Page 1 of 1

Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 12:32 pm
by tafjak
Ek het een van hierie Stanley bottels. Het dit in April 2010 gekoop en het verlede week net besluit om te strike. Hou niks warm nie. Die simptome is dat as jy die warm drankie ingesit het, begin die fles dadelik aan die buitekant warm word. 'n Uur later is alles binne yskoud. >:(

Wat doen ek met die fles? Gooi ek dit weg of gaan l? ek op Stanley se nekke? Darem ook nou nie 'n paar rand vir die ding betaal nie.

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 12:49 pm
by Foxcreek
Taffie
My maat, ek is lief vir 'n koffie fles. Het 'n hele versamelong van die goed. As ek in 'n Outdoor shop kom koop ek wat ek nodig het en ook 'n fles!

Wat ek al gesien het as 'n fles so maak is dat die binneste gedeelte gekraak het. Jy kan by sommige make 'n binneste gedeelte apart koop en die binneste gekraakte een vervang. Ek park die gebreekte een oppie rak en trek 'n nuwe een uit my versameling uit!!!!!!!!

Foxcreek.

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 1:02 pm
by tafjak
Foxie

By my staan ook al 'n versameling of 2, maar dit was my eerste Stanley. As dit Stanley se gewoonte is om te kraak sal ek maar wegbly van hulle en maar weer op die cheapies gaan. Kan tog immers teen Stanley se pryse 4 van die cheapies per jaar koop en so die versameling vinniger uitbrei.

Mooiloop

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 1:47 pm
by Stefan764
Hallo Taffie!

Bou n roeper van hom! Nie oor jy n roeper nodig het nie, net oor jy KAN! hehe  ;D

Groetnis vanuit Texas...
Stefan

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 2:12 pm
by tafjak
Stefaans

Jong, moenie laat die kajoutes jou ore aansit nie.

Sal darem seker vir my persentjie kan saambring? Iets in die lyn van 308Win BR doppe. Aag, net so 50 man!

Mooibly en lekker kuier!

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 2:40 pm
by Francois Marais
Taffie

Daardie STANLEY flesse se ding werk so, hulle het n lugleegte (vakuum) tussen die binneste en buiteste twee wande. Jy sal sien hy het so n sweis/lood plek onder op sy stert waar hulle die lug uitgesuig het en weer geseel het, baie keer lek die seel na n tyd. Sodra daar dan lug in die vakuum ingesuig word, gelei dit hitte van binne na buite. Dit is hoekom hy warm ward buite, en word die inhoud koud.

Onder op sy stert is n datum gepunch, as dit na 2000 is, het die fles n lewensange waarborg, en kan/sal hulle hom vi jou vervang met n nuwe een, Rhosenthals is die agente vir suidelike afrika, as jy sukkel bring hom saam en ruil ons hom gou vi jou om as jy kom kuier, het dam nog n kontak daar.

Mooi loop
Francois

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 2:45 pm
by tafjak
Frans

Dankie, sal dit saambring.

Mooiloop

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 3:42 pm
by frinam
Boeta Franswa, het ek verkeerd gelees of is dit so dat Sir T 'n houding wil voorhou dat hy hierdie  kant toe wil beur, al is dit nou net om die Stanleytjie te wil "exchange"? As dit so is moet jy hom dalk net noem dat om by Rosenthal uit te kom hy verseker verder noord as Grunau sal moet werk ;).So die trippie sal hy noord moet werk tot in die sentrale hoogland om die res van ons in die oe te kom kyk!! Groetnis-Frinam

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 3:56 pm
by tafjak
Frikman

My plan was nog altyd om soontoe te beur. Ander onvoorsiene behoeftes het net die trippie so bietjie uitgestel en is nog so bietjie besig om na hierdie behoeftes om te sien. Wil nie nou al datum vasmaak nie, maar sal mettertyd.

Mooiloop

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 4:07 pm
by frinam
Dag Sir T, so 'n bek moet mos "jam" kry, sien uit mater, laat weet net, die verwelkomingsparty sal gereed wees. Groetnis-Frinam

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 4:18 pm
by Francois Marais
Oom Frikkie

Hy se hy het reeds Windhoek as sy HOOF waypoint gemerk da oppi GPS, so hy behoort dit te maak hiernatoe. Ander sal ons ma moet reel vir n verwelkomingsgroeppie om hom by die grens te onderskep, dit is nu om hom da by die Grunau afdraai verby te kry.

Mooi loop
Francois

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 4:43 pm
by spekieries
Tafjak ek verstaan daai Stanleys is kookwater, moet seker ,n foutjie wees wat reggestel kan word.Ek het een van daardie Isosteel vleklose staal nommertjies wat goed werk.'n Man het seker 'n warm dingetjie nodig as jy in die koue wag dat jakkie inkom.
Groete

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 5:07 pm
by frinam
Reg so FM, so 'n misleidingsplannetjie of wat op sy tyd het mos nog nooit skade gedoen nie, sal moet koppe bymekaarsit om Sir T by sekere verwysingspunte verby te laat beur!!! ;) Groetnis.

PS; Ek sal Woensdag 15 Des (DV) jou skoonmaakstok saambring Whk toe, waar gee ek af, by JNR by Jagwinkel?

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 5:11 pm
by tafjak
Spiekeries
ek verstaan daai Stanleys is kookwater, moet seker ,n foutjie wees wat reggestel kan word.Ek het een van daardie Isosteel vleklose staal nommertjies wat goed werk.'n Man het seker 'n warm dingetjie nodig as jy in die koue wag dat jakkie inkom.
..myne was kookwater tot so rukkie gelede. Jong, ek sukkel maar sonder koffie in die veld. Kan mos sien hoe min jakkalse ek vir die afgelope 6weke geskiet het.

Mooiloop

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 10:13 pm
by Christo
Taffie, nog iets van die tipe flesse. As hy 'n stampie kry en die buitekant raak aan die binnekant gelei die hitte ook daardeur. Dit nou die staal tipe flesse. Ek weet nie of die Stanley's kan duik nie.

Iets wat ek kan aanbeveel. Net Stanley kom iewers naby. Reel met iemand wat gaan waar hy/sy vir ju 'n STARBUCKS beker kan koop. USA of GB. Die goed hou kokende koffie warm vir 4+ ure.Hy pas ook lekker in 'n cupholder op die stoel en hy kan omval in die bakkie en NIKS sal uitloop. Ek het nou 'n S/Steel een vir koffie en so plastiektipe een vir koeldrank. Sy koudhou vermoe is net so goed.  EK DINK 'N OU KAN HOM SOMMER OPPIE NET BESTEL.

Re: Koffie flesse

Posted: Sun Dec 12, 2010 10:31 pm
by Piet Breedt
Julle kan maar met n geruste hart n " ISOSTEEL"  fles koop. Ek het my eerste een sowat 13 jaar terug gekoop, en hy werk nog net so goed soos op dag een. Ek het ook n paar "cheepies", maar hulle werk nie naastenby so goed soos die Isosteel's nie. Hulle word van vlekvrye staal binne en buite in Duitsland vervaardig.

Re: Koffie flesse

Posted: Mon Dec 13, 2010 9:35 am
by Francois Marais
Christo

Lyk my man kan hier bestel......

http://www.starbucksstore.com/products/ ... assNo=0262

Mooi loop
Francois

Re: Koffie flesse

Posted: Mon Dec 13, 2010 10:08 am
by Namib
More

Die Isosteel en  Stanley word ook deur Cymot verkoop in Namibia.Al myne by hulle gekoop.

Groete

Re: Koffie flesse

Posted: Mon Dec 13, 2010 10:36 am
by tafjak
Namib
Isosteel en  Stanley word ook deur Cymot verkoop
...myne kom hoeka daarvandaan.

Re: Koffie flesse

Posted: Mon Dec 13, 2010 10:54 am
by Namib
Taffie more

Se net, ek gaan skop hul deur af >:( >:(.Ken die bestuurder goed as  jy wil kan ek met haar praat en kyk of sy my nie kan help.

Groete

Re: Koffie flesse

Posted: Mon Dec 13, 2010 11:12 am
by tafjak
Niel

[quote][Ken die bestuurder goed as  jy wil kan ek met haar praat en kyk of sy my nie kan help.
/quote]......gaan praat maar mooi! Nettie die deur afskop nie. :D

Re: Koffie flesse

Posted: Mon Dec 13, 2010 11:59 am
by Namib
Hi Taffie

Se gou,jy het die flessie gekoop in April met die Myl 108.Jy het nie dalk nog jou koopbewys nie?

Gaan hulle stoei >:( >:( >:(

Groete

Re: Koffie flesse

Posted: Mon Dec 13, 2010 12:14 pm
by tafjak
Niel
Jy het nie dalk nog jou koopbewys nie?
....kan seker vreeslik soek en dit kry, maar met sulke waarborge sou ek dink dat die verskaffer darem by sy woord sal staan. Mos nie die verspreider se probleem nie.

Re: Koffie flesse

Posted: Mon Dec 13, 2010 12:31 pm
by Namib
Hi Taffie

Nee ek neem dit so,glo ook nie hulle sal n proebleem he nie.Glo net dit sal soveel makliker wees as ek kan bewys hy is by hulle gekoop.

Gaan nou net daar n draai maak,sal laat weet.

Leeuloop

Re: Koffie flesse

Posted: Mon Dec 13, 2010 6:39 pm
by Freddie101
Tafman
Jammer om van jou Stanley probleem te hoor. Was immers by toe jy hom gekoop het.

Wil ook opkom vir isosteel. Ek het een en hy werk baie goed en is sterk gemaak.
Groetnis Freddie