Page 1 of 2

Jack russel

Posted: Wed Mar 25, 2009 11:34 am
by Yalair
Hoop nie die is onvanpas, maar dis nou tipies

Image

Re: Jack russel

Posted: Thu Mar 26, 2009 8:59 pm
by Christo
Yaliar

Moet net nie daardie Jack Russel kruis met 'n Annatollie nie. Dan is daar p?re.

;)  ;)  ;D  ;D

Christo

ps: 'n Hond moet in elk geval ho?r op sy bene wees as jou kniehoogte om 'n hond te wees.

Re: Jack russel

Posted: Mon Apr 06, 2009 12:09 pm
by Freek
Hey manne dis 'n skerp hond daai, hy maak net seker dat die bok wel dood is. :D  :D :D 8)

My vriend se Jackie se naam is nie verniet SANLAM nie (Ons dek alles...)

Ek het respek vir daai brakkies, hulle het hart.

Re: Jack russel

Posted: Mon May 04, 2009 11:03 am
by WillJak
Jong ek het ook 'n gevoel vir die Jackies, maar ek het nou maar opgegee op hulle, hulle word net nie oud genoeg nie. Ek is seker deur ten minste 5 van hulle oor die laaste paar jaar - as 'n vark hom nie dood maak nie, dan byt 'n slang hom, of 'n ander hond byt hom dood, of jy ry hom dood - maar hy vrek nie van ouderdom nie.....

Re: Jack russel

Posted: Tue Jul 14, 2009 9:29 pm
by Francois Marais
Hi

Hiers myne, sy naam is KRUMMEL. Hy is seker nie opreg J/Russel nie, maar ek het hom gekry as een. Darm bietjie meer gehoorsaam en sterker, so ek gee ngladnie om vi die ander pa's wat kom hetp het nie.

Image

Hy is my tweede kind.

Image


Mooi bly

Francois

Re: Jack russel

Posted: Wed Jul 29, 2009 11:18 am
by 7x57
Goeiedag julle

Bly om te sien daar is 'n web waar jagters kan gesels. Is daar dalk 'n kurses op dvd wat 'n mens kan gebruik om honde en veral Jack Russels kan oplei vir die jagveld?

Re: Jack russel

Posted: Wed Jul 29, 2009 1:34 pm
by Freek
Pragtige hond daai Francois. Lyk of hy die veld en sy baas geniet.

Re: Jack russel

Posted: Wed Jul 29, 2009 7:40 pm
by Francois Marais
Freek

Thanks man, ja hy is uit sy nate as hy sien ek stap met n geweer kar toe, gaan ook saam as ek gaan roep sit nogal mooi stil, soos ek gese het is nogal bly dat hy nie opreg J/Russel is nie, hulle is partykeet net TE lewendig.

Mooi loop

Francois

NS  Al my kliente wil hom net altyd saamvat, al paar fotos van hom op AR ook.

Re: Jack russel

Posted: Tue Sep 29, 2009 3:46 pm
by Foxcreek
Image

So lyk my "Real Jack Russell" 'n ware jakkals stamper!

Foxcreek

Re: Jack russel

Posted: Tue Sep 29, 2009 5:43 pm
by Ja3
FC

Damn!
Sit vir hom 'n Kevlar kopskerm en "body armour" aan en hy maak enigiets dood.
Jy sien sommer die verslawing in sy o?.

Ja3

Re: Jack russel

Posted: Wed Sep 30, 2009 6:52 am
by Freek
Foxcreek,

Pragtig mag hy nog baie van sy soort in die jakkals stryd ly. Sit vir hom lapelle op... ;)

Re: Jack russel

Posted: Wed Sep 30, 2009 6:55 pm
by dan
Dan
Dag se manne se vir my daardie jack russel hondjies van julle waar voor gebruik julle die honde.ek verstaan mens kan hulle gebruik vir jakkals jag ook.Is dit so en wat is dan hulle werk kan iemand my asb se

Re: Jack russel

Posted: Fri Feb 12, 2010 9:22 pm
by tafjak
Ek het ook tog 'n hond of 2 en hier is hulle. Darem al so 2 en half maande oud.

Tipies goeie honde, merk sommer die bakkie as tuiste met opklimslag.
Image

En snuffel en loer so bietjie aan wat wag.
Image

Re: Jack russel

Posted: Fri Feb 12, 2010 10:41 pm
by Ambessa
Hallo Tafjak
tafjak wrote:...Darem al so 2 en half maande oud... ...Tipies goeie honde, merk sommer die bakkie as tuiste met opklimslag.
Nog klein en reeds kliphardegatengladnieskaamomdittewysnie...

Ambessa

Re: Jack russel

Posted: Fri Feb 12, 2010 10:50 pm
by Christo
Taffie

Die skerp stok lyk kompleet of jy die jakkalse op 'n stok inryg ?  ;)

Mooi honde, hulle behoort hulle gestand te doen by neste as hulle bietjie groter is.

Ek sien jy koop 'n soort ras met kort sterte ( soos dit hoort ). Die wette verbied mos deesdae dat ons die sterte mag knip. ;D

Die lengte van die sterte was in die verlede so lank/kort gesny sodat jy behoorlik die hond aan sy stert kon vat en in die gat sit. Blykbaar kan hulle die optel aan die sterte gemaklik vat. Of dit nou 'n wolhaar storie was wis ek nie maar dit het nogal sin gemaak.

Christo

Re: Jack russel

Posted: Sat Feb 13, 2010 4:05 am
by tafjak
Christo

Die sterte is nie gesny nie, maar elke keer as darie teef kleintjies kry, byt sy hulle self af om soos hare te lyk. :D Ek het ook gehoor dat die sterte lank genoeg moes wees om die hond daaraan te kon optel.

Ambessa

Ja, die 2 is sommer bakgat. Wat my opgeval het is dat die sterte nooit tussen die bene was toe ek hulle op die bakkie sit nie, sommer sonder om huiwer die aand se vangs gaan ondersoek. Op die 2de foto lyk dit of die tefie net check of die skote reg l

Re: Jack russel

Posted: Sat Feb 13, 2010 6:56 am
by Foxcreek
Christo

Die ou Engelse Foxhunters het al hulle terriers se sterte 4 tot 6 duim lank afgesit om die volgende redes:
1. Hulle moes die sterte afsit omdat die honde vreeslike wonde aan hulle sterte opdoen wat sukkel om op te hou bloei en omtrent nooit ten volle genees nie. Dit het gereeld gebeer as hulle foxes en badger(wat nou verban is) gewerk het.
2.Die terriers het nou en dan in die gate en rotsskeure vasgesit en daarvoor het hulle besluit om die sterte 4-6 duim lank af te sit sodat hulle 'n handle kon he om die hond aan uit te trek. As hulle die honde andersins hanteer het(uit kaste haal, in gate sit, ens,) het hulle hom aand die nekvel(scruff) gevat.
(Bronne: Terriers and terriermen, John Broadhurst. The Real Jack Russell Terrier, Eddie Chapman. john Russell and his terriers,??)

Foxcreek.

Re: Jack russel

Posted: Sun Feb 14, 2010 10:09 am
by peet
Hi Christo

Ek het op die internet gelees dat in een of ander plek oorsee is dit deur die hof goedgekeur om slegs werkende Jack Russells se sterte af te sit weens die beserings wat hulle aan hul sterte opdoen, ek weet nou nie in Suid Afrika nie.

Peet

Re: Jack russel

Posted: Mon Feb 15, 2010 6:58 am
by Foxcreek
Manne

Peet/Christo.

Gaan kyk by www.jackrussellsa.co.za onder 'news'. Daar is 'n hele stukkie oor tail docking.

Taffie: "Waar het jy daai twee jak stampers gekry?"

Foxcreek.

Re: Jack russel

Posted: Mon Feb 15, 2010 9:10 am
by Nico Harris
hierdie is my jack russel! sy is nou amper n jaar oud. sy het n besonderse skerp neus! al n paar keer bokke lank voor on gevind as hulle bietjie ver gan met n blad skoot. hier is sy saam met my broer en n vlakvark wat hy laas jaar geskiet het. haar naam is Pixie!

Image

Re: Jack russel

Posted: Wed Feb 17, 2010 8:27 pm
by Christo
Foxie

Dankie vir die info. Ek maak aantekening. Nooit te oud om te leer

Christo

Re: Jack russel

Posted: Thu Feb 18, 2010 7:14 am
by Freek
Sorry Taffie, ek is bietjie stadig met die inhaal hier op die forum nadat ek van Louis af terug gekom het. Daai twee van jou lyk sommer of hulle die swartrug honde van iewer ken, seeker maar ma se instink en data basis wat oor gedra is in die nuwe gene.

Foxy interesante info daai.

Harris, daai een van jou lyk of sy nog lank nie klaar is met vark jag nie. Sien sommer die opgewondenheid en afwagting in haar o? soos sy haar slef op charge vir die volgende trip.

Re: Jack russel

Posted: Thu Feb 18, 2010 9:33 am
by Foxhound
Manne dis mos nou wat mens jakkals stampers noem

Daai brakkies gaan nog groot geeste word as hul nou al die dinge begin uitkyk

Tafjak jy moet maar dat hulle al jou skootjies ondersoek dat hulle die VYAND kan goed uitsnuffel

hier n foto van my en my ou maat, die Oscar!

Image

Ek is opsoek na 'n wirehair tefie,as een van julle manne dalk van iemand weet wat het sal ek dit baie waardeer

Re: Jack russel

Posted: Tue May 04, 2010 9:56 am
by Geno
Probeer vir Ilze Grobler 082 855 5226 . Sy't baie goeie steekhaar honde.

Hier is my hond, Lucy, pa- steekhaar, ma- kortbeen gladdehaar. Bitter goeie spoorhond, en ook nie bang om iets vas te keer nie, sy het al 'n gekweste blouwildebees aan die neus gegryp en vasgeklou tot ek hom geskiet het.

Image

Re: Jack russel

Posted: Tue May 04, 2010 12:04 pm
by JACQUES BOTHA
foxhound.
Dit lyk dan vir my of daai ram n tag aan het wat lees 'debrug' of is daai skoot in die oor gewees.
Groetnis
JB