Page 1 of 1
Weer ongunstig !
Posted: Tue Nov 26, 2013 7:54 am
by Pieter
My probleem is nie wat om te roep nie, maar wanneer, die weer is die afgelope tyd onvoorspelbaar, die wind bly sterk waai, kry so 'n dag of 2 warm dae, met 1 mooi aand, dan is dit weer koud. So hoop my jagte op en klieënte raak ongeduldig, want die jakkies vang.
Re: Weer ongunstig !
Posted: Tue Nov 26, 2013 8:32 am
by Francois Marais
More
Meerste van ons hou maar die weervoorspelling sites fyn dop, YR.NO is een, hulle voorspel nogal raak, doen maar die beplanning volgens dit.....accuweather is n ander een....
Mooi loop
Francois
Re: Weer ongunstig !
Posted: Tue Nov 26, 2013 11:42 am
by cassie_calvinia
Pieter
ek en albertus praat ook nou die dag oor die weer wat so sleg is.
mar ek glo hy is nie ver van draai af nie.
Re: Weer ongunstig !
Posted: Tue Nov 26, 2013 10:09 pm
by .220 Swift
Die weer is maar ongunstig hier in De Aar ook.
Verder moet hier erens 'n Jakkals Akademie vir Gevorderde Studies wees...want Vader, die klomp is skelm!
Probeer nou al langer as 'n maand met al die tricks wat ek ken en hier op die forum raaklees, maar al wat antwoord is Mnr. Jakkals.
Sien af-en-toe 'n oog - maar ook maar net vir 'n sekonde voordat dit verdamp.
Het gisteraand niks van die goed gedoen wat ek moes doen nie - byvoorbeeld nie die weervoorspelling gecheck nie. Was net lus!
So teen 20:00 is ek op my pos - in 'n kloof - waar ek nie wou in nie, maar waar ek vermoed het die jakkalse skuil.
Binne 5 minute nadat ek my sit gekry het, was ek klaar uitgereen en windverwaaid.
Pak toe maar op. Die area so sleg, ek konnie daar-en-dan omdraai nie. Besluit toe om verder aan te ry tot waar die kloof wyer raak en ek my bokwa sou kon omdraai.
Intussen begin die reen en die wind bedaar.
500 meter verder ry ek binne in die jong klomp se kindergarten in.
The rest is history...
Sorry Manne, geen tips vir julle nie, geen nuwe insigte hoe om die skelm jakkalse uit te oorle nie. Just luck. And dogged perseverance. That's all.
Re: Weer ongunstig !
Posted: Wed Nov 27, 2013 5:41 am
by Cobus(Cobb)
"Beter as 'n 55" koedoe"....soos Taffie sal sê...
Mooi man!!
Re: Weer ongunstig !
Posted: Wed Nov 27, 2013 7:14 am
by Pieter
Mooi man, al verskil is by julle reën dit, hier is net wind, maar het darm die adrenalien gister aand so bietjie laat pomp in die 20km p/h wind. Man bel my so 18h30 se kant, rooikat het lam gevang, onder bos ingesleep, een blad, netjies afgehaal, nou ja, nou of nooit, spring in die bakkie want as die son sak moet ek daar wees, en dis 80km van my af. Kry die kat so 120m van karkas, aan die ander kant van draad, met 'n vloek skoot haal ek haar uit, 22h00 was ek weer terug by die huis.
Re: Weer ongunstig !
Posted: Thu Nov 28, 2013 6:45 pm
by slang
Oom Pieter ek kyk altyd op wind finder ook die weer, google sommer net wind finder brandvlei, tussen hulle en YR maak ek maar my somme. Ek het laaste tyd uitgevind YR voorspel maar mis hier by my, veral met wind rigting en veral spoed. Geluk met die kat
Re: Weer ongunstig !
Posted: Fri Nov 29, 2013 5:16 pm
by Francois Hugo
Hello Pieter en die ongunstige weer geselsers.
Ek loer ook maar op Yr en hulle is redelik in die kol met windsterkte en selfs somtyds met windrigting ook. By ons naby die bergplato is hulle maar redelik rigting beduiweld - gisteraand darem redelik reg.
Die week en volgende week stormsterk winde by ons, (snaaks meer in die nag), het darem gisteraand 'n windstilte tyd gehad en gou die 180km retoer trip aangepak.
Ook soos Swift hierbo darem geslaag om 'n jongeling op sy eentjie te laat bakkie ry. Die res met al die forum se trick probeer opspoor, maar eers op tweede staanplek reaksie na 'n half uur gekry. Op hulle spoor vir 5km en drie staanplekke later, net stilte en niks gewaar nie half 3 toe maar halt geroep, ek moet nog probeer werk ook!!!
Jammer die jakkalsjag ding is so moeilik, ek sou dit maklik 'n werk kon gemaak het!!!

Nogal redelik respek vir die manne wat dit voltyds doen.... dis werk!!!
Groete uit die Namakwaland
Re: Weer ongunstig !
Posted: Sat Nov 30, 2013 3:16 pm
by .220 Swift
Ek sekondeer: om voltyds n lewe uit ondier jag te maak is vir harder manne as ek.
Dis baie lekker-maar baie moeilik.
Daar rus verder n groot verantwoordelikheid by ons wat dit as n "hobby" doen om nie die voltydse ouens te "bevark" nie.
Ouens soos Taffie deel sy kennis op die forum - al stel dit "deeltydse" ouens in staat om met hom te "kompeteer". En as die jakkalsjag stokperdjie nie uitwerk nie...wel, daar is nog altyd die gholfstokke wat weer n slag afgestof kan word, reg?
Ons tipe se oppervlakkige belangstelling in die "sport" word reflekteer waneer ons vir mekaar skryf hoe ons uitsien na die "maklike tyd". Watse maklike tyd? Deur n wit voertuig te gebruik omdat die "commitment" om die kleur te verander te duur / permanent is?
Dank Vader ek hoef nie n lewe hieruit te maak nie-want dit word nie makliker nie-inteendeel.
Ek wonder nou: is al die kursuse en toerusting wat so vrylik beskikbaar is, n goeie ding?
Re: Weer ongunstig !
Posted: Sat Nov 30, 2013 9:14 pm
by Jassie
.220 Swift wrote:
Ouens soos Taffie deel sy kennis op die forum - al stel dit "deeltydse" ouens in staat om met hom te "kompeteer". En as die jakkalsjag stokperdjie nie uitwerk nie...wel, daar is nog altyd die gholfstokke wat weer n slag afgestof kan word, reg?
Ons tipe se oppervlakkige belangstelling in die "sport" word reflekteer waneer ons vir mekaar skryf hoe ons uitsien na die "maklike tyd". Watse maklike tyd? Deur n wit voertuig te gebruik omdat die "commitment" om die kleur te verander te duur / permanent is?
Dank Vader ek hoef nie n lewe hieruit te maak nie-want dit word nie makliker nie-inteendeel.
Ek wonder nou: is al die kursuse en toerusting wat so vrylik beskikbaar is, n goeie ding?
Swift
Die probleem is dat ou Taffie en ander ernstige jagters, beroepsjagters of nie, na die tyd in die "sportman" se stof moet jag. Baie harde werk lê vir die boer, wetend of nie, voor en beide die opvolgjagters en die boer, moet kos op die tafel sit terwyl die eerste persoon kan oorslaan golf toe en aangaan met sy "sports".
Kursusse is 'n uiters belangrike deel van die probleemdierbeheer-aanslag, maar ou Langenhoven het mos gewaarsku, "
Kennis in die kop van 'n dwaas is soos 'n skeermes in die hand van 'n aap."
Elke persoon betrokke moet dus maar besluit aan watter kant van die lyn hy/sy wil staan of hoe?
Ek stem saam dat dit bietjie van 'n "los skroef" insluit om 'n beroep daarvan te probeer maak.
Groete aan die grotes
JAS