Page 1 of 1

En nog 'n nuwe lid..

Posted: Mon Nov 04, 2013 6:27 pm
by ravingDIODE
Dag sê mense!

Ek moet sê dit voel vreemd om in Afrikaans te tik op 'n forum... Sal gewoond moet raak hieraan. Verskoon maar al die Ingelse woorde wat gaan in glip. Die Afrikaans termonilogie as dit kom by wapens, moet ek nog aanleer.

Ek is van die Kaap. Het vanjaar my eerste geweer gekry as 'n 21ste Verjaarsdag geskenk. Ek jag al van kleins af jaarliks saam met my pa en vanjaar het hy besluit ek kan maar my eie geweer nou kry. Ons herlaai ook al vir 'n paar jaar, maar die fynere tegnieke moet ek nog leer. Dis hoekom ek hier is. Om nog te leer wat en waar ek kan.

Ek het die Remington SPS Tacical in .308 kort aksie. Dit het die 20dm bull barrel met 'n 1:10 groef draad en standaard Hogue Overmould stock.

Ek het al met pmp 168gr groeperings van so 0.7 duim gekry, maar sukkel om dit konstant te kry. Ek kry ook beter resultate met 180gr so vêr.

Nadat ek gesoek het vir 'n nuwe kolf en die pryse ens gesien het, het ek my geweer laasweek in gegee om gepak te word. Die wapensmit gaan 'n staal versterking voor in die sintetiese kolf sit en die kolf op vul. Daarna gaan hy die aksie bed (wat is afrikaans?) en 'n nuwe ordentlike kroon op sit waar ek nie een gehad het nie.

Ek het wel iemand by Gunsite in die hande gekry wat my help om 'n lading te ontikkel met QL en vir die nuwe ontwikkeling gaan ek Nosler Custom Competition 168gr HPBT probeer. Terselfde tyd ook Sierra Pro-hunter 180gr vir die Bos.

Ek jag meestal vlaktes en springbokke. Nie te mal oor springbok vleis nie, maar mens kan meer in die veld skiet omdat hulle goedkoper is :)

Ek swot elektries en elektroniese ingineurswese by Stellenbos en is nou in my 3de jaar. Ek het n aanleg met rekenaars ook en geniet my vrye tyd agter die rekenaar of op die skietbaan. Ek het ook by SADPA aangesluit en het begin om met my Glock 23 vir die pret IDPA te skiet.



So dis ek, ek is 'n ou wat hou van detail en baie kan gesels. Dit vat my partykeer 'n rukkie om by die punt uit te kom ;)



Ek sien uit om hier te leer en deel te wees van julle gemeenskap.

Groete,

Riaan

Re: En nog 'n nuwe lid..

Posted: Mon Nov 04, 2013 6:58 pm
by vriell
Welkom hier tussen die manne .Glo jy sal dit geniet.

Re: En nog 'n nuwe lid..

Posted: Mon Nov 04, 2013 7:30 pm
by Carl
Welkom Riaan.

Re: En nog 'n nuwe lid..

Posted: Mon Nov 04, 2013 7:45 pm
by LongWolf
Yes welkom en geniet dit.

Re: En nog 'n nuwe lid..

Posted: Tue Nov 05, 2013 8:24 am
by jamalley
Welkom naamgenoot

Re: En nog 'n nuwe lid..

Posted: Tue Nov 05, 2013 8:25 am
by FCLoretz
Welkom Riaan.

Goed om jou hier te sien. Hoop nie jy het nog asters op kampus raak gery nie... ;)

Re: En nog 'n nuwe lid..

Posted: Tue Nov 05, 2013 8:42 am
by ravingDIODE
FCLoretz wrote:Welkom Riaan.

Goed om jou hier te sien. Hoop nie jy het nog asters op kampus raak gery nie... ;)
Ha ha nee wat! Ek wonder nou nog hoekom dit moes gebeur want daar het niks goed daaruit gekom nie... behalwe dat ek vir die eerste keer vir iemand blomme georganise het wie nie my ma is nie :P


Dankie ouens vir die verwelkominge, ek sien uit na die forum. Afrikaans is maar net soveel meer 'n lekker loslit taal!

Re: En nog 'n nuwe lid..

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:29 pm
by FCLoretz
So gebeur die ongeluk maar met ons almal. Dit is nogtans lekker om jou hier op jaracal te he. Geniet die forum en vra vrae.

Re: En nog 'n nuwe lid..

Posted: Tue Nov 05, 2013 2:33 pm
by ROBBIE1
Welkom Riaan, en moet se, n briljante voorstelling hoor, wel gedaan!!

Geniet die forum, pasop net dat dit nie jou studie tyd oorneem nie.