Page 1 of 2

Berigte in die Media!!?

Posted: Sat Mar 21, 2009 11:36 am
by Dawie
Die "vir meer as 300 jaar" Amnesia teorie

Hoekom vergeet almal van die +- 40 jaar wat 'n generasie sonder die gemors geboer het?

Ons sit vandag met die groot getalle nie omdat ons te veel vrek gemaak het nie,  maar omdat daar te min mense die goed vrekmaak wat weet wat hulle doen, reservate wat nie hulle goed kan binne hou nie, slapgat boere,  swak drade ens.

As iemand nou weer die 300 jaar verskoning gebruik dat ek die goed moet los om aan te teel gaan ek in my broek K...

Dawie

Ns.  Die topic is mos ook nou al tot vervelens toe bespreek....dit dra nie water nie!!!!

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Sat Mar 21, 2009 8:30 pm
by tafjak
Dawie

Bravo!!!

Taffie

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Sun Mar 22, 2009 9:45 am
by britsman
Dawie,
   
      Hoekom vergeet almal van die +- 40 jaar wat 'n generasie sonder die gemors geboer het?


    Well said. In die 1950 jare toe ek so +-5jr het ek een van die laaste groot jakkels jagte saam met my Pa bygewoon (windbuks saam gevat),waar al die bure,hulle volk en enige honde probeer het om jakalse/Rooikatte dood te maak binne n "ring fenced" Kolonie plaas.Ek het begin boer in die 1960 jare en tot in die 1990s het ons vergeet van Jakkie.Rooikatte het wel nog gepla maar met slagysters en ORANJE JAG het ons hulle beheer.
  Maar in die laaste +-15 jare het die vee verliese elke jaar erger geword (maar darem nie so erg as daar by Kruger by ADDO nie).Die "buurman" se jakkies en "my" kudus het seker so aangeteel in die beskermende gebiede om die GARIEP DAM dat hulle naderhand die omliggende gebiede binne getree het en nou is die HEL los.Jakkie vat die skapies en Kromhorings die groenvoer en lucerne.Te minste kry ons daarom so n stukkie biltong van die laas genoemde.

Hierdie is my eerste POST en soos BERYL van Kimberley  sukkel ek met die vertaling (moet net nie praat van die "typing" nie).

    Groete,
              britsman

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Sun Mar 22, 2009 10:07 am
by Christo
Hallo Britsman

Welkom op die forum

Ek dink nie die manne wat die kromhorings skiet in hulle lusern kla te veel as hulle Saterdag sit en rugby kyk met 'n stuk Koedoe biltong in die hand nie.

Christo

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Sun Mar 22, 2009 9:49 pm
by Ambessa
Hallo Britsman/Tafjak/Dawie/Christo en ander

Stem saam oor die eeue wat nou gelos moet word. Ons kan wel baie uit die verlede leer soos wat nie gewerk het nie en dit nie herhaal nie. Dinge het die afgelope 15 jaar en minder vinnig verander. Lyk of daar baie meer rjakkalse en rkatte is wat ook oor 'n baie groter gebied voorkom?

Dawie oppas vir die broek...

Ambessa

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Sun Mar 22, 2009 9:56 pm
by Christo
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde. Voor selfone,TV en sateliete was alles nie so verkondig soos nou nie. Die Greenies wil nie weet wat dit kos om veilig te slaap en lekker A-graad Karoo lam te eet nie. As hulle sien, hoor wat gebeur is hulle skielik "up in arms" en ons moet "down arms".

Looi die goggas, hier by ons nou kroonwild mos.

Christo

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Sun Mar 22, 2009 10:58 pm
by Dawie
Britsman
Even better said Ja die groot probleme het begin ontwikkel toe o.a. "beheer" nie meer op 'n geordende en geprioriseerde wyse toegepas was nie.  Daar's 'n duidelike 'n tydlyn wat dit bewys.  "I rest my case"

Ambessa
Ek dra gelukkig goedkoop broeke;D

Dawie

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Fri Nov 27, 2009 6:57 pm
by Dawie
Luister more draadloos op RSG  ..... Luister more draadloos op RSG .....Luister more draadloos op RSG  ..... Luister more draadloos op RSG28 November 2009

Ek dink van 11h00 of 11h30  tot 12h00  (nie heeltemal seker nie) dis die bokhaar manne,  hulle praat die RJ/RK probleem,  het dit toevallig laas Saterdag so stuk van gevang toe s? hulle gaan weer praat more oor die storie

Dawie

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Fri Jun 04, 2010 1:28 pm
by Dawie
Hallo

Die nuwe Landbouweekblad No1656 van 4 Junie2010 het 'n berig op bl.26  "Die Jakkals kom weer ..."

Het julle dit al gelees? Wat is julle opinie?

Kojak

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Mon Jun 07, 2010 2:23 pm
by Ambessa
Hallo Dawie
Dawie wrote:..."Die Jakkals kom weer ..." ...Het julle dit al gelees? Wat is julle opinie?
Weet eintlik nie wat om te s? nie... ...ken die ou nie en kan nie agterkom of hy sy eie gedagtes deurgee nie?

Ambessa

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Wed Feb 09, 2011 3:41 pm
by Dawie
Luister vandag na die 16h00 nuus op RSG.....Dave Pepler praat glo oor jakkalse ens.

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Wed Feb 09, 2011 4:09 pm
by Gerhard
Ek luister....

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Wed Feb 09, 2011 5:19 pm
by Jaktrap
Hy is nogal dapper om te se SKIET DIE BLOU HEL UIT HULLE UIT.
Dit is wat ons graag wil hoor maar weet nie of die mark so tevrede daarmee gaan wees nie.
Ek dink sy woorde dra darem bietjie gewig by baie van die groenes.

Skiet eerder die rooi bloed uit hulle uit
Sterkte
Jaktrap

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Wed Feb 09, 2011 6:08 pm
by Dawie
Aaaaaah musiek in my ore ;D......... Smaak my die wiel draai



Dave is net so bietjie uit met die sukses van die oppasbrakkies

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Wed Feb 09, 2011 6:23 pm
by tafjak
Wat 'n praatjie! Dankie tog dat iemand met meer verstand(gesonde) iets ges? het wat wys is en ook nie bang is om sy s? te s? nie!

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Wed Feb 09, 2011 6:29 pm
by tafjak
Kojak
net so bietjie uit met die sukses van die oppasbrakkies
..........mooiman!

Gelukkig het hy 2keer genoem dat hulle gatte geskiet moet word. Hier is 'n man wat Bool(Bobjaan) en sy skurke gaan pakgee. Jong maar die vure raak nou groot, wonder of die groenes se emmers gaan hou.

Mooiloop

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Wed Feb 09, 2011 6:29 pm
by Dawie
Ter inligting Dave Pepler is die ou van die natuurprogram op TV........GROEN

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Wed Feb 09, 2011 6:31 pm
by Louis102
Dawie & ander

Di? Oom Pepler se aansien het nou sommer behoorlik in my boek gestyg!!  Ongelukkig kan ek nie self RSG opvang nie, maar het my buurman inderhaas gebel om te luister.  Dit wat hy aan my rapporteer het (wat Dave Pepler te s? gehad het) was nou werklik 'n vars briesie wat getuig van iemand wat die realiteite van die jakkals-probleem verstaan.  As iemand hom dalk ken, noem tog dat my waardering vir sy uitgesprokenheid groot is! (of gee sy kontak besonderhede deur dat ek dit persoonlik kan doen)

Dankie dat jy laat weet het Dawie.

Groete
Louis

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Wed Feb 09, 2011 6:34 pm
by Dawie
tafjak wrote: Gelukkig het hy 2keer genoem dat hulle gatte geskiet moet word. Hier is 'n man wat Bool(Bobjaan) en sy skurke gaan pakgee. Jong maar die vure raak nou groot, wonder of die groenes se emmers gaan hou.
Taffie

Dink CapeNazi se perde sal ook nie dik van die lag wees nie :P.......

Plesier Louis ;)

D

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Wed Feb 09, 2011 9:14 pm
by Dawie
Louis102 wrote: (of gee sy kontak besonderhede deur dat ek dit persoonlik kan doen)
oempie@iafrica.com    .......  Dis op die internet beskikbaar

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Wed Feb 09, 2011 9:35 pm
by Ambessa
Hallo almal

Lekker luister [ Dink groen 9 Februarie 2011 Hoe moet boere rooijakkalse hanteer? ].

Dave Pepler het dit baie goed en duidelik gestel.

Ambessa

http://www.rsg.co.za/programme_mini_webwerwe.asp?id=65

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Thu Feb 10, 2011 1:55 pm
by Ambessa
Hallo almal
Ambessa wrote:...Dink groen 9 Februarie 2011 Hoe moet boere rooijakkalse hanteer?.
Wonder of ou b s hierna geluister het? Die klankopname is egter vryelik beskikbaar. Sy maatjies het dit seker reeds teen die onder sy aandag gebring?

Duidelik gaan ou b s nou nog iemand vind om met sy stommiteite aan te val. Hy gaan egter 'n sleg tweede kom.

Ambessa

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Fri Feb 11, 2011 9:36 pm
by Ambessa
Hallo almal

Dave Pepler is oorval met terugvoering uit alle oorde na sy praatjie op 9 Feb 11. Hy het vanmiddag weer gepraat maar die klankbaan is nog nie op RSG se webwerf gelaai nie - tegniese probleme. Kyk maar uit of liewer luister maar uit...

Ambessa

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Fri Feb 11, 2011 11:29 pm
by Dawie
Ambessa wrote: Hy het vanmiddag weer gepraat .....
Aaag bollie,  ek het dit gemis.  Ek hoop nie hy verander sy storie nie,  sien uit daarna om vandag s'n te luister.

Ek het die link van die vorige praatjie na CN se perde gemail,  hulle het dit weer na nog van hulle kolegas gestuur. 

Re: Berigte in die Media!!?

Posted: Fri Feb 11, 2011 11:44 pm
by Hein M.
Ek weet nie of ons nog vir baie lank vir oom Dave op die lug gaan he nie...  Skillie het sy nek darem lank uitgesteek ;D

Hoera in elk geval vir hom

Hein M