Page 1 of 1
meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 11:54 am
by jakkalsdb
Dagse
Kan iemand my meer vertel van die aksie asb. Dit lyk baie na n mauser k98 maar dit se nerens op hom wat se maak hy is nie.... Enige raad of advies sal wardeer word ek wil weet of die aksie gebruik kan word om n oordentlike 308 0f self 300 win te bou en ook die waarde van die aksie indien moontlik...Ek het ook n Sporco aksie. Dan besluit ek nog tussen Musgrave of Ferlach loop 26"....Advies asb manne..Ek hoop die fototjies help maar gat maar moeilik om die goed op net te kry hahaha
2.2.gif
1.1.gif
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 12:03 pm
by Geno
Brno mod.21, of so lyk dit vir my.
Baie oulike aksies met die double-set trigger.
Die een sneller, stel die ander sneller na haar-sneller.
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 12:06 pm
by Geno
O ja,
Welkom by ons! Moet nou nie net verdwyn na jou vrae beantwoord is nie asb?
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 12:22 pm
by jakkalsdb
Geno
Nee ek sal nie hahaha net hel besig in die wapen winkel jong eks maar nog nuut met die bou van gewere maar doen die skiet ding lekker !!!!...Ek het met wit bord kruit op die aksie gekrap en kon vaagweg soortvan uitmaak die Czeck....... Brno ....... en dis al.. My plan is om die aksie op n Musgrave 26" loop of Ferlach 26" loop wat 6 hoekig is te monteer en een parmantige .308 of 300 win mag te bou ek moet ook by se dat die lope splinter nuut is en is helse dik goed hulle meet 24mm. Die lope het ek hier in die kluis gekry wat al vanaf die vroee 80s af in ons wapen winkel le en na my pa se afsterwe het ek maar die winkel oorgeneem en so krap ek maar rond hahaha en doen die skattejag as ek tyd kry ... en ek wil nou iets doen met die goed doen... Ek weet die goed was vir Busley gewere wat my pa en oom ozzy penshorn nooit kla gemaak het nie.So nou gat ek die projek verder vat....
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 1:09 pm
by jakkalsdb
Hiers n paar fototjies van die loop wat saam die aksie moet gaan ....
3.gif
4.gif[attachment=0]5.gif
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 1:11 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse
Welkom van waar in die wereld is jy vertel bietjie meer oor jouself.Het jy nie dalk n 458 loop wat daar rondle nie?
Groete
Kobus
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 1:32 pm
by jakkalsdb
Eks van Brits jong en Ons is De beer Wapens in Brits... Ek het ongelukkig geen 458 lope nie maar soos ek se hie kom baie "Bargains" deur die deure gestap en sal bietjie my oe oop hou vir jou..Ek sien jy hou ook van die groot GUNNE hahaha. Die goed wat jou bietjie laat verlang na iemand wat jy nie ken nie as jy die sneller trek....
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 1:37 pm
by Geno
Jacques,
Skreeu maar as ek moet help om te identifiseer aan die aksies en so aan.
Ek is tans op Harties, maar trek volgende naweek Brits toe.
Groete,
Eugene
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 1:41 pm
by jakkalsdb
Gino dis goeie nuus... As jy niks het om te doen nie kom gooi draai en drink n koeldrank dan praat ons oor gunne....Dan kan jy somme die aksie in lewende lywe sien en kan ek so bietjie my plan vir jou vertel
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 1:52 pm
by JAGTERSREG-JRM
JAcques
Jy prt hier bo van n sportco aksie is dit ma eintlik n Mauser K-98 ? Ek dink amper die aksie wat ek hier het is ook een maar lyk baie naby aan K98. Ja nee kyk eers die 375 toe die 416 ruger nou dink ek aan 458, die 243 en 7x64 voel maar afgeskeep
Groete
Kobus
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 2:45 pm
by Armand Steenkamp
n Sportco aksie is moeilikhyd! Sy sluit nokke sluit in die loop. Dis nou sie sportco Omark enkel skoot aksies waarvan ek praat
Groetnis
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 2:46 pm
by Pappabeer
Dit inderdaad n Brno model 21H aksie, maar die meer raar tipe wat tussen 1944 en 48 gebou is met die ronde receiver bokant. Daarna is hulle verander na n dubbel vierkantige brug met integrale dovetails vir teleskoop monterings. Dit is lieflikke aksies, maar soms kan die snellers n bietjie sukkel. Die haarsneller is baie keer te fyn, en die gewone een trek te swaar, maar met geduld kan mens by n goeie middeweg uitkom deur te stel en poleer aan hulle
Hulle het meestal in 6,5;7&8x57 uitgekom met n 22" loop.
Geno, wat gaan jy in Brits maak?
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 5:56 pm
by jakkalsdb
Pappabeer
Dankie vir die inligting dis net soos jy da se die aksie het ronde brug . Se my gaan die aksie mooi loop as ek .30 kaliber wil bou
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Fri Nov 22, 2013 11:37 pm
by Pappabeer
Jy kan seker enige kaliber op hom bou. Persoonlik sal ek n kaliber keus waar jy nie aan die aksie hoef te verander nie, en wat nie te veel druk gaan afgee nie. Dit is baie sterk M98 tipe aksies, maar die lepel handvatseltjie is maar delikaat, en jy gaan nie wil sukkel om doppe wat effens vassit uit te kry met hom nie. Dit is ook nou nie die akkuraatheid van self nie, so my keuse sou n ligte klein bosgeweertjie wees, verkieslik in een van die oorspronklikke kalibers, andersins in .308.
Groete,
Dewald
Ps. Indien jy nog so n aksie het sal ek dit graag by jou oorkoop. My 7x57 is identies en ek sal dan 'n 6,5x57 daarop bou.
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Sat Nov 23, 2013 8:23 am
by spekieries
Ek dink jy moet die magasyn kas meet en 'n koeƫl kombinasie kry wat in die magasynkas pas sonder om daar te sny of te verander. As jy praat van 'n 300 soos die 300 win mag of iets dergliks is dit belangrik dat die "bolt face" nie verander hoef te word nie. Hierdie aspekte jaag die prys op as jy 'n kombinasie wil saamstel.
Gebruik ook dummy rondtes en kyk watter rondte voer die beste sodat daar nie aan die "feeding ramps" gekarring hoef te word nie.
'n Lekker .308 klink vir my ook na die roete om te gaan, gegewe Pa B se raad oor die "spoon" op die slot wat redelik skerp is en kan seer maak.
Re: meer inligting oor aksie asb !!!!!
Posted: Sat Nov 23, 2013 11:14 pm
by jakkalsdb
en wat dink die slimmes van die loop.... moet ek hom korter lat sny na so 22 duim of moet ek hom los op 26.....Ek is tans besig om te kyk of ek van oor die waters n mooi kolf kan lat kom ek hou van die laminated reeks wat rifle-stocks.com het en selfs Stockies maar die mense is nie baie lus om n man te help nie en ek weet Boyds stocks stuur na Rsa maar ek het niks moois da gesien nie... Weet jul dalk van enige Suid afrikaanse maatskapy wat mooi laminated kolwe semi finish verskaf...My plan met die aksie en loop is is om so lekker kort ou vegvarkie maar ietsie moois te bou... As jy die gun vashou en sien moet jy somme net wil skiet al is dit na die naaste kwevoel wat sit en raas haha.Wag vir die slim manne se antwoord