Page 1 of 1

Nosler 180BT vir 300wm

Posted: Tue Nov 05, 2013 8:44 am
by Pinkes
Môre manne,

Ek skiet huidiglik met SGK 180's. Ek wil graag vir my 'n pak van die Nosler 180BT koop
maar wil weet wat my node sal wees en die hoeveelheid grein.

So lyk my doepa nou;

Kaliber:300wm
Looplengte:26duim
Twist: 1:10
TPL:89mm
Punt:Nosler 180 BT
Dop:Norma
H2o:95gr
Kruit:S385
Primer:CCI 250

Huidige TPL is 86mm en spoed is 2930fps met S385 71.1grein.Ek weet ek moet
eintlik met hulle geskiet het om die spoed ook te gee,maar ek vra mooi ;)
Kan julle dalk vir my 'n TPL ook voorstel?

Dankie

P

Re: Nosler 180BT vir 300wm

Posted: Tue Nov 05, 2013 10:28 am
by BRNO (Pierre)
Pinkes. Soos jy self se, is hier maar baie gebrekkige inligting, maar ek kan min of meer vir jou n node voorspel, met die inligting gegee van die Sierras. Dit lyk vir my asof jou node spoed in die omgewing van 2910ft/s sal wees. Om n TPL te voorspel is onmoontlik. Jy sal moet die maks TPL bepaal, en van daar af werk. Magasyn lengte kan ook n rol speel. Ek het gewerk op die 86mm wat jy gegee het van die Sierras.

Re: Nosler 180BT vir 300wm

Posted: Tue Nov 05, 2013 10:39 am
by tripodmvr
Sien Pierre het my voorgespring. Hier was my raaislag.

Probeer die' resep wat ek van jou 180 SGK afgelei het. Maak TPL 88,7mm, gebruik 70,5gr S385 en mik vir spoed van 2913vps - en skiet dan net kopskote.

Re: Nosler 180BT vir 300wm

Posted: Tue Nov 05, 2013 10:43 am
by BRNO (Pierre)
tripodmvr wrote:Sien Pierre het my voorgespring. Hier was my raaislag.

Probeer die' resep wat ek van jou 180 SGK afgelei het. Maak TPL 88,7mm, gebruik 70,5gr S385 en mik vir spoed van 2913vps - en skiet dan net kopskote.
Dit is hoekom jy wag vir oom Marius. Die grysheid kom duidelik deur hier :)

Re: Nosler 180BT vir 300wm

Posted: Tue Nov 05, 2013 10:51 am
by tripodmvr
BRNO (Pierre) wrote:
tripodmvr wrote:Sien Pierre het my voorgespring. Hier was my raaislag.

Probeer die' resep wat ek van jou 180 SGK afgelei het. Maak TPL 88,7mm, gebruik 70,5gr S385 en mik vir spoed van 2913vps - en skiet dan net kopskote.
Dit is hoekom jy wag vir oom Marius. Die grysheid kom duidelik deur hier :)

Nee Pierre, dit wys ons het mooi geluister en opgelet by die kursus. Wys ons dink in dieselfde rigting. Het die TPL van 89mm aanvaar as moontlik en toe daarvan terug gekom met 0,3mm. Pinkes sal moet terugkom en sê wat is moontlik. Tussen ons twee berekenings sal die 3vps nie groot verskil maak nie.

Re: Nosler 180BT vir 300wm

Posted: Tue Nov 05, 2013 3:18 pm
by Pinkes
Manne,

Dankie vir julle raad!Ek is jammer oor die min info,maar sal defnetief
julle info gebruik.Ek waardeer dit.As daar miskien manne is wat dieselfde bestandele
gebruik,sal julle kommentaar ook waardeer word...

Groete
P