Page 1 of 1
Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Sat Nov 23, 2013 2:01 pm
by Gert Odendaal
Goeie dag lede, tydens die Geloftefees tydperk wil ek graag `n ou botterkarring gebruik wat ek as kind mee gekarring het. Ek probeer onthou wat Tannie Anna Louw van Komatipoort als in die botter gesit het as ons dit uit die karring gehaal het en dit in die hout raampies ingedruk het. Ongelukkig kan ek nie onthou hoeveel sout it by die botter gegooi nie.
As iemand my kan raad gee hoe om die regte hoeveelhede ek by `n blok (500gram) botter moet gooi om dit in die houtraampie in te pers vir die blok vorm.
Ek hoor graag van julle.
Groete
Gert Odendal
Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Sat Nov 23, 2013 2:05 pm
by mariusr
My ouma het ook altyd gemaak dan wag ons eers vir haar warm brood uit die koolstoof

het altyd gekyk hoe sy die botter maak maar kan nie onthou hoeveel sout al wat ek weet was dat dit maar min sout kry?

Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Sat Nov 23, 2013 2:41 pm
by 3006
Ongeveer 1/4 teelepel per 200g botter afhangende van jou smaak.
Ai daai groot "paraffin blik brode met varkvet en stroop, gemaalde vleis kaings op pap, man ek mis dit baie.
Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Sat Nov 23, 2013 2:45 pm
by LongWolf
gooi na smaak, begin met baie min.
Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Sat Nov 23, 2013 3:36 pm
by Gert Odendaal
3006 wrote:Ongeveer 1/4 teelepel per 200g botter afhangende van jou smaak.
Ai daai groot "paraffin blik brode met varkvet en stroop, gemaalde vleis kaings op pap, man ek mis dit baie.
Nee,Nee .3006, jy kan nie meer so eet nie, daar is nou kolestrol en jou hart is deesdae meer geneig om jou aan te val as jy daardie dieet volg, ek sal darem fotos neem van die Boer brode, ek het die broodpanne se mates as volg gemaak, 500x150x150, so daar gaan `n Brooood uitkom...

1/4 teelepel klink vir my aanvaarbaar....die brood gaan dan groot genoeg wees...
Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Sun Nov 24, 2013 8:18 am
by Henry 7
Gert
Ons doen dit nog-gooi na smaak
Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Sun Nov 24, 2013 9:23 am
by stan man
hello gert.
as ek botter maak en ek gooi die botter uit ,was ek eers die botter met sout water. ek gooi so n teelepel sout op n liter water. dan was ek die botter met n botter spaan,tot al die karring melk uit gewas is. ek is nie mal oor baie sout botter nie,so dan gooi ek net so n knypie sout by n blok botter en meng dit dan in.
vir my werk dit die lekkerste. daardie karringmelk werk dan ook die lekkerste in beskuit.
man hoe verlang ek nou na my pa !! hy het altyd die karringmelk gedrink as ons botter maak.dit was vir hom die lekkerste om vars karringmelk te drink.
Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Sun Nov 24, 2013 10:13 am
by Gert Odendaal
Stanman en lede
Groot dankie, ek gaan die resep volg, sal maar moet die karringmelk gebruik om sommer beskuit te knie en te bak...sal die week eers gou die karring skoonmaak en regkry vir die fees tydperk. Sal moet hout raampies maak vir die botter blokke.
Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Mon Nov 25, 2013 6:41 am
by 3006
More Gert
Ek gaan gereeld na Marico se Herformde kerk basaar toe en daar is lekker kaaings met pap (met chillies ook as jy wil).
Ek moet daai cholesterol pille iets gee om te doen
Groete
Lekker bak
Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Mon Nov 25, 2013 10:06 am
by jamalley
Gert as jy daai raampies maak onthou om 'n foto op te sit en as ek reg onthou het my ouma later jare sommer was papier ingevou sodat die botter maklik uitgehaal kan word.
Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Mon Nov 25, 2013 10:41 am
by PaulM
Gert Odendaal wrote:Stanman en lede
Groot dankie, ek gaan die resep volg, sal maar moet die karringmelk gebruik om sommer beskuit te knie en te bak...sal die week eers gou die karring skoonmaak en regkry vir die fees tydperk. Sal moet hout raampies maak vir die botter blokke.
Bêre 'n bietjie van daardie karringmelk om saam met krummelpap ook te eet. My bek water nou so ek lyk soos 'n honger Boerboel....
Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Mon Nov 25, 2013 10:57 am
by jamalley
Dan moet jy nie die draad oor die "patty" oopmaak nie
Re: Karring van botter, hoeveel sout?
Posted: Tue Nov 26, 2013 8:54 pm
by Gert Odendaal
Ek en `n vriend het broodpanne vir Johan gemaak wat hy tydens die Gelofte fees tyd wil gebruik, hierdie is Boer brode...mates van die broodpan...500x150x150 ...die brood kom tog te mooi uit, sal maar fotos moet neem en oplaai...Ek gaan more my karring uithaal en skoonmaak, sal maar moet begin oefen om die karring te draai...Hierdie is regtig `n baie ou karring, sal fotos oplaai...