Page 1 of 1
KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 11:15 am
by Frikkiedbr
Benodighede:
- Mengbak
- Snybord/plank
- Paar skerp messe
- Skoon water
- Tregter (voorkant van worsstopper, so 20mm dik)
- Houtlepel
Bestanddele:
- 1x Rooibok lewer
- 1x Rooibok vetderm (dikderm)
- 1x bol netvat van Rooibok (so tennisbal grootte)
- 1x moerse ui
- 1x hele vars knoffelhuis/bol
- Marina braaisout
- Speserye volgens eie smaak. Herb Spice werk goed
- Gewone sout
- Swart peper
Gaan SO te werk:
1) Sny die hele vetderm uit die bok. Druk die mis uit en was die derm goed uit.
2) Dop nou die derm om (binnekant buite) en was weer goed met skoon lopende water.
3) Sny die lewer in growwe blokkies (so 5mm x 5mm) en plaas 50% in mengbak.
4) Sny die ui so fyn as wat jy met n gewone mes kan. Moenie fyn kap nie. Plaas 50% in mengbak.
5) Sny die hele knoffel huisie in skyfies. Plaas 50% in mengbak.
6) Sny die netvet in klein blokkies, plaas 50% in mengbak.
7) Gooi die Braaisout, peper, gewone sout, Herbs&Spice bo-oor die 3x lae.
Plaas die oorblywende helftes van die lewer, netvet, uiwe en knoffel ook in lae in die mengbak en gooi weer sou en speserye. Moenie skaam wees nie, moer die braaisout.
9) Meng baie goed deur.
10) Knoop die onderpunt van die lee derm met n stukkie tou.
11) Stop die derm met die mengsel. Daar sal baie wind bubbles vorm, druk hulle gereeld uit na bo. MOET NIE die vetderm n gaatjie in steek nie!!!
12) Stop hom so dik soos n Marina Braaisout bottel (sien foto). Bind die bokant toe met n stukkie tou.
13) Gebruik orige netvet, sny in blokkies en maak skilpadjies. Steek sommer vas met tandestokkies.
14) Plaas die Koperkapel en skilpadjie in die vrieskas in n bak met n deksel.
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 11:30 am
by Stefan764
Wa kry jy die?
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 11:32 am
by Frikkiedbr
MM mm hoekom?
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 12:07 pm
by FCLoretz
waar is die fotos frikkie? Sonder fotos glo ek jou nie....

Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 12:08 pm
by Frikkiedbr
Frederick, as daar 'n foto by was sou ek dit ook gelaai het, belowwe

Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 12:18 pm
by Frikkiedbr
Stefan, sien nou hoekom jy my vra waar kry ek die
Jy het dit ook geplaas Posted: Tue Mar 22, 2011 8:28 am.
http://jaracal.com/viewtopic.php?f=121&t=3578
Ek het dit op 'n website gekry
http://kampkosenwenke.weebly.com/lewerresepte.html
http://i1044.photobucket.com/albums/b442/stefan764/IMG01402-20110319-1109.jpg
http://i1044.photobucket.com/albums/b442/stefan764/IMG01403-20110319-1127.jpg
http://i1044.photobucket.com/albums/b442/stefan764/IMG01426-20110319-1924.jpg
http://i1044.photobucket.com/albums/b442/stefan764/IMG01428-20110319-1929.jpg
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 2:15 pm
by Stefan764
Hehehehe, op hin kook website?? Nogals!
Ja nee, man se borshare moet nogals soos Geno sin lyk as jy daai man aanvat. Daai poepderm het nog die more gewerk en die aand toe loop hy soos n jet op die kole!
Freek kom in Freek??
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 2:18 pm
by Frikkiedbr
Ja nee dit moet 'n wenner wees om op iemand se website te wees!!
Daar sy manne en dames
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 2:43 pm
by FCLoretz
Nee hel frikkie, nou is ek van voor af honger
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 2:47 pm
by Frikkiedbr
FCLoretz wrote:Nee hel frikkie, nou is ek van voor af honger
ja nee dit kan jy weer sĂȘ, sal maar by Robbie gaan wildsvleis koop om die een uit te probeer

Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 2:54 pm
by Geno
Stefaansie,
Dat jou reseppie sommer gepubliseer word, netjies maat!
Nou noem ons jou sommer Stef Ramsay!
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Oct 22, 2013 2:57 pm
by Frikkiedbr
Geno wrote:Stefaansie,
Dat jou reseppie sommer gepubliseer word, netjies maat!
Nou noem ons jou sommer Stef Ramsay!
http://emoticoner.com/files/emoticons/smiley_faces/cheff-smiley-face.gif?1302011331
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Thu Oct 24, 2013 5:46 pm
by Marc
Aaitsa Stef, onse eie tjef Ramsie

ek gaan die een bere !
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Feb 11, 2014 2:59 pm
by tau
Manne ek is self 'n Pofadder man en in die jagveld maak ek elkeaand een as ons die regte bok kry vir 'n donateaur derm.
Net so ietsie wat dalk help met die punte se toemaak. Hulle sukkel mos maar altyd. So het ek die plan gekry om my Safetywire pliers te gebruik. Dit is waarmee hulle vliegtuie en resiesebikes/karre se sump proppe en boute etc vasmaak indie dit loskom dat dit nie kan wegval. Hy werk soos 'n bom
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Feb 11, 2014 4:15 pm
by Stefan764
John, ons gebruik die laaste ruk cable ties, werk net so lekker
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Feb 11, 2014 4:53 pm
by tau
Stefan764 wrote:John, ons gebruik die laaste ruk cable ties, werk net so lekker
Brand hy nie in sy hel nie?
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Tue Feb 11, 2014 5:09 pm
by Stefan764
Nope
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Wed Feb 12, 2014 7:38 am
by Freek
Freek kom in Freek??
Ja Stefaans... daai was 'n bul van 'n "koper kappel". Hy loop mooi saam stywe pap (in 'n drie poot yster pot gemaak op 'n rooibos-hout vuurtjie).
Dink nie daai rooibok ram het ooit kon dink daai oggend toe hy aan die gras halmpies peusel sy ners derm en lewer sou op die braai rooster eindig nie. Veral nie as Stefaans, dou voor dag, in die bos rond sluip met sy 764 nie...
Soos julle kan sien verkoop S&O nie net roere, kykers en koele nie... o nee die manne is net so kreatief agter die vleistafel en braaivleis vuur. Hulle salueer ook die jagplaas en bemanning as hul 04:30 die oggend wakker gemaak word met 'n beker warm koffie en boer beskuit om die lyf reg te kry vir koedoe jag. Dit is nou na 'n uur en 'n 1/2 se slaap tyd nadat daar omtrend deurnag 'n intense strategiese beplanings sessie gehou is vir die ou uitgeslape 50" + grys gees.
Die oggend se stap het maar swaar en sleep voetig begin, uiteindelik toe die son sy kop wil, wil agter
die koppe uitsteek het die jag koors oordintlik in geskop soos die manne "wind toets" (moes die vars uie in die koper kappel wees) en spoor vat.
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Wed Feb 12, 2014 10:53 am
by Stefan764
Jis ou Freek nou laat jy my darem kwaaikwai terugverlang ou maat..........
Re: KOPERKAPEL (Geelslang) van Rooibok
Posted: Wed Feb 12, 2014 12:02 pm
by Freek
Stefaans, ek gaan daai jag trip nog lank koester... ook eendag daar op die huis-vir-bejaardes se stoep.
Moenie komkommer nie, werk al klaar weer die kant aan 'n projek. Ons jag eersdaags weer saam... kan nie wag vir die volgende gebraaide kapel nie.