Page 1 of 1
Hoe kalibreer ek quickload?
Posted: Mon Nov 04, 2013 9:29 am
by alecjohnson
Ek speel nou al 'n rukkie met quickload, maar ek kan dit nie optimaal gebruik nie want ek kry dit nie reg dat die QL spoed en lading die werklike situasie weerspieel nie. ek probeer maar so met die manne se goed uitwerk, maar my getalle werk nie reg uit nie.
As iemand my net kan help hiermee of na 'n draad kan verwys. Ek sal nog 'n herlaai kursus bywoon maar tans werk ek altyd wanneer die kursusse aangebied word.

Re: Hoe kalibreer ek quickload?
Posted: Mon Nov 04, 2013 9:32 am
by Geno
Re: Hoe kalibreer ek quickload?
Posted: Mon Nov 04, 2013 9:49 am
by vriell
alecjohnson wrote:Ek speel nou al 'n rukkie met quickload, maar ek kan dit nie optimaal gebruik nie want ek kry dit nie reg dat die QL spoed en lading die werklike situasie weerspieel nie. ek probeer maar so met die manne se goed uitwerk, maar my getalle werk nie reg uit nie.
As iemand my net kan help hiermee of na 'n draad kan verwys. Ek sal nog 'n herlaai kursus bywoon maar tans werk ek altyd wanneer die kursusse aangebied word.

Werk jy vanaf jou eie chrony spoed wat jy self vasgestel het en hoe werk dit nie uit nie ? As jy 'n voorbeeld plaas kan ons dalk meer hulp gee met 'n spesifieke senario...
Re: Hoe kalibreer ek quickload?
Posted: Mon Nov 04, 2013 9:57 am
by alecjohnson
As ek al my data insit gee quickload nie die regte spoed of tyd nie. Werk met eie chrony.
Re: Hoe kalibreer ek quickload?
Posted: Mon Nov 04, 2013 10:01 am
by BRNO (Pierre)
Alec, dit is balangrik dat jy die link gaan lees wat Geno hierbo aangeheg het, en die ander herlaai onderwerpe wat oor QL gaan ook. Daar is n magdom inligting vas gevat.
Die kortpad sal wees dat ek nou vir jou vertel dat jy nou die burn rate factor moet aanpas, tot die data met jou spoed ooreenstem, en dan is jou QL gekalibreer, maar ek sal jou tog aanraai om alles wat jy daar kan gaan lees, doen.
Re: Hoe kalibreer ek quickload?
Posted: Mon Nov 04, 2013 10:26 am
by alecjohnson
Baie dankie manne
Re: Hoe kalibreer ek quickload?
Posted: Mon Nov 04, 2013 10:35 am
by vriell
Soos Pierrie genoem het gaan lees die "topic" om meer insig te kry.Dit gesĂȘ mag jy net iets miskyk wat jou data gegewens betref en sal help om die gegewens hier te plaas sodat verskeie ander QL gebruikers ook dit kan simuleer en kyk hoe dit vergelyk.
Re: Hoe kalibreer ek quickload?
Posted: Mon Nov 04, 2013 10:50 am
by BRNO (Pierre)
vriell wrote:Soos Pierrie genoem het gaan lees die "topic" om meer insig te kry.Dit gesĂȘ mag jy net iets miskyk wat jou data gegewens betref en sal help om die gegewens hier te plaas sodat verskeie ander QL gebruikers ook dit kan simuleer en kyk hoe dit vergelyk.
+1 Ons almal toets mekaar se data op die manier.