Jy is ʼn heilige!

Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Jy is ʼn heilige!

Post by Frikkiedbr »

Deur : Riélle Heine

"Wees heilig, want Ek is heilig." Levitikus 11:44

Die eerste November is "All Saints day" in sekere kerklike tradisies. Reeds in die jaar 835 nC is 1 November deur die kerke
as 'n kerklike vakansiedag uitgeroep om die heiliges te onthou en te eer. Op die dag word daar gedink
aan hierdie vroue en manne (uit alle hoeke van die samelewing) wat uitstaande voorbeelde van geloof was.
Die nagedagtenis aan byvoorbeeld iemand soos Moeder Teresa en die liefdesvoorbeeld wat sy in die
agterstrate van Kalkutta gestel het, inspireer oor jare en afstand!

In die ware Bybelse sin is alle gelowiges eintlik heiliges. Dit beteken nie dat gelowiges sonder sonde, of beter as
ander, is nie. Maar gelowiges is heilig omdat hulle in 'n verhouding met God staan en deur die inwoning van sy Gees
al meer soos Hy word. In Levitikus 11:44 lees ons dat God dit as 'n opdrag vir sy volk gee (nie net 'n uitgesonderde
groepie onder die volk nie): "Wees heilig want Ek is heilig". Om heilig te wees, dit wil sê, heiligmaking, is dus 'n opdrag van
God aan elkeen van sy kinders. Hy vra ons om meer en meer soos Hy te word; om so naby aan Hom te leef dat ons
'n heilige weerkaatsing van Hom in die wêreld sal wees n weerkaatsing van sy liefde, sy hoop en sy vrede. Om 'n
heilige te wees, is om 'n suiwer kanaal van die Allerheiligste te wees. Om Hom toe te laat om sy lig deur ons op hierdie wêreld te laat val.

Mag hierdie eerste dag van November ons aanmoedig om te volhard op die pad van heiligmaking sodat ons luidkeels kan inval by die ou-ou liedjie:

"We are traveling in the footsteps
Of those who've gone before
But we'll all be reunited
On a new and sunlit shore

Oh when the saints go marching in
When the saints go marching in
Oh lord I want to be in that number
When the saints go marching in!"

Gebed: Here, laat my vandag naby aan U leef. So naby aan U dat u heilige
teenwoordigheid al my woorde en alles wat ek vandag doen, sal beïnvloed. Amen

Post Reply