dec 28, 2010 8:53 am
by Foxhound
Dagse manne

Dankie vir die raad

Sal maar gaan meet en self ondersoek instel,

Groete