Page 1 of 1

aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 8:50 am
by Geno
[align=left]More manne,
Na 'n gesprek hier: http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... 90#p279216
Het Willem Immelman vir my een van die aimZonic Predator KD's gestuur om te toets.
Die spesifieke model is die aimZonic predator 5.7mm / .224"

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/42057-11.jpg

Ons is regtig bevoorreg om so baie opsies van KD's te hê. Dit hou die mark lewendig, en verseker aaneenlopende R&D vanaf vervaardigers.

Ek kon nie dadelik die KD opskroef nie, omdat my .204Ruger se skroefdraad op 1:13mm gesny is, en die KD met 1:14mm skroefdraad gekom het.
Dit het gekos dat ek 'n ander thread-gedeelte laat maak by 'n ingeneurs-werkswinkel. Geen probleem, omdat die KD se thread gedeelte maklik uitskroef.

Met die eerste skoot, het ek agtergekom hoe stil die KD is.
G-Force, Henried, Ruan de Jager en Alex Kilbride het dit ook opgemerk.
Ek sal probeer om 'n decibel toets te doen.

Die afgelope naweek het ek met die KD op, 2 jakkalse doodgeskiet, en nog 'n klompie skote op klippe geskiet. 'n Totaal van 40 rondtes is geskiet op afstande wat wissel vanaf 60y (Bleddie mis skoot op 'n jakkals :-\ ) tot op 630y (6" klip), so akkuraatheid is verseker nog daar. POI verskil tussen die aimZonic en Terminator is 0.5MOA na lings as ek die aimZonic opsit na die geweer met die Terminator ge-zero is.
Recoil is dieselfde as met die Terminator.

Met die rubberagtige bedekking van die KD, wil dit amper voorkom of mirage langer vat om sigbaar te wees in die teleskoop.
Die geweer se balans is ook beter met die ligte 310g aimZonic, as met die +-700g van 'n Terminator.

Die Predator se specs lyk as volg:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/aimZonic.JPG

Die KD maak nie gebruik van die tradisionele K-Baffles of welschplugs nie. Die KD lyk so intern:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/2_42057-11.jpg

Die baffle-sisteem lyk soos 3 dele die-cast aluminium wat inmekaar pas.
So lyk hy van voor en agter:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/1_42057-11.jpg

Die enigste nadeel wat ek op let in die KD, is dat sy agterkant haaks is met die loop, wat my skietlig laat terug weerkaats in die teleskoop in. Ek sou graag 'n skuins agterkant wou sien. Ek het sommer insulation tape agter op die KD geplak sodat dit 'n skuinste vorm.

Sal ek een koop? Versker. Kwaliteit is daar, en afwerking is puik.
Soos Willem sê: Dis die Rolls Royce van KD's.
Ongelukkig kom dit teen 'n prys. Die KD kos R3,200.00, maar 'n KD is iets wat mens net een keer koop.
Ek hoop Willem laat my nog 'n hele ruk toe om die KD deeglik te toets.
Dalk 'n "torture test" op die waaierstert meerkatte in die Wes Transvaal, waar mens so 200 - 300 skote per dag skiet...

Groete,
Eugene[/align]

Re: aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 8:55 am
by Eugene
Netjies Geno!

Re: aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 9:04 am
by Cobus(Cobb)
Dankie Geno,

Is hy R2000 stiller, beter, sagter in ligter as 'n terminator??...moet ek maar begin spaar??

Cheers

Re: aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 9:09 am
by Geno
Cobus(Cobb) wrote:Dankie Geno,

Is hy R2000 stiller, beter, sagter in ligter as 'n terminator??...moet ek maar begin spaar??

Cheers
Stiller - Ja. Decibel toets sal dit bevestig.
Ligter - Baie!
Beter - Hang van persoon tot persoon af.
Moet jy begin spaar? - Jou keuse. Ek gaan jou nie forseer nie...

Re: aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 9:18 am
by bullseye
More manne
Geno die model wat jy uittoets is dit net die voorste gedeelte of is die ander deel wat oor loop gaan ook by?

Groete
Bullseye.

Re: aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 9:19 am
by Geno
Bullseye,
Dis slegs die Predator. Die Cyclone gedeelte is nie by nie.

Re: aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 9:20 am
by Piet Pille
Baie goeie review Geno. Baie dankie!

Re: aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 9:35 am
by bullseye
Dankie Geno ,dan gaan ek verseker vir my 2 van hulle kry, maar dit lyk safari nie nou in voorraad het nie volgens webpage

Dankie weereens dit is wat ek al lankal soek

groete
Bullseye

Re: aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 9:47 am
by Piet Pille
Geno wrote:Bullseye,
Dis slegs die Predator. Die Cyclone gedeelte is nie by nie.
Sorry as ek 'n blonde oomblik het, maar verduidelik gou wat jy met bog. bedoel. Is dit twee verskille modell- die een 'n gewone een (Predator) en die ander 'n reflex tipe (Cyclone)?

Re: aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 9:54 am
by Geno
Pieter,
Die aimZonic is 'n modulêre sisteem.

Die Cyclone gedeelte skroef by die Predator gedeelte in vir die groter kalibers.
Hy lyk dan so:
https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/44077-11.jpg

https://dl.dropboxusercontent.com/u/49750262/Miscellaneous/1_44077-11.jpg

Meer info hier: http://www.safariandoutdoor.co.za/category/silencer/

Re: aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 11:33 am
by Wouter Roets
Geno

Baie mooi uiteengesitte verslag oor n duidelike puik produk.

Groetnis
Wout

Re: aimZonic KD review

Posted: Tue Oct 29, 2013 10:25 pm
by immelmanw
Hi Geno,
Baie dankie vir die terugvoering, dit is feitlik en eerlik!

Vir die manne wat wil weet wat die cyclone gedeelte is, dit is soos n muzzlebreak binne die silencer, was nie odig om dit vir die 204 Ruger op te sit nie.

Geno, hou aan met toets! Soos hulle op die voertuie doen, ons wag nou vir die 50 000km verslag of moet ek se, 50 000 skoot verslag......

Groete

Re: aimZonic KD review

Posted: Wed Oct 30, 2013 4:19 pm
by CarelG
Wanneer het Safari weer voorraad Willem?

Re: aimZonic KD review

Posted: Thu Oct 31, 2013 3:49 pm
by immelmanw
CarelG wrote:Wanneer het Safari weer voorraad Willem?
So gou soos AimZonic vir ons kan gee, ek het gister n "groot" betaling goedgekeur so ek aanvaar daar is n spulletjie oppad.

Groete

Re: aimZonic KD review

Posted: Thu Oct 31, 2013 5:53 pm
by CarelG
Dis goeie nuus , ek dink my naam staan op een ...

Re: aimZonic KD review

Posted: Wed Dec 11, 2013 10:21 pm
by SAHunter
Ek was een van die gelukkiges wat verlede week my AimZonic Cyclone vir my Sako 2506Rem by Safari & Outdoor in Stellenbosch kon gaan optel. Ek glo die wag was die moeite werd en ek sal laat weet hoe hy skiet.

Hier's twee foto's nadat die KD gemonteer is:
Sako 2506Rem.jpg
Sako 2506Rem met silencer.jpg