Page 1 of 1

Skoonmaak van gewere

Posted: Thu Dec 09, 2010 8:55 am
by Wouter Roets
Hallo manne

Ek hoop nou nie ek vra n vraag wat al voorheen bespreek was nie. Ek het in die laaste ruk nogal deur n groot leerskool gegaan met die skoonmaak van lope en die geweer self en hoe meer ek in die onderwerp gegaan het hoe deurmekaarder en onduideliker het hierdie storie vir my begin raak. Wat maak julle in die verband en watse produkte gebruik julle. Dit lyk of elke persoon maar sy eie resep volg in die verband, met sommiges wat net in die die produk of daai metode glo.
Ek hoor graag van julle in die verband.
Wouter

Re: Skoonmaak van gewere

Posted: Thu Dec 09, 2010 9:05 am
by Yalair
Wouter
Gebruik die search daar is 'n rdelike post hieroor

Groete

Re: Skoonmaak van gewere

Posted: Thu Dec 09, 2010 9:10 am
by Yalair

Re: Skoonmaak van gewere

Posted: Thu Dec 09, 2010 11:49 am
by Wouter Roets
Ludwig
Dit was nou heel toevallig dat terwyl ek besig was met my probleempie dat ou vassuig Koos toe nou ook die artikel geskryf het. Ek was oor die algemeen ook redelik in lyn met sy metode, maar die ding kom nou in by die feinere dinge soos die gebruik van koperborsels of nie. Ek het oorgeslaan van een produk na n ander een wat veronderstel was om dieselfde te werk en eweskielik sit ek met hengse koperneerslag. Die manier hoe n mens bv die olie moet aanwend verskil so hemelsbreed dat n persoon nie meer weet wie om te glo en wie om te los nie! En dit is met alles so! Daar moet tog al meer studies oor die onderwerp gedoen gewees het. Elke vervaardiger s'n toon dat net sy produk werk en alles anders is stront! Ek skiet n klomp gewere en kry ook nie altyd net daai spesifieke produk in genoegsame kwantiteite nie, so n persoon is maar soms genootsaak om ander produkte te gebruik en vandaar dan nou probleme! Ek sal nou bietjie gaan oplees oor wat Hendrik se, dalk word ek n bietjie wyser of nog meer in die donker! ???
Groete
Wouter