Page 1 of 1
Opvolg van die 243 sage - Hulp van die QL manne asb......
Posted: Mon Oct 28, 2013 10:38 am
by hennievs
Hi julle hier is bietjie beter resultate - het die Hornandy 87gr Vmax gelaai en die volgende resultate gekry - QL asb vir my die data
Gee raad asb hoe moet ek verder te werk gaan.
Lot no: Rifle Tpl
Kruit S365 71 68.43
Punte Hornandy 87gr Vmax
Doppe PMP H2O capacity = 53.3 gr
Slagdoppies Winchester Large rifle Doplengtes = 51.74
TPL = 67.6 mm
Lading 1 2 3 Ave Groep
36.7 gr 2832 2760 2796 7 mm Check Round - same as Hornandy 100gr Load
38 gr 2917 2945 2910 2924 18 mm
38.5 gr 2953 2982 3004 2980 13 mm
39 gr 3100 3092 3096 3096 10 mm
39.5 gr 3121 3118 3118 3119 12 mm
40 gr 3222 3113 3144 3160 22 mm
40.5 gr 3170 3198 3170 3179 7 mm
Note : The sonchem Reloading book only have a 85gr and a 90gr weight in it.
Start for the 85 gr is 38 gr with a max of 42 gr
Start for the 90 gr is 37.5 gr with a max of 40.5 gr
I therefore decided on the start of 38 gr and the max of 40.5 gr
Re: Opvolg van die 243 sage - Hulp van die QL manne asb.....
Posted: Tue Oct 29, 2013 11:07 am
by Johan Reyneke
Haai Hennie
Daai 40.5 van jou le op 'n node, maar jou druk is in die rooi, vlg ql is jy 1800psi oor druk - Enige tekens van druk ervaar?
Ek sukkel met die kalibrering op die laer node.
As ek 40.5 & 39gr gebruik vir kalibrasie dan is jou laer node(lees veilige druk) op ongeveer 2990fps, as ek na jou ladings lyk behoort dit tussen 38.5 en 39 te wees, maar ql se 37.3gr
As ek jou 38gr gebruik vir kalibrasie dan is jou node 3020 met 39.4 wat nie sin maak as jy na ladings gekyk word nie.
As ek mag aanraai Laai 38.7 en kyk of jy in die 3000fps is. Die jump van spoed van 38.5 na 39 maak my dom. As ek moet raai moet dit iets met die dopvulling te doen he.
As tripod of iemand anders dalk ook net wil loer sal ek bly wees want kan net help. Weer een van daai anomolies van herlaai.
Was al die skote in min of meer dieselfde omstandighede geskiet.
Ek sien ook jy het van primers verander van cci250LRM na winchester LR, is daar rede voor gewees.
Re: Opvolg van die 243 sage - Hulp van die QL manne asb.....
Posted: Tue Oct 29, 2013 3:02 pm
by Frikkie Coetzee
Man
Ek skiet basies dieselfde lading maar heelwat hoer as jou 40,5gr. Dalk omdat dit nie Lot 71 is nie.
Ek was nogal verbaas om te sien hy gee druk. Ek isen nie jou loop lengte nie, maar ek hou van daai lading op 40,5 gr en sal hom skiet as jou dop geen druk tekens toon nie.
Jou geweer wys jou hy hou van die koel
Re: Opvolg van die 243 sage - Hulp van die QL manne asb.....
Posted: Tue Oct 29, 2013 4:01 pm
by hennievs
Baie dankie vir die terugvoer - My looplengte is 24 duim met 'n 1 in 10 twist.
Ek is baie versigtig wanneer ek skiet en inspekteer elke doppie in detail na ek 'n skoot afgevuur het. Ek let ook op na hoe maklik die slot ontsluit na die afvuur van 'n skoot.
Nerens kon ek enige tekens van druk bespeur nie.
Het vandag S&O geskakel om vir my ook QL te bekom - Niks vooraad nie - weet ook nie wanneer hulle gaan inkry nie.
Die skote was in dieselfde omstandighede geskiet - kan dit dalk te doen he met die aantal rontes wat ek skiet ??.
eerste 2 geskiet, toe 38gr x3, toe 38,5gr x 3 toe eers n rusperiode vir afkoel van my loop - toe 39gr x3, toe 39,5gr x 3, toe weer n rusperiode toe die laaste 2 ladings van 40gr en 40.5gr x3.
Ek sien wat jy se van die spring in spoed.
Ek het uit noodweer van primers verander - kon glad nie cci 250 of cci 200 in die hande kry nie - wou nie magnum en ander primers meng nie - derhalwe die winchester LR primers.