Page 1 of 1
338-06 A Square
Posted: Sat Dec 11, 2010 9:05 pm
by adam
Ek het 'n 338-06 en sal graag wil hoor of daar van julle is wat ook die kaliber gebruik en watter herlaai-resepte julle gebruik (ek streef na so 2400 vt/sek met 250gr punte). Dankie byvoorbaat.
Re: 338-06 A Square
Posted: Sat Dec 11, 2010 9:09 pm
by Monrique (SJ)
Naandse Adam
Ek het nie vir jou raad vir die roer nie, maar stel jou bietjie voor en wat jy doen en waar jy in die land 'wegkruip' asb.
Baie welkom op die beste forum en geniet elke oomblik.
Groetnis
SJ
Re: 338-06 A Square
Posted: Sun Dec 12, 2010 8:09 am
by adam
Hallo SJ en aangename kennis almal. Ek het maar pas hier aangesluit en is al reeds verslaaf. Ek is 'n prokureur van Pretoria en die eienaar van 'n paar wildcats, synde die 338-06 hierbo na verwys, 'n 270 Winchester Short Magnum en 'n 6x45. Die 270 WSM is seker nie regtig 'n wildcat nie maar ek dink daar's baie min van hulle in SA. Al my gewere is linkerhandse aksies en ek kon net die WSM weergawe van die 270 in 'n linkshandige Winchester Model 70 Featherweight kry toe ek 'n paar jaar terug begin soek het. Ek hoop om oor so maand of wat ook 'n linkshandige 416 Rigby "barreled action" in besit te neem wat ek op 'n Granite Mountain aksie en Pac-Nor loop in Amerika laat bou het.
Re: 338-06 A Square
Posted: Sun Dec 12, 2010 8:33 am
by Freddie101
Adam
Welkom op die forum. Onthou net om tyd vir jou werk ook in te ruim. Groetnis Freddie.
Ns Het nie kennis van jou gewere nie, maar kan jou amper waarborg hier is mense wat jou kan help.
Re: 338-06 A Square
Posted: Sun Dec 12, 2010 12:28 pm
by Wouter Roets
Hallo Adam
Baie welkom hier! As jy so bietjie meer inligting oor jou roer kan gee en ook die doppe en hulle spesifieke kapassiteit nadat jy hulle gevuurvorm het en ook die koeels wat jy in gedagte het sal ek jou moontlik kan help.
Groete
Wouter
Re: 338-06 A Square
Posted: Sun Dec 12, 2010 1:37 pm
by adam
Dankie vir die verwelkomings, ek voel reeds tuis hier. Wouter, ek gebruik maar "kaalkop" 30-06 doppe van PMP. Ek het nog nie die kapasiteit getoets nie - praat jy van waterkapasiteit gemeet in grein? Daarmee saam wil ek 250gr Hornady Interlocks en 250gr Barnes TSX punte gebruik. Dankie byvoorbaat vir julle raad (as ek nie gou weer reageer nie is dit nie omdat ek ongeskik is nie maar ek is binne 'n paar minute oppad lughawe toe om vir boet in Amerika te gaan kuier).
Re: 338-06 A Square
Posted: Sun Dec 12, 2010 1:52 pm
by Wouter Roets
Adam
Ja dit is waarvan ek praat. Veilig reis en praat met jou as jy terug is
Wout
Re: 338-06 A Square
Posted: Sun Dec 12, 2010 2:43 pm
by James Wilson
Adam wrote:
Hallo SJ en aangename kennis almal. Ek het maar pas hier aangesluit en is al reeds verslaaf. Ek is 'n prokureur ......
jammer om te hoor.maar ek glo die meeste ouens hier sal dit nie teen jou hou nie
geniet dit hier. daar is nie nog n site wat soveel weet oor jag(en verwante aangeleenthede) en spesifiek probleem dier beheer soos die manne hier nie.
Re: 338-06 A Square
Posted: Mon Jan 10, 2011 9:29 pm
by theo
Hi, ek het met die bou van my 338-06 hom toe sommer laat Ackley deur Louw van Deventer op Potch. Dit het my standaard geweer geword met 200, 225 en 250gn punte. Ek gebruik S/355 en Frontier se Spartan punte met uitstekende gevolg. Elande, BWbeeste, Gemse en koedoes. Eh het 100 Norma 338-06 A Square doppe gekry en skiet met 'n spoed van tussen 2500 - 2750, afhangend van toestande soos bosveld of vlakte.
Re: 338-06 A Square
Posted: Fri Apr 12, 2013 7:33 pm
by Forbes
Hallo die mnr wat hierbo sê hy is van Pretoria met die wildcats! Ek wil hoor daai 270 WSM herlaai jou hom self? Ek het sopas vir my een gekoop, maar sukkel op max en min lading te kry en wil hoor wat is jou spoed op hom? Kan jy met my kontak maak asb sukkel om iemand te kry wat ook 'n 270 WSM het.
Groete
Johnny Forbes
0825442336
jforbes@vodamail.co.za
Re: 338-06 A Square
Posted: Sat Apr 13, 2013 6:25 pm
by tripodmvr
Het vir jou op Quick Load geloer en S385 lyk asof dit die beste gaan werk. Begin by 60gr en beskou 3300vps as jou boonste perk vir 130gr (het Nosler BT gebruik) - dit is om dit veilig te hou synde ek nie jou geweer se data het nie. Laai 3 skote met 130 gr koeëls en gee die spoed verkry deur sowel as dat soos gevra in "Riglyne vir Quick Load". Dan het ons inligting om meer akkurate ladings naby akkurate nodes te gee.
Re: 338-06 A Square
Posted: Sun Apr 14, 2013 1:28 pm
by Forbes
Hallo oom
Dankie vir die inligting, ek het hom al begin laai so ruk terug soos volg.
S365 = 63gr
Punt= nosler accubond 130gr
Dop= Norma
Spoed= 3200 ft/s
Ek speel nog rond so wil net hoor wat doen ander manne wat ook 'n 270 WSM het watter grein skiet hulle en watter spoed kry hulle.
Is oom te vrede met oom se 270 WSM?
Dankie vir die terug kom
Groete
Johnny
Re: 338-06 A Square
Posted: Sun Apr 14, 2013 2:05 pm
by tripodmvr
Ek het nie een nie en het maar met QL vir jou probeer ladings bereken sodat jy beginpunt het. Lyk asof jy begin regkom.
Re: 338-06 A Square
Posted: Tue Apr 16, 2013 7:26 pm
by Forbes
Hallo Triopdmvr
Baie dankie het dit waardeer jy weet nie wat sê hulle oor S365 met 'n 130 gr punt nie. Of lyk dit soos ek nou op die oomblik kry? Weet jy waar kan ek iemand soek wat 'n 270 WSM het?
Groete en baie dankie