Page 1 of 1
Big Bore Terugvoer
Posted: Mon Nov 18, 2013 11:01 am
by Marc
Daar was weer die naweek 'n Big Bore Shoot as ek nie verkeerd is nie, kom gee bietjie terug voer manne. Stefan was jy nie ook daar nie.
Dit sal gaaf wees as iemand dalk sommer paar prentjies kan laai ook

Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Mon Nov 18, 2013 1:10 pm
by Frederik
Jammer Marc, ek het nie prentjies gevat nie maar die dag was baie lekker op die nuwe baan.
Manne en dames het maar gesukkel met die buffel wat hardloop en hy was nie stadig lekker turbo in hom gehad.
Daar was weer paar mooi roere op die dag en lekker gekyk terwyl ek bietjie RO gespeel en help het.
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Mon Nov 18, 2013 1:14 pm
by Stefan764
Skiet was Saterdag...
Ek het al baie pak gevat oor die organiseer van n skietdag en as n onafhanklike lid van die vereniging kan ek seker maar my mening lig? Frederik is ook hier op die Forum, hy kan maar kom reghelp waar hy voel ek praat nonsense...
Die nuwe baan is Saterdag ingehuldig. Ek weet dit vat verskriklik baie effort (man-hours) om so baan te bou. Die manne is ook al baie lank besig met hom. Vir Saterdag se skiet was daar net een baan gereed om 102 skuts te laat deelneem op. Hulle wou almal deur hardloop en dan die baan verander en dan "Range2" op dieselfde baan skiet, weer 102 skuts. Met my beperkte kennis van big bore skietdae reel het ek so half van die begin af geraai die kite gaan nie vlieg nie.
Lang storie kort, "Range1" is geskiet, 6x skote en dit was dit vir die dag, daar was nie tyd vir ekstra baan opstel 3pm die middag met 102 skuts nie.... Ek voel die R250 wat ek vir die skiet van 6x skote betaal het as n besoeker was bietjie rof. Ek weet daar kan niks na die tyd daaraan gedoen word nie maar ek moet tog se as dit my besluit was sou ek dit bietjie anders gereel het maar dit nou daar gelaat, genoeg gal gebraak.
Die baan wat ons geskiet het was vreeslik owindend. Eerste skoot is oor n chronograaf van skietstokke af geskiet vir n lewensgrote olifant teiken op sowat 10m. WOW! Dis al wat ek kan se! Om opdraende te skiet na die olifant se brein is regtig 100% realisties. Jy beweeg dan na regs en laai jou volgende 3x patrone. Een is weer vir die Oolfant en dan is die volgende 2x skote vir n Leeu wat dwars staan agter riete se brein te skiet. Jy beweeg dan nog regs terwyl jy jou 2x patrone laai en deur n hekkie beweeg. As jy deur die hekkie stap trigger hy n stormende buffel wat seker v ir so 20m reg voor jou verby hardloop (afstan seker so 12-12m) en dan teen die wal stop, waar jy nie meer mag skiet as hy die tyres raak nie. Jy moet eers n stilstaande buffel tussen die riete skiet en dan die bewegende buffel. Baie realisties as jy mooi daaroor dink, swak skoot op Buffel 1 maak dat hy weghol en jy net n sekonde of twee om die skoot te plaas op die hardlopende buffel se hart-long area.
All-and-all great fun op die eerste baan!
Ek wil hier ook graag n groot positiewe comment maak vir die organisasie BASA. Ons vergeet nou van die min skiet en lank wag, dis verby.
Die manne het n perfekte venue so 5km uit Bronkies gekry. Baie parkeerplek en alles is in n Black Wattle plantasie/bos. Jy voel die heeltyd dat jy nie op n gewone skietbaan is nie. Jy kan ook niks anders sien as die mense saam jou daar en die braai geriewe en afdak nie. Reg om jou is bome. Jy hoor nooit n kar nie. Dis regtig n great skietbaan.
Ook n pluimpie vir die organisasie, om 102x inskrywings te he teenoor laasjaar se 70x op die AGM wys verseker daar word iets reg gedoen. Ledetalle wat optel en skietdae bywonings wat klim is die bewys daarvan.
Sien uit na die volgende shoot, hoop ek skiet beter as die rondte... Het maar gesukkel weer hehehe...
Groete
Stefan
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Mon Nov 18, 2013 1:40 pm
by Marc
Dankie vir Stefan, klink na vet pret met die alomteenwoordige groei pyne. Dis jammer die bane was nog nie voltooi nie, om 'n 102 skuts met jeukerige vingers gelukkig te hou is sekerlik ook nie maklik nie. Kom ons hoop die volgende rondte loop dinge oop. Daai Buffel storm klink na 'n uitdaging en n half
Oor die algemeen kry ek die indruk dat die opset lekker gaan werk. Was daar ande Forum manne ook daar

Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Mon Nov 18, 2013 2:07 pm
by Frederik
Stefan,
Dankie vir die goeie post dit is definitief meer positief as negatief.
Jy het 'n baie goeie punt gemaak met die R250 en net die een baan ek moet se ek as lid en dit nie in ag geneem of daaran gedink nie omdat die gelde vir 'n goeie doel gaan.
Ek sal met die exco gesels en met hulle mee maak oor die punt.
Julle moes ook so bietjie langer gebly het vir die prys uitdeling en die braai.
Jy het nie te sleg gedeon nie die baan was nie maklik nie daai leeu het baie mense geflous en die manne/dames het vir die ou gate geskiet en nie mooi gekyk waar die brein sit nie en die buffel was fast en furious.
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Wed Nov 20, 2013 9:31 am
by afrikan
Hi Stefan,
Baie dankie vir jou objektiewe beoordeling van die dag. Ja, die dag se opkoms het ons totaal verbaas. Ons het gehoop vir 50 skuts en vandaar die beplanning vir twee bane. Ons kon seker die baan makliker en eenvoudiger gemaak het, maar die Bestuur het gevoel dat ons 'n tradisionele BASA baan daar wil stel met bewegende teikens ens. Ons kon ook seker die "shoot" op 'n ander baan gehou het en slegs die AGM by die nuwe baan gehou het. Dit was egter 'n besluit van die Bestuur om die "shoot" by die nuwe baan te hou sodat lede en nie-lede kan sien hoe die baan lyk.
Ek wil jou en ander lede en gaste egter verseker dat die beplande 'shoot" vir Februarie meer bane sal he en dat dit beloof om 'n uitdagende en opwindende dag te wees.
Groete
Pieter Swart (Afrikan)
Baan beplanning en organiseerder
Big Bore Association of Southern Africa (BASA)
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Wed Nov 20, 2013 10:26 am
by Stefan764
Hallo Pieter
Baie dankie vir jou terugvoer.
Ek is seker ek en ander Groot Gunne entosiaste kan saam met n groeipyn of twee leef as opkomende skietdae in hierdie een se spore gaan volg!
Sterkte met al die dinge by die nuwe baan. Ek kan myself net indink hoe loop n skietdag oor n jaar of so daar as al 6 daai bane klaar is en die klubhuis ook!
Groete
Stefan
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Wed Nov 20, 2013 12:22 pm
by grumpy
Kan ek sommer hier vir die manne vra wat die BASA skiet.
As jy n scope op jou geweer het en jy wil die BASA skiet. Sal dit goed wees om quick release op te he om scope af te haal vir die dag en met V sights te skiet of wat sal julle voorstel?
Ja, met my dik lyf sal ek sommer so van die heup met die een hand kan skiet maar die is nou n ernstige vraag asb! Help my reg met advies asseblief.
Dankie.
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Wed Nov 20, 2013 12:41 pm
by Frederik
Grumpy,
Ek het die laaste jaar met scope geskiet en solank jy wide view het en lae vergroting loop hy my mooi dit doen vir my.
Maar partykeer is die bane so gebou dat oopvisier beter werk so QD is dalk 'n goeie plan ek het op my geweer.
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Wed Nov 20, 2013 1:25 pm
by grumpy
Dankie Frederik.
Wat kos die QD en watter is die beste om te koop en waar? Ek het 4.5-14X40 Nikon scope en glo nie hy sal werk nie. Wat is die minimum gewig punte wat jy mag gebruik in 375?
Baie dankie.
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Wed Nov 20, 2013 1:30 pm
by Frederik
Grumpy, ek kan nie onthou wat my QD's gekos het nie dit is Warne QD's vir 30mm tube. Basa het nie minimum vereiste in koeel gewig nie ons werk volgens energie so hoe swaarder en vinniger jou koeel is hoe meer energie het jy en dit word in die formule gebruik om die punte uit te werk. Daar is well 'n minium kaliber veresite van .3662 of 9.3 mm om the kwalifiseer vir die dag se skiet en kompetisie alhoewel jy met enige ander kleiner kaliber ook die baan kan hardloop maar jy kom nie in aanraking met die kompetisie nie.
Baie kinders wat met .22 skiet my seun ingesluit.
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Wed Nov 20, 2013 1:57 pm
by Stefan764
Johan
Oop vizier het op Saterdag se baan perfek gewerk.
Warne QD sisteem kos in die omgewing van R1200, in jou geval n stelletjie basisse en die QD ringe apart vir die HOWA.
Se net vir my, gaan jy sommer so teen die loop af korrel met daai HOWA of hoe gaan jy maak? Die ding het mossie visiere op nie?
Groete
Stefan
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Wed Nov 20, 2013 2:04 pm
by Koos Barnard
Dagse
Professionele jagters verkies oor die algemeen oop visiere om verskeie redes. Vir kompetisieskiet werk scopes oor die algemeen beter. Die deursnee jagter (Jan Alleman) skiet beter met 'n lae-vergroting scope as met oopvisier. Kyk na die wenners van die afgelope klompie Big Bore kompetisies (verskeie instansies se kompetisies) die meeste het scopes gebruik.
Een probleem wat wel opduik is dat sommige mense hul scopes op 100m instel maar dan nie die nodige aanpassing doen vir die Big Bore-skiet waar teikens in sommige gevalle slegs 15m weg is nie. Baie mense skiet te laag op die kort afstande. As jy met 'n scope Big Bore wil skiet maak seker waar jou geweer skiet op 10, 15 en 20m.
Mooi loop
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Wed Nov 20, 2013 2:24 pm
by grumpy
Stefan, ja ek sal seker V sights kry om op te sit met n bead of iets as ek QD gaan gebruik. Ek het baie lank Paintball comp gespeel en jy skiet en mik teen die loop af. Is die ringe en goed by julle beskikbaar.
Koos Barnard,
Ja en sal dink die manne zero op 100m maar wil hier naby skiet en dis n problee. Daar is seker nie baie BASA nie seker so 2-4 n jaar. So dis die rede hoekom ek dink om die QD op te sit sodat ek die scope kan af haal en met die V sights skiet.
Ek wil nie hier hi-jack nie so as ons verder wil bespreek sal ek op n ander plek een begin.
Baie dankie vir die advies sover van almal ek wardeer dit.
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Wed Nov 20, 2013 2:36 pm
by Frederik
Johan,
Daar is 6 BASA shoots per jaar en ek dink nie meeste van die shoots word gewen met oop teleskope nie ek dink meer 50/50 se kant. Eerste en tweede plek oor die jaar was albei oop visier een V sights en een ghost ring
Re: Big Bore Terugvoer
Posted: Wed Nov 20, 2013 2:50 pm
by grumpy
Ek sal seker Gostring of V sights kan op sit en seker verwyder as ek die scope wil terug sit met QD?
Ek wil graag een skiet gaan bywoon en sien wat dit is. Dit kielie en ek dink dit kan lekker wees, fun en interresant!
Sal n Picatinney rail miskien n beter opsie wees as QD of nie?