Page 1 of 1

Hout kolwe

Posted: Tue Nov 12, 2013 9:29 am
by vlakvarkbeer
Hoeveel van die jagters se hout het al gekraak of gebreek dalk kan ek help om dit reg te maak of dalk n nuwe te vervaardig ek sien van die manne se pryse op n nuwe kolf is maar taai so praat maar.

Re: Hout kolwe

Posted: Tue Nov 12, 2013 12:11 pm
by spekieries
VV Beer

Waar bly jy? Jou blyplek is ongelukkig nie op jou Avatar nie.

Re: Hout kolwe

Posted: Wed Nov 13, 2013 9:06 am
by vlakvarkbeer
Nou hoe dan nou ek bly in Newcastle Natal

Re: Hout kolwe

Posted: Wed Nov 13, 2013 9:20 am
by DWB
Sit fotos op van jou werk asb.

Re: Hout kolwe

Posted: Wed Nov 13, 2013 9:27 am
by Reggie Gerber
VVBeer

Werk jy met cnc of net met die hande.

Doen jy laminates ook

Re: Hout kolwe

Posted: Wed Nov 13, 2013 12:05 pm
by Katefbessie
DWB wrote:Sit fotos op van jou werk asb.
Sal ook graag wil sien

Re: Hout kolwe

Posted: Thu Nov 14, 2013 7:03 pm
by Fishaman
PM Gestuur...

Re: Hout kolwe

Posted: Fri Nov 15, 2013 5:26 am
by JacoVOS
Ek het hout en n ruger no1 338 wat n mooi kolf soek

Re: Hout kolwe

Posted: Fri Nov 15, 2013 10:40 am
by JohanvB
Hmmm, Vlakvarkbeer...jy adverteer 'n diens maar is half "starrig" om feedback te gee...

Re: Hout kolwe

Posted: Fri Nov 15, 2013 11:34 am
by Roger
n paar pics van vorige kolwe sal waardeur word..

Re: Hout kolwe

Posted: Fri Nov 15, 2013 12:54 pm
by Hein M.
???

Nou waar is vlakkie nou...

:D

Re: Hout kolwe

Posted: Fri Nov 15, 2013 3:14 pm
by Fishaman
died_from_lack_of_water.jpg

Re: Hout kolwe

Posted: Fri Nov 15, 2013 3:15 pm
by Roger
Fishaman wrote:
died_from_lack_of_water.jpg
bwhahahaha

:laugh: :laugh: :laugh:

Re: Hout kolwe

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:28 am
by vlakvarkbeer
baie besig man hier is so paar prentjies, ek werk nie met n cnc nie maar met n duplicator. hoop dit help.

Mooi varkie daai

Re: Hout kolwe

Posted: Mon Nov 25, 2013 10:30 am
by Roger
PM my asb jou epos adres.

Groete,
Roger!

Re: Hout kolwe

Posted: Mon Nov 25, 2013 11:06 am
by DWB
Wat vra jy om te duplicate tot op Semi Finished?

Re: Hout kolwe

Posted: Mon Nov 25, 2013 11:46 am
by Hein M.
Sal my oogtande gee vir so 'n ou linkerhandse kolf vir my mauser ;)

Weet iemand van een wat rondlĂȘ?

Hein M

Re: Hout kolwe

Posted: Thu Jan 16, 2014 11:18 pm
by Jake1
Wat vra jy om te duplicate tot op Semi Finished? Wil ek ook weet.

J1

Re: Hout kolwe

Posted: Fri Jan 17, 2014 6:47 am
by win270
Dit laat my nou skielik wonder . . . wat word (of het geword) van al die geweerkolwe wat ingehandig is en wapens wat vernietig is a.g.v. nuwe vuurwapenlisensie wet van onlangs? Sou daar dalk 'n geleentheid wees om minstens die kolwe te kry en weer aan die publiek beskikbaar te stel? Ek twyfel . . . Dis eintlik tragies.

Re: Hout kolwe

Posted: Mon Feb 10, 2014 10:02 am
by vlakvarkbeer
Jy praat van so 1800 velle,dit is altyd moeilik om sonder n ou kolf af te werk ,werk maar met 2 kolwe of self 3 net om n kolf te kry wat vir jou mooi lyk. Sory om so lank te vat ek is besig om n Land cruiser FJ 45 op te bou hy vat baie van my tyd,dan skeep ek maar die houtwerk af.

Re: Hout kolwe

Posted: Mon Feb 10, 2014 11:42 am
by Jake1
Wat sluit jou R1800 in en uit?

J1

Re: Hout kolwe

Posted: Thu Feb 13, 2014 1:42 am
by Monrique (SJ)
win270 wrote:Dit laat my nou skielik wonder . . . wat word (of het geword) van al die geweerkolwe wat ingehandig is en wapens wat vernietig is a.g.v. nuwe vuurwapenlisensie wet van onlangs? Sou daar dalk 'n geleentheid wees om minstens die kolwe te kry en weer aan die publiek beskikbaar te stel? Ek twyfel . . . Dis eintlik tragies.
Die kolwe word met die wapens gesmelt. Hier by ons was seker ongeveer 60T se wapens vernietig. Nie nice om te sien hoe daai goed so gegooi word met scopes op en al nie. NETJIESE goed. Het gemengde gevoelens gehad en vir dae lank met n snaakse gevoel geloop nadat ek dit gesien het voor my oe gebeur.

Groetnis