Page 1 of 1
Regte teleskoop
Posted: Sat Nov 23, 2013 4:04 pm
by 720704
Goeie dag, X n nuwe lid van die forum.
Ek het nou al vir 2 maande gelees en g google oor teleskope en ja my vrou is v my gatvol en my 3g rek is sky high .
Ek het die Burris 3 , Zeiss, Vortex, Bushnell Tactical en Rudolph onder oe gehad, di probleem is net dat al die produk handelaars " pro" n spesifieke teleskoop is .
Ek kan onder ander die Bushnell 4.5x30x50'Mildot 30 mm vir R10 500 aankoop , ek het reeds bushnell 3x9x40 op my 6mm Musgrave.
Ek hou nogal van die 6x24x50 Rudolph en so ook di Vortex.
NOU watter een ? Is daar n Rudolph handelaar in Bloemfontein ? Die Skietwinkel is kwaai pro Vortex.
Re: Regte teleskoop
Posted: Sat Nov 23, 2013 4:08 pm
by Pvdw
Dag dag. Stel jouself gou voor onder nuwe lede en die manne sal vinnig inval met raad.
Op watse kaliber en wat wil jy doen?? Dag of nag skiet??
Peet
Re: Regte teleskoop
Posted: Sat Nov 23, 2013 4:40 pm
by Geno
Siende dat jy op die nag oes afdeling vra, sal ek die Lynx/Zeiss/ S&B 8x56 voorstel.
min scopes kom by hulle vir oeswerk.
Re: Regte teleskoop
Posted: Tue Nov 26, 2013 11:26 am
by tau
Die manne praat met vreeslike lof van die vaste vergroting S&B scopes vir nag skiet.
Re: Regte teleskoop
Posted: Tue Nov 26, 2013 12:42 pm
by Stefan Fourie
Ek skiet min in die nag, maar ek stem saam met die raad vir fixed 8x56. As grootliks vlakte skut is ek ook glad nie 'n ondersteuner vir verstelbare vergrotings nie. Hou by een vergroting en leer daarvolgens waar jou geweer oor watter afstand skiet.
En koop gerus 'n duursame teleskoop, dis die geld werd. Ribbok se raad, "'n goeie teleskoop stel nie uit nie", ek dink hy het S&B op al sy gewere. Ek is gelukkig om 'n Swarovski 8x56 op my 270 te hê. Die enigste keer wat daai teleskoop uitgestel het was toe die plaas eienaar kop verloor het en met sy swb Land Rover 'n kudu oor baie slegte slote en klippe gejaag het. Ek het agter in die skietstoel gesit en toe die stof gaan lê het ek en my geweer sy stoel uit proporsie geval, my scope het nou nog 'n duik in en die grys skiet stoel se rooi onderlaag verf sit nog op die scope.
Sê weer, koop maar 'n duur en verkieslik 'n Duitse of Oostenrykse scope.
Re: Regte teleskoop
Posted: Tue Nov 26, 2013 3:42 pm
by jamalley
720704, stel jouself bekend onder die post "nuwe lid" of nuwe aansluiting, die manne is nogals baie erg daaroor
Re: Regte teleskoop
Posted: Sun Apr 13, 2014 6:08 pm
by Vlooi1996
Gaan kyk na die Redfield reeks teleskope. Excellent
Re: Regte teleskoop
Posted: Tue May 20, 2014 9:21 pm
by vbd
Ek sal ook enige van die drie europeers voorstel, nie dat Vortex nie goeie kwaliteit is nie, net nie opties op Zeiss Swaro of S&B nie. Hang af van jou begroting.
Re: Regte teleskoop
Posted: Tue May 20, 2014 10:11 pm
by Marc
Vir my persoonlik is Vortex se kruishaar te dun vir nagskiet, mens verloor hom te maklik
Re: Regte teleskoop
Posted: Tue May 20, 2014 10:18 pm
by Cobus(Cobb)
Nee wat Marc, noggie een jakkals hoor kla oor my Vortex kruishaar nie...ek hou netnie van sy eye relief nie.
Re: Regte teleskoop
Posted: Tue May 20, 2014 10:29 pm
by Marc
Cobus(Cobb) wrote:Nee wat Marc, noggie een jakkals hoor kla oor my Vortex kruishaar nie...ek hou netnie van sy eye relief nie.
Jou oe is beter as myne

Re: Regte teleskoop
Posted: Tue May 20, 2014 10:32 pm
by Sako75
Ek is 'n groot voorstander daarvan dat ek eerder 'n gebruikte maar in goeie toestand Swarovski of S&B sal koop voor ek ander make sal oorweeg. Ek doen geen nag jag nie en het 'n reeks van teleskope maar my 8x56 S&B's bied baie vir my op my 243.
Re: Regte teleskoop
Posted: Thu Oct 15, 2015 11:38 am
by jassonmoss38
I must agree with Marc. My vortex HS 4-16X44 is very nice to aim through but I can see Myself having a problem at night with the fine crosshairs. That said, I have not shot at night, just dusk. Their guarantee and clean glass sure make it a good option to consider. Either way your range is all quality so you should be happy one way or another
Re: Regte teleskoop
Posted: Sat Jan 02, 2016 8:52 am
by Kalaharihunter
Also agree / support the nominated Swarovski / S&B 8X56. They work very well at night culling / shooting.
Re: Regte teleskoop
Posted: Sat Jan 02, 2016 11:22 am
by Heinz Petersen
As jy die scope meeste van die tyd gaan gebruik vir nagskiet , kan jy ook gerus na die Hawk 6-24x56 kyk.Prys is goed en regtig goeie waarde vir geld.
Re: Regte teleskoop
Posted: Sat Jan 02, 2016 2:00 pm
by Kubus
Volgens my die beste waarde vir geld, en ek bedoel dit.
As jy n beperkte budget het!!!!!!
En vir nagskiet/oes.
Lynx 2.5 - 10 X 56iR
Nog goedkoper: Lynx 8 x 56iR
Ons weet mos almal brag met hul Mercs en BMW's want hulle kan dit bekostig.
Ek kan nie en skiet dus net Lynx, met die illuminated recticle, pas my sak, en sal daarby hou, perfek vir nagjag/oes en jakkalse.
Re: Regte teleskoop
Posted: Sat Jan 02, 2016 2:07 pm
by Jaco Bezuidenhout
Kubus
Stem nogals saam met jou,Lynx,vroer Tasco(Japan) het seker van die meeste wild in SA vroer jare en selfs nou geskiet. Een maak wat ook deesdae my aandag trek is Burris,bekostigbaar,helder en duursaam. My vlg scope is n 4.5-14 x 42 op my nuwe 2de handse 222 Sako.
Jaco
Re: Regte teleskoop
Posted: Tue Feb 23, 2016 9:31 pm
by esman
Het vir my Meopta 3x12x56 r4r scope gekoop vir nag skiet spesifiek. Werk regtig soos 'n bom. Al 3 jakkies plat. R10800.
Re: Regte teleskoop
Posted: Sun May 21, 2017 7:23 pm
by geelslang
Kerels hoe sal 'n Swaro Habicht PV 4-16x50 scope werk vir oeswerk. Dag en nag?